Page 1 of 1
Skroefraad vir Knaldemper
Posted: Thu Jun 05, 2014 4:43 pm
by Thaba308
Goeie middag manne.
Ek wil skroefdraad laat sny vir KD op 2 van my gewere.
Ek is in die Fourways / Roodepoort omgewing. Kan iemand my asb aanbeveel?
Soos ek verstaan is daar baie kansvatters wat dit behels.
Dankie!
Re: Skroefraad vir Knaldemper
Posted: Thu Jun 05, 2014 4:52 pm
by Wismit
Thinus - by Formalito !!
Het ongellukig nie meer sy nr nie.
W.S
Re: Skroefraad vir Knaldemper
Posted: Thu Jun 05, 2014 8:56 pm
by gs23139
Het myne laat doen by Hot Power Arms in Krugersdorp, 3 dae geneem.
Die wapensmit kom 1 of 2 keer per week.
0116602420
Re: Skroefraad vir Knaldemper
Posted: Fri Jun 06, 2014 8:19 am
by Thaba308
Baie dankie! Groot waardering!
Re: Skroefraad vir Knaldemper
Posted: Fri Jun 06, 2014 8:34 am
by VdWalt
Ek het albei myne by WJC Ritchie Telephone: (011) 672 4228 gedoen - die laaste een was
vir die sny van die kd, die loop, die kroon oorgedoen en proppie om die skroefdraad
te beskerm.
Dit was R1800 wat vir my duur was maar ek weet nie wat die going rate is nie.
ek is baie tevrede met al die werk wat hy al aan my gewere gedoen het.
Re: Skroefraad vir Knaldemper
Posted: Fri Jun 06, 2014 9:01 am
by LUAN
Kevin van airvolution bly in fourways seker hy sal dit maklik akuraat vir jou kan doen. 0766031841
Re: Skroefraad vir Knaldemper
Posted: Fri Jun 06, 2014 4:29 pm
by Thaba308
Baie dankie! EK sit met 'n ander kopkrap... EK het 'n Anschutz mod 64-MS .22 waarvoor ek ook 'n KD soek. My probleem is, ek wil nie skroedfraad op die loop laat sny nie. In my opinie gaan dit die geweer se waarde baie verminder. Enige alternatiewe voorstelle? Ek het al KD's gesien wat basies oor die loop "druk" en dan met 'n klein a-key vasdraai op die loop. Enige idee waar ek van hulle in die hande kan kry?
Re: Skroefraad vir Knaldemper
Posted: Sat Jun 07, 2014 8:24 pm
by Christo
Ek kan jou dalk help. Wat is die loop se dikte voor by die kroon?
Re: Skroefraad vir Knaldemper
Posted: Sat Jun 07, 2014 8:25 pm
by Christo
Vir die. 22 oordruk tipe een.
Re: Skroefraad vir Knaldemper
Posted: Tue Jun 10, 2014 4:12 pm
by Thaba308
Christo,
Dankie, sal more vir jou kan se. Het enige iemand dalk ondervinding met skroefdraad wat deur Arms in Waterkloof gesny is?
Hul prys is nie te sleg nie..?
Re: Skroefraad vir Knaldemper
Posted: Tue Jun 10, 2014 4:55 pm
by NicoSmit
Thinus by Formalito sy tel no is 012 664 7793