Page 1 of 5

Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 7:57 am
by Wouter Roets
More Jaracallers

In die nuwe uitgawe van die SA Jagters tydskrif het ek die artikel oor nuwe voorgestelde wetgeing wat spesifiek gaan oor wildsvleisverwering op plase. Ek het nie n enorme probleem met die voorgestelde wetgewing nie en moet eerlik wees ek het dit net vlugtug deurgelees. Iets wat ek wel by vasgehaak het is beperkinge op wat geskiet mag word in n 14 dae prejode deur n jagter. Die voorstel is een(1) katogorie A bok wat dan nou n groot bok sal wees soos n eland, koedoe, blouwildebees ens en vier(4) kategorie B bokke wat dan nou ons kleiner spesies soos rooibok, blesbok ens. sal wees. Die rede hiervoor glo ek is om mense te bekamp om handel te dryf in wildsvleis en dat jagters net vir eie gebruik moet skiet.

Daar word wel genoem dat jy wel in die provinsie waarin jy wil jag aansoek kan doen om meer te skiet. Nou wat dink julle hieroor? Ek weet vir baie gaan dit nie pla nie want julle kom nie by hierdie kwota's uit vir watter rede ookal nie, maar ek persoonlik het n wesentlike probleem hiermee. Wat van as jy bv twee blou wildebeeste wil skiet op n trip, of tien for that matter? n Mens weet mos nie hoe die omstandighede is op baie plase nie aangesien dit nie n Pick and Pay is nie. Hoe moet ek weet voor die tyd wat ek gaan in vas loop? Ek kon nog nooit n lekker geleentheid laat verby gaan nie. Wat gebeur as ek in daai trofee van n leeftyd in vasloop en my kwota is al vol op die kategorie dier? Per implikasie maak ek myself dan skuldig aan n kriminele misdryf indien ek hom skiet.

Ek haat dit as iemand my voorskryf wat om te doen en ek dink baie van julle voel ook so. Ek verstaan ook heeltemal dat daar redes kan wees vir sekere wetgewing en regulasies maar kom ons wees eerlik. Wat se probleem tot op hede heers daar in die sektor oor wildsvleishandel? Die bok wat ek dalk vir n pel skiet op n trip is seker besig op epidemiese finasieele oorsake te he in ons land? Die regering val seker in mekaar oordat hulle nie hierdie handelinge kan belas nie. Mense vrek mos deesdae lings en regs van maagsap besoedelde vleis wat hulle inneem? Kom aan, waarmee is ons besig en waar gaan dit stop? Hier gaan al klaar weer n klomp kostes aangegaan moet word om slaggeriewe op te gradeer en dit gaan maar net verhaal word van die jagter. Soos dinge nou staan kla die manne al klaar oor die kostes soos dit nou is. Ek se geensins dat dit n slegte ding is om slagstandaarde te lig en in n mate te reguleer nie maar gaan dit praktiese wees om slaghuisstandaarde op plase te skep? Gaan daar nie boere wees wat se de hel hiermee nie en dan is daai plaas toe vir jag in die toekoms. Hoeveel plase gaan nie so verlore gaan nie?

Wat gebeur met jou vleis bv op n oop plaas wat nie vrystelling het nie. Is daai jagte nou ook verlore aangesien jy dan nie daai vleis sal kan vervoer of by jou lokale slaghuis sal mag ingee nie? Wat ek weet hoe meer ek oor die ding dink is dat daar nog so bietjie oor hierdie wetgewing gedink moet word. Ek weet nie wie al deel was van die proses nie maar as ek so vining lees lyk dit nie na baie nie. Ek wil nou ook nie n ding ontketen nie maar as daar insette al klaar was deur jagorganisasies hoop ek nie nou weer daar word net vir die bree skietpubliek se behoeftes omgesien nie. Iets in die lyn van die gemiddelde man skiet mos nie meer as die kwota nie so hier is ons stempel. Amper iets soos die heilige 300m streep afvere.

Ek het nou baie gebabbel so dit is bietjie julle beurt so gooi maar.

Groetnis
Wouter

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:10 am
by James Wilson
Wouter, ek kan sommer jou frustrasie voel in jou woorde, en ek deel daarin. Ek wonder altyd hoe sal sulke wette gepolisieer word?

Ek het oor baie dinge n opinie, maar oor sekere goed kan jy maar net jou kop skud.

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:11 am
by Frederik
Wouter + 1

Beperk jagters en jag gaan stadig verdwyn jy as wildboer sit nou met 'n probleem jy het 'n kwota om 100 groot bokke af te haal per jaar dit beteken jy sal 100 jagters moet inkry vir dit, daar is net 52 naweke en weke in 'n jaar. Behalwe vir dit dink die klomp nie verder as hulle neuse nie wat van al die internasionale jagters ??

Mag nie oor 300m skiet en nou net een groot bok ? Wat is volgende is dat die regering die wild gaan terugvat!

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:12 am
by tripodmvr
Dit help nie om wette te maak en dit is nie afdwingbaar nie. Hierdie gaan slegs 'n sonde en ergernis wees as dit nie reg implementeer word nie. Dit is soos die vervoer van vlakvark. Nooit het ek van varkpes onder mak varke gehoor in al die jare wat daar karkasse "onwettig" uit die noorde na die suide vervoer is nie. Selfs nou nog is die permitte burokratiese rompslomp wat onnodige geld kos.

Daar is geen beperkings op die hoeveelheid beeste wat ek kan koop nie. Wildhandel is van so aard dat dit oor vraag en aanbod gaan. Die wildboer gaan nie al sy bok laat doodskiet want dan het hy nie aanteel vir die komende jaar nie. Gewone sindelike voorsorg het nog altyd nie besmette vleis beteken en die bewusmaking oor dieresiektes is nie 'n slegte ding nie. Hou dit binne perke - ek as jagter gaan kla as die slagplek onsindelik is.

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:13 am
by Carl
Wouter en lede
Ons het 'n ruk terug hier oor gesels, ek dink dit was Robbie wat die saak aangeraak het. Ek het op daardie staduim die Wet soos voorgestel gaan deurlees en 'n epos na Chris Niehaus gestuur. SAJWV is my drukgroep ek betaal lede geld en glo hulle moet die saak namens my met die nodige kundiges aanvat.

Persoonlik glo ek die is net nog 'n wet wat die wetsgehoorsame burger gaan beperk, kostes gaan opstoot en die polisiering daarvan gaan hopeloos te kort val. Seker weer uitgedink na 'n besoekie in Europa of deur een of ander Groen of ver linkse drukgroep in 'n minister se oor gefluister $$$.

(het nog nie die artikel gelees nie)

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:18 am
by Hein22
Mooi gesê Wouter. Hierdie gaan weer een van daai dinge word wat baie moeilik reguleerbaar gaan wees. Ek weet nie hoekom wil hulle aan 'n ding wat werk peuter nie, dit veroorsaak net 'n F*&op.

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:33 am
by Alwyn
Mag die wetgewing nooit die lug sien nie!!!

Ek weet daar is soort gelyke beperking in Namibia as jy daar gan jag... Maar dis heel wat meer as wat hier voorgestel word.

Hier kom nou n engels gesegte in my kop op wat ons baie as jong manne gebruik het:-
"rules are meant to be broken...."

En dan weer.... As my bokke boude en blaaie gesny is.... gan n wets toepaser alles kan tel en die puzzle bou van hoeveel van wat in die sleepwa of agter op die bakkie is?

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:41 am
by grumpy
Ek dink dis n slim plan om die boere se plase te vat! Het seker nog geld nodig vir zuma se vakansie oord.

Gaan ons jagvereenigings iets doen deur op te staan vir ons?

As hulle dit nie reg kry om ons wapens weg te vat nie dan sal hulle ons op n ander manier beperk. Wie het die wet in gebring en wie was betrokke en wanneer is dit goedgekeur sonder dat almal daarvan weet?

Die wetters neuk my hele naweek nou op!

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:44 am
by jamalley
Waar kan ek die voorgestelde wet kry? Ek sal graag wil lees en daarna kyk.

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:49 am
by Smitstertjies
Wouter, my persoonlike opinie is dat hierdie wet nie in n grondwet hof gaan staande bly nie. As ek by jou gaan jag is dit n transaksie tussen 2 private partye. Die staat kan nie getalle afdwing nie. Dit is egter n ander scenario as jy op staatsbeheerde grond jag. Daar kan dan moontlike kwota ingestel word.

Wat slag geriewe aan betref. Ek het n voorstel waar slaggeriewe gegradeer kan word, maar nie wetlik afdwingbaar is nie.

Bv n organisasie, soos SA Jagters,nie die staat nie, kan n sekere graderingsstelsel in plek sit waar hulle slaggeriewe op plase evalueer en dan gradeer, amper soos sterre by hotelle, of blou vlag strande.

Deel van die plaas se bemarking kan dan wees om te spog oor die hoeveelheid sterre wat sy slaggeriewe het, maar geen wet moet hom dwing om n sekere hoeveelheid sterre te he nie.

Ek moet se as ek op n plaas kom en die slagpale is netjies , gee dit my net soveel meer vertroue in daai plaas.

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:56 am
by Carl
jamalley wrote:Waar kan ek die voorgestelde wet kry? Ek sal graag wil lees en daarna kyk.
http://www.nda.agric.za/vetweb/Legislat ... Act_40.htm

Ek sien onse eie Robbie het die artikel geskryf ;D

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:58 am
by Wouter Roets
Manne

Hierdie voorstelle is onlangs ingedien op die Wet op veiligheid van vleis (Wet 40 van 2000) wat dit kan wysig. Blykbaar in terme van Seksie 12 van die wet is n "wildskema" voorgestel en vir publieke insette in die staatkoerant gepubliseer. So ek hoop regtig van harte ons jagorganisasies neem hierdie op en opper ons kommer daaroor uit. Ek voel baie ernstig dat daar geen toegewings onder die getalle wat n persoon mag skiet hoegenaamd gemaak word nie.

Groetnis
Wouter

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 8:59 am
by Eugene
Smitstertjies wrote:Wouter, my persoonlike opinie is dat hierdie wet nie in n grondwet hof gaan staande bly nie. As ek by jou gaan jag is dit n transaksie tussen 2 private partye. Die staat kan nie getalle afdwing nie. Dit is egter n ander scenario as jy op staatsbeheerde grond jag. Daar kan dan moontlike kwota ingestel word.

Wat slag geriewe aan betref. Ek het n voorstel waar slaggeriewe gegradeer kan word, maar nie wetlik afdwingbaar is nie.

Bv n organisasie, soos SA Jagters,nie die staat nie, kan n sekere graderingsstelsel in plek sit waar hulle slaggeriewe op plase evalueer en dan gradeer, amper soos sterre by hotelle, of blou vlag strande.

Deel van die plaas se bemarking kan dan wees om te spog oor die hoeveelheid sterre wat sy slaggeriewe het, maar geen wet moet hom dwing om n sekere hoeveelheid sterre te he nie.

Ek moet se as ek op n plaas kom en die slagpale is netjies , gee dit my net soveel meer vertroue in daai plaas.
Ek hoor wat jy sê en stem saam, maar wie gaan hierdie wet in die Konstutionele Hof beveg en wie gaan die koste betaal?

Ek het probeer navors, maar kon nog nie sien dat enige Jagorganisasie enige reaksie op hierdie voorstelle gegee het nie...

Gaan hierdie maar weer 'n geval wees van die padda in die pot water op die stoof?

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 9:07 am
by Biltong
Wouter, goeie skrywe. Ek stem saam.
Ek het egter nog nie die wet of artikel gelees nie.
In my opinie is daar geen wetgewing nodig oor wildsvleisverwerking of om die getalle van wild wat gejag word te beperk nie. Ek sorg mos dat my vleis goed hanteer word. Hoe gaan hulle dit in elk geval toepas? In al die jare wat ek varkpermitte saamry en ander wild vervoer is ek nog nie eers eenmaal gestop en deursoek en na die vleis en vervoerpermit van die plaas gekyk nie. Ek stem ook saam dat dit sekere marginale jagplase net uit die mark gaan druk -tot ons almal se verlies.
Die vereiste om aansoek te doen om ekstra bokke te skiet is net weer 'n manier om meer geld uit die publiek te kry, en waar gaan dit heen.........

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 9:08 am
by Smitstertjies
Eugene, ek dink hier is dit nou tyd dat ons as lede van die jagverenigings druk op die verenigings sit om te veg vir ons. Ek verstaan hierdie is net konsep regulasies.

Jy verstaan mos die wette en prosedures. Is daar nog n kans tydens die konsep tydperk dat insette gelewer kan word voordat mens in hofgedinge, wat baie geld gaan kos, betrokke raak?

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 9:16 am
by Eugene
28 No. 35706 GOVERNMENT GAZETTE, 28 SEPTEMBER 2012


GENERAL NOTICES
ALGEMENE KENNISGEWINGS




NOTICE 769 OF 2012

DEPARTMENT OF AGRICULTURE, FORESTRY AND FISHERIES

MEAT SAFETY ACT, 2000 (ACT NO. 40 OF 2000)



PUBLICATION OF THE PROPOSED GAME MEAT SCHEME FOR LIMITED THROUGHPUT
GAME SLAUGHTER FACILITIES AND HARVESTING PROCESSES FOR PUBLIC COMMENTS.



The Minister of Agriculture, Forestry and Fisheries invites public comments on the proposed Game
Meat Scheme in terms of section 12 of the Meat Safety Act, 2000 (Act No. 40 of 2000), for
implementing the provisions of the Meat Safety Act in the Game industry and in particular limited

throughput game slaughter facilities and harvesting processes, over a period of five years, in order to
facilitate the safety of game meat in the Republic, to the extent set out in the Schedule that may be
obtained from the Departmental Website -


The direct link on the DAFF website is:

http://www.daffsiov.zaivetweb/Legislati ... 20safety/R Meat Safety Act 40.htm


Otherwise:
http://www.daff.gov.za > Divisions > Food and Veterinary Services > VPH > Legislation > Meat Safety Act,
2000 (Act No.40 of 2000)



Comments must be submitted within six weeks from the date of publication of this notice.
Comments must be sent to:



The Director: Veterinary Public Health - Game Meat Scheme
Department of Agriculture, Forestry and. Fisheries
Private Bag X138

Pretoria 0001
or

E-mail: TembileS@daff.gov.za
FortunateD@daff.gov.za
JohanDP@daff.gov.za




Tel: 012 319 7688/ 7628/ 7572
Fax: 012 329 6892; 012 319 7699

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 9:20 am
by Carl
Ek het terugvoer vanaf Chris gekry. Die epos teks wil nie in die forum post, gee my elke keer 'n sql error.
Ek heg die epos aan.

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 9:27 am
by kopskoot
Dit klink net so rasioneel, soos om Kerk straat se naam te verander, om dit vir die bree gemeenskap meer aanvaarbaar te maak. Nou weet die bree gemeenskap,waarvan 'n klomp al heelwat geleerd is, nie wie Stanza Bopape was nie. (want hulle gee nie 'n f@# om nie) hulle wil net vinniger by die huis kom en minder daarvoor betaal!

Ek kan sien, hier is nou nogiets aan die kom, waaraan ek myself gaan skuldig maak. Net soos ................................................... sal eerder nie se waarmee ek alreeds oortree nie.

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 9:31 am
by Dawie Malan
Oom Wouter

Ek sien Wildbedryf Suid Afrika sit agter die wetgewing. Dit spreek al klaar boekdele...

Hierdie wetgewing is net nog 'n poging van die regering om hulle vetterige vingertjies in die groeiende wildbedryf te kry. Dit gaan oor geld. Want die grondeienaar gaan gedwing word om eerstens as 'n slaghuis te registreer omdat hy meer slag as die voorgestelde een groot bok en 4 kleinbokke. En tweedens gaan hy sy slaggeriewe op 'n standaard moet kry wat deur 'n vleisinspekteur nagegaan moet word. Daarna gaan hulle aan hom sertifiseer, teen 'n fooi natuurlik, wat waarskeinlik tesame met sy klient se toestemming en permitte die vleis moet vergesel as dit vervoer word.

Klomp welgestelde wildboere druk hierdie wetgewing, want die klein ou wat nog in sy stoor slag en nie die geld het vir die verskriklike opgradering van geriewe nie, en niemand siek maak nie, gaan die hardste geslaan word.

SA Jagtersvereniging gaan nie die wetgewing in die hof baklei nie, want dit affekteer nie die jagter soveel as die kleiner wildboer nie. Die gevolg is dat die klein wildboer kan dus nie so baie laat skiet nie en jagters moet dus die groot magnate ondersteun.

My 2 sent.

Groete

Dawie

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 9:37 am
by kopskoot
Dawie Malan wrote:Oom Wouter

. Die gevolg is dat die klein wildboer kan dus nie so baie laat skiet nie en jagters moet dus die groot magnate ondersteun.

My 2 sent.

Groete

Dawie

So' kan ek solank by jou bespreek?

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 9:43 am
by Beretta
Ek kan jou wed daar sit weer n organisasie met n mnr die voorsitter op die kommitee wat die stront sit en uitdink of n clown met n rooi overall wat probeer gatkruip by iemand. Ek gaan niks verder se nie want ek sal geban word
Beretta

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 9:49 am
by Biltong
Hi Dawie, ek stem saam met jou siening. Daar is geen rede hoekom die jagbedryf as sulks beheer behoort te word nie. Dis tans nog 'n redelike informele sektor -los dit so!! Wildoes vir uitvoer en groothandel is dalk iets anders.

Ek neem SAJagters hier ook kwalik dat hulle dit ondersteun en wil deel wees van die beheer. Dit net soos die kwessie met die kaliberbeperking vir elke bokgrootte wat 'n paar jaar terug in konsepwetgewing opgeneem is. Onprakties en onuitvoerbaar en gaan in elk geval nie nagekom word nie. Jagorganisasies moet nie wetgewing ondersteun en selfs wil deel wees van die administrasie/toepassing daarvan wat jag net 'n groot beslommernis vir hulle lede gaan maak nie.
IMNO.

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 9:55 am
by Capt. Yoda
EK het dit dalk gemis maar wie gaan nou eintlik kyk hoeveel bokke ek skiet waar ek hulle skiet? Die selfde ouens wat kyk of ek etolli betaal of die ouens wat kyk dat ek nie oor 300m na n bok met my .243 skiet nie?

As ek so vinnig lees is dit maar soos die manne se en die is maar net nog n manier vir gawamint om bq by julle wildsboere te vat want hulle sien dan self hoeveel geld hul comrades in die bedryf maak.
Pot 11.1.11 die en soos Wouter se ek hou nie baie daarvan as iemand my wil voorse hoe ek wat moet doen nie.

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 10:05 am
by kopskoot
Manne

Ek het nou moeite gedoen, en die voorgestelde wetgewing gaan lees.

Jammer om dit te se, maar dit maak al meer sin vir my.

Voor julle my begin vloek,lees net eers wat ek se:

As jy op 'n Sondag middag of Maandag oggend, by Uitkyk vleismark is, en sien hoeveel wildsvleis daar afgelaai word,hoe die vleis lyk en op watter maniere dit daar aangebring word, waarvan baie aan die slaghuis verkoop word, dan moet jy jouself afvra: Maak dit sin,dat die regulering en gesondheid vereistes, op beeste en skape, so streng toegepas word, maar die wildsvleis wat op dieselfde rak aan die publiek verkoop word, nie?

Is dit regverdig teenoor die bees/skaap/varkboer? of niks vermoedende verbruiker

As dit vir eie gebruik is, geen problem nie,maar bewerk dit dan self by jou huis, sodat jou brommer eier besmette karkas, waarvan die pensmis nie behoorlik uitgewas is nie, nie naby my karkas kom nie!

Die alternatief is, verplig die boer om behoorlike slag geriewe te he! Indien hy wel aan die vereistes voldoen en hy is deur 'n inspekteur gesertifiseer, verleen dan die mag, aan die permit houer/boer, om die nodige permit uit te reik, wat my(die jagter) instaat stel, om my karkasse aan 'n slaghuis te verkoop.

Indien die boer nie die onkoste wil aangaan,om behoorlike slag geriewe beskikbaar te stel nie, mag sy jagters slegs die voorgestelde getaal /per person jag!


Kom ons wees eerlik. Jy wil tog nie 'n rooibok fillet eet,wat in die sand en stof geslag is, vir drie dae onder 'n boom gehang het (selfs met muttoncloth om), en vir vier ure agter op 'n hi-lux ,(wat met 'n tuinslang afgespuit is) in 'n swart plastiek sak, onder al die ander bagasie, vervoer is nie.

Indien jy wel bereid is, eet hom asseblief self!

Nou mag julle my maar name noem :)

Re: Nuwe voorgestelde wetgewing

Posted: Fri Jun 20, 2014 10:14 am
by Hein22
Kopskoot, ek kan nie dink dat die slaghuis self (kom ons gebruik Robbie as voorbeeld) sulke swak vleis by 'n jagter sal koop nie. Hulle het tog hul eie standaarde en trots waaraan hy sal wil voldoen?