Page 1 of 1

Waar is n goeie maar bekostigbare texidermist.?

Posted: Sat Jun 21, 2014 9:32 pm
by DeonAllers
Goeie dag mense

Ek is opsoek na n goeie maar werklik n bekostigbare plek wat my velle kan sag maak, julle vestaan wat ek bedoel. Wat ook my gemsbok skedel mooi kan "uitdroog". Kan julle my asb n plek se no gee

Blessings

Deon

Re: Waar is n goeie maar bekostigbare texidermist.?

Posted: Sat Jun 21, 2014 10:33 pm
by LongWolf
Cassie

Nul agt twee 952 631 vyf.

Re: Waar is n goeie maar bekostigbare texidermist.?

Posted: Sun Jun 22, 2014 12:47 am
by Charles.308
Het jy al enige pryse gekry, by mense

Re: Waar is n goeie maar bekostigbare texidermist.?

Posted: Sun Jun 22, 2014 6:48 am
by Jacquesb
012 811 0359
Trophy Service Taksidermie.
op Lynwoodweg oos buite PTA.

Re: Waar is n goeie maar bekostigbare texidermist.?

Posted: Sun Jun 22, 2014 7:34 am
by Frederik
Jacquesb wrote:012 811 0359
Trophy Service Taksidermie.
op Lynwoodweg oos buite PTA.
As jy beter sagter velle kan kry as wat Erika doen by Trophy ervice se my ek het nog nie so plek tee-gekom nie.
Baie belangrik enige taksidermist kan vir jou plan maak met 'n vel maar as jy nie die vel reg gesout en hanteer het in die veld nie gaan jy skade lei en gemsbokke is een van daar die velle wat reg in die veld hanteer moet word.

Re: Waar is n goeie maar bekostigbare texidermist.?

Posted: Sun Jun 22, 2014 11:06 am
by Nickvn
Kyk heel bo aan die blad adverteer African skins en Horns. Het nog net goeie diens by Pieter gekry. Kan hom aanbeveel.

Re: Waar is n goeie maar bekostigbare texidermist.?

Posted: Sun Jun 22, 2014 3:43 pm
by Hugo
Frederik wrote:
Jacquesb wrote:012 811 0359
Trophy Service Taksidermie.
op Lynwoodweg oos buite PTA.
As jy beter sagter velle kan kry as wat Erika doen by Trophy ervice se my ek het nog nie so plek tee-gekom nie.
Baie belangrik enige taksidermist kan vir jou plan maak met 'n vel maar as jy nie die vel reg gesout en hanteer het in die veld nie gaan jy skade lei en gemsbokke is een van daar die velle wat reg in die veld hanteer moet word.

Frederik, try Gamka taksidermie in Paul Kruger straat vir sagte velle, hulle doen alles self en ek gebruik hul al 5 jaar, hul velle werkery is tops.

Re: Waar is n goeie maar bekostigbare texidermist.?

Posted: Tue Jul 29, 2014 10:54 am
by Rappie
Oasis Tannery anderkant Tarlton 0114162270. Bietjie uit die koers maar goeie pryse. Dink hulle het n website. Heelparty taksidermisse doen dit nie self nie maar stuur hulle velle soontoe om gelooi te word.

Re: Waar is n goeie maar bekostigbare texidermist.?

Posted: Tue Jul 29, 2014 5:05 pm
by win270
Oasis Tanning is deesdae anderkant Krugersdorp, behalwe as hul dalk meer as een plek het. Hul pryse lyk goed en wagtyd glad nie so lank soos andere in die omgewing nie.

Re: Waar is n goeie maar bekostigbare texidermist.?

Posted: Wed Jul 30, 2014 11:08 am
by Giepie
Ek het nou 2 velle by Oasis ingegee, met een moet hulle vir my vrou 'n handsak maak, ander een "flat skin" vir my seun, hy wil 'n geweersak maak. Pryse lyk nie sleg nie.

Was ook by Old Buck net van Zambesiweg in Pta, baie tevrede met hulle. Ek het 'n swb vel en skedel by hulle laat doen, so 4 maande gewag. Dit lyk baie goed, ek is baie tevrede met hulle.