Page 1 of 2

404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Wed Jun 11, 2014 11:40 am
by DWB
Hi Manne,

Aangesien Woodleigh wel 'n 450gr koeel maak het ek en Dries101 bietjie met die idee gespeel om so paar 450gr koeels deur CLAW te laat maak.

CLAW het reeds ingestem om dit te probeer.

Nou wil ek sommer hoor of daar van julle is wat sal belangstel?

Dalk elk 20 of so vir die speel.

Mens behoort hom teen 2100ft/s te kan skiet. Miskien 2150ft/s

Laat weet gerus dan sit ons 'n bestelling bymekaar.

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Wed Jun 11, 2014 12:01 pm
by Alwyn
Deon as die prys reg is sal ek 20 probeur.....

Wie weet dalk hou ek van hulle!!

Hoeveel is die min wat oom Andre sal maak?

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Wed Jun 11, 2014 12:03 pm
by DWB
Klink my nie hy is te veel gepla oor hoeveel nie, maar ek dink dit is darem regverdig om tenminste 'n klompie bymekaar te sit.

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Wed Jun 11, 2014 12:04 pm
by Dries101
Eks in vir 20- duidelik(-,

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Wed Jun 11, 2014 12:05 pm
by Alwyn
DWB wrote:Klink my nie hy is te veel gepla oor hoeveel nie, maar ek dink dit is darem regverdig om tenminste 'n klompie bymekaar te sit.
Klink reg hou ons maar op hoogte....

Waar is daai manne wat die 404 Jeff die vlak vol wil verspry... Kom manne julle gan Koeele ook nodig he.....

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Thu Jul 10, 2014 2:05 pm
by Dries101
Wat se die oom- hy al kans gehad om die goed te maak vir ons?

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Thu Jul 10, 2014 2:30 pm
by Kallie404
Eks ook in !!

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Thu Jul 10, 2014 2:44 pm
by DWB
Hy het my laas gesê hy sal vir ons maak, maar ek besef nou ek het nog nie die bestelling ingesit nie :o

Hoeveel soek julle?

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Thu Jul 10, 2014 3:39 pm
by Dries101
Ek soek 25 seblief Deon, jy weet in elk geval kom hulle na jou toe as ek hulle nie kan voer nie

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Thu Jul 10, 2014 3:45 pm
by DWB
Hehehehe, ek gaan juis gou vanaand daai 450gr Dzombos van 'n paar dummy rounds laai en Maandag vir die gunsmith gee... Hy moet hulle maar maak pas!

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Mon Jul 14, 2014 10:52 am
by Alwyn
25 sal reg wees vir n begin...

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Thu Jul 24, 2014 9:22 pm
by Dries101
Dwb jy al bestel? Kom nou man(-,

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Fri Jul 25, 2014 7:54 am
by DWB
Part van ons werk vir 'n lewe (En is meestal broke)

Sal die omie bel!

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Fri Jul 25, 2014 8:25 am
by Dries101
Lekker- want ek dink dit mag dalk n rukkie vat.

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Fri Jul 25, 2014 11:34 am
by DWB
Right, volgens my is die volgende ouens in:

Dries - 20
Alwyn - 20
Kallie - 20
Gert - 20
Deon - 20

Dis darem 'n 100 in totaal.

Ek gaan so gesamentlike faks met almal se besonderhede stuur dan kan hulle julle kontak en die betalings en pos uitsort

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Wed Aug 06, 2014 12:00 pm
by DWB
Die bestelling is in en nou wag ons maar vir die manne om ons weer te kontak.

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Wed Aug 06, 2014 4:19 pm
by Gert Odendaal
Goeie dag Deon

Groot dankie vir jou hulp, dit word opreg waardeer.

Groete

Gert

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Thu Sep 04, 2014 9:43 am
by DWB
Ek het die omie by Claw gebel, hy het al 'n paar toets koeels gebou, maar is nog besig om die finale produk voor te berei.

Hy vra dat ons so bietjie vasbyt, maar hy belowe ons sal dit kry.

Ek wag nog vir 80 x 400gr ook van hom af.

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Thu Sep 04, 2014 9:52 am
by Alwyn
DWB wrote:Ek het die omie by Claw gebel, hy het al 'n paar toets koeels gebou, maar is nog besig om die finale produk voor te berei.

Hy vra dat ons so bietjie vasbyt, maar hy belowe ons sal dit kry.

Ek wag nog vir 80 x 400gr ook van hom af.
Deon

Geen probleem nie!

Mmmm kan jy daai order vir die 400gr op stoot met 20.... Sal hulle ook graag probeur...

Groete

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Thu Sep 04, 2014 9:59 am
by DWB
Ons kan so maak!

Groete

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Fri Sep 19, 2014 12:10 pm
by DWB
Hi manne,

Oom Andre van Claw Bullets het my nou gebel, my 400gr is oppad en dan stuur hy vir my 6 voorbeelde vir die 450gr.

Intussen gaan ek vir hom die 450gr Woodleigh deurstuur sodat hy hom as maatstaf kan gebruik.

Ek weet nie hoe lank dit met die pos sisteem gaan vat nie, maar ek hou julle op hoogte.

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Sun Sep 21, 2014 9:52 am
by Alwyn
Dankie Mnr!

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Sun Sep 21, 2014 10:15 am
by Dries101
Sien uit na die oukies al is dit net vir speel. Mens begin hier na 458 win recoil se kant toe staan met n 450 gr teen 2150

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Sun Sep 21, 2014 12:34 pm
by tripodmvr
Hiermee 'n baie teoretiese berekening deur die 400gr Weldcore aan te pas na 450gr en te kyk hoe gaan hy en S365 saamloop. Koeël lengte is verkry deur verskil tussen 350 en 400 Weldcore bloot by te voeg by die van die 400gr.
Jeffery 404 Claw 450 simulasie.JPG

Re: 404 (.423) 450gr Koeels - Wie stel belang?

Posted: Sun Sep 21, 2014 3:10 pm
by Dries101
Ja hy gaan n mens bietjie rattle dink ek. As ek so vinnig loer gaan hy dieselfde recoil as n 416 met n 410 greiner teen 2350 gee so min of meer. Selfde energie by die loop. Baie goeie S.D met die 450 greiners. Op papier lyk dit soos n wenner
5000 fp energie
s.D van .361