jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26Jun TERUGVOER

Adverteer jagte hier gratis/ Advertise hunts here for free
Post Reply
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26Jun TERUGVOER

Post by douw »

Hallo manne

Ek het 'n jag bespreek by Morakane Safari's vir bostaande datums. Een van die jagters in ons groep kan nie meer saamgaan nie. Ek en die ander jagter gaan nogsteeds. My vrou, dogtertjie en skoonma gaan ook saam. Ek sou egter graag nog ten minste een jagter saamvat, omrede ons oorspronklik ten minste 3 jagters sou wees. Die plek lyk baie oulik en die pryse lyk heel goed. Daar is plek vir meer mense ook.
Ons gaan die 22ste (Sondag) in en weer uit 26ste (Donderdag)

Laat weet asb as daar iemand is wat dalk sou belangstel. Ons gaan as gesin en een vriend wat baie gereeld jag, so ons is maar net 'n lekker rustige kuier groep.

Kyk op http://www.morakane.co.za

Groete
Douw
Last edited by douw on Tue Jul 01, 2014 7:24 pm, edited 1 time in total.
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie

Post by gillie »

Tussen Vryburg en schweizer as ek dit nie mis het nie? My en stef se home valley. Lyk na mooi area en plaas, het paar keer al daar verby gery. As ek nie in Namibie gejag het daai tyd nie, sou ek dit sterk oorweeg het.

Sterkte en geniet dit

Onthou die fotos.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie

Post by douw »

Hi Gillie

Dit is tussen Vryburg en Schweizer ja. Ek glo ons sal dit geniet. Die plaas lyk op die webwerf baie mooi asook al die foto's van die geriewe en jagte.

Geniet die jag in Namibie, dit is iets wat ek nog graag wil doen.

Groetnis
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie

Post by PWV »

Gladnie dik van die lag toe ek na die pryse kyk nie!!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie

Post by douw »

Hoe bedoel oom nou?

Vir die kant is die rooibok, gemsbok en bwb asook die volstruis pryse baie goed. Verblyf is ook glad nie sleg vir die tipe wat hul bied nie.

Terloops, oor oom se raad om 'n teleskoop eers deur die loop op 25m "in te stel" werk wonderlik, my teleskoop het iewers skiet gegee, toe het ek op oom se "topic" afgekom en dit gebruik.

Groete
Douw
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie

Post by PWV »

GAME PRICE LIST 2014
Species Biltong Hunt Prices Trophy Hunt Prices
Male Female Male Female
Blesbuck – Common R 1 450 R 1 450 R 1 650 R 1 450
Blesbuck – White R 2 500 R 2 500 R 2 750 R 2 500
Blue Wildebeest R 2 650 R 2 650 R 3 650 R 2 650
Eland R 7 500 R 5 750 R 8 750 R 6 750
Impala R 975 R 900 R 1 500 R 975
Kudu R 5 950 R 2 950 R 8 000 R 3 950
Nyala R 15 000 R 15 000 R 15 000 R 15 000
Oryx R 4 050 R 4 050 R 4 800 R 4 800
Ostrich R 1 250 R 1 250 R 1 250 R 1 250
Red Hartebeest R 3 950 R 3 250 R 4 750 R 3 950
Springbuck R 1 250 R 1 500 R 1 500 R 1 500
Warthog R 600 R 500 R 1 200 R 800
Waterbuck R 4 250 R 3 250 R 7 500 R 4 250
Zebra R 7 500 R 6 750 R 7 500 R 6 750
Black Backed Jackal R 150 R 150
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie

Post by douw »

Dankie oom

Koedoe koeie en vlakvark ook goeie pryse.

Laat weet gerus as iemand belangstel en my 'n luitjie wil gee.

Groete
Douw
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie- TERUGV

Post by douw »

Goeie dag manne

Ek gee graag terugvoer oor die jag by Morakane. Die verbly was tops gewees. Oom Boet het ons met sy Toyota bakkie rondgery. Die veld is baie ruig op die meeste plekke. As jy nie op die bakkie is nie, kan jy nie 5 meter ver sien nie! Daar was darem ook oop gedeeltes waar ons bietjie verder kon skiet. Die skiet was maar hoofsaaklik vanaf die bakkie. Ons het tussen Morne en myself die volgende wild geskiet: 3 Blesbokke (ooie) 2 Rooibokke (1 ram en 1 ooi) 5 volstruise (4 wyfies en 'n mannetjie) 1 Eland koei, 1 BWB bul en 1 springbok rammetjie vir die Lodge.

Die skote het gewissel van 80meter (BWB kopskoot) tot en met 350meter op die volstruise.



Die eerste volstruis het ek met my 6mmAI geskiet op so 200meter van agter in die hardloop.Sy het weggespring na die skoot en toe so draai gehardloop, op so ietwat oor die 140meter gaan stilstaan en ons net haar koppie gesien. Oom Boet se ek moet haar in die kop skiet, ek dink nee man, laat sy uitkom dan skiet ek lyfskoot, na so 5 sekondes toe vlieg die 70gr Nosler Ballistic Tip teen haar kop vas... My tweede volstruis was so by die 300meter ook met die 6mm. http://i1130.photobucket.com/albums/m528/douwdry/1.jpg





Die 70gr maak mooi op rooibok net agter die blaaie op 202meter(rangefinder) Net 2 ribbetjies af, geen vleisskade nie.
http://i1130.photobucket.com/albums/m528/douwdry/2-1.jpg



Hierna het ek die blessie op 184meter geskiet met die 300WM, dalk bietjie te veel gekompenseer, maar darem net daar geval. Omtrent geen vleiskade met die 165GMX'e nie.
http://i1130.photobucket.com/albums/m528/douwdry/3.jpg

Laaste dag vir vroulief, kleinding my ma, pa en skoonma ook saamgevat.http://i1130.photobucket.com/albums/m528/douwdry/4.jpg
http://i1130.photobucket.com/albums/m528/douwdry/5.jpg



Die wild is almal is baie goeie kondisie. Ons het ook 2 Swartwitpense te siene gekry wat albei oor die 45" is. Hulle is te jag teen R70k :):

Die mense se gasvryheid is iets besonders en hulle het regtig moeite gedoen. Die kostes was soos op hul pryslys. Geen ekstra kostes vir bakkie, afslag vuurmaakhout ens nie.

Ek sal die plaas sterk aanbeveel. Die plaas het vrystelling ook. Hulle gee toe glad nie om of mens net een jagter en sy gesin is nie...

Groete
Douw
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie

Post by Johan Reyneke »

Douw
Dit is 'n baie lekker plek om te jag en het reeds 2 keer daar gejag. Boet doen altyd moeite om te kry wat jy soek.

Hul geriewe is ook baie goed. My swaer bly in Vryburg en ken hulle baie goed.

Julle het goed gedoen, want ek weet hoe ruig daai bosse kan wees. Jy kan nie eers altyd loop in daai bosse nie.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie

Post by douw »

Hallo Johan

Ja wraggies, oom Boet skroom nie om moeite te doen nie. My ma'le het 2 volstruise gevat, toe ons sien toe sny hy karkas op, hy vra toe wat hulle met die vleis gaan doen. Toe ons terugkom by die slagkamer het hy altwee opgesny in biltonge, steaks en maalvleis gemaak. Alles netjies verpak en ge"vacuum" :o

Ek sal hulle beslis weer ondersteun!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie

Post by sako 30-06 »

douw wrote:Hallo Johan

Ja wraggies, oom Boet skroom nie om moeite te doen nie. My ma'le het 2 volstruise gevat, toe ons sien toe sny hy karkas op, hy vra toe wat hulle met die vleis gaan doen. Toe ons terugkom by die slagkamer het hy altwee opgesny in biltonge, steaks en maalvleis gemaak. Alles netjies verpak en ge"vacuum" :o

Ek sal hulle beslis weer ondersteun!
Lyk na n baie mooi plek,uistekend geskiet.
Plaas bietjie foto's van die Eland en BWB'ste.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie

Post by douw »

Dit is op my vriend, Morne, se selfoon. Hy kom weer Vrydag terug Pretoria toe. Ek sal nog so klompie foto's by hom kry en kom laai...
User avatar
Dries Skiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1093
Joined: Mon Oct 01, 2012 10:01 am

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26 Junie

Post by Dries Skiet »

Is baie mooi, baie geluk. Sê my net gou, rooibok ooi, kudu koei en jakals trofee pryse, hoe werk dit????
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: jag geleentheid te Morakane Safari's vir 22-26JUN TERUGV

Post by douw »

;D ;D

Dit is vir die manne wat oorsese jagters saambring. Hulle wil dan net graag 'n "good representive" bok skiet. Morakane vra hulle dan die trofee pryse op manlik en vroulik. Op SA jagters is slegs RW bokke dan betaalbaar op trofee prys (slegs manlike diere ;) )

Jakkals is weereens vir oorsese jagters wat graag een wil skiet, en hulle moeite moet doen om hom te kry. SA jagters word mooi gevra om alle jakkatese opsig te skiet.

Groete
Douw
Post Reply