Vir die manne wat so baie bos-en vlakvarke skiet, hierdie resep behoort hierdie wilde varke net so heerlik te maak as enige ander mak varkvleis. Dit is waarlik 'n besonderse smaak wat die sous aan varkvleis gee.
Resep lewer 6 porsies.
1.5kg varktjops
koekmeelblom, met sout en peper gegeur
kookolie
2 uie, in skywe gesny
25 g (30ml) botter of margerien
30 ml kitskoffie poeier
250 ml kook water
250 ml asyn (maak minder as dit te suur is na jou smaak)
125 ml heuning
10 ml bruinsous poeier
sout en peper na smaak.
Keep die vetrande van die varktjops in.
Rol die tjops in die gegeurde koekmeelblom totdat hulle goed daarmee bedek is.
Braai die tjops aan weerskante tot goudbruin in net genoeg kookolie om die boom van die pan te bedek. Pak die tjops in 'n groot oondkasserol.
Braai die uie in die botter of margerien tot sag. Los die koffie poeier in die kookwater op en voeg dit by die uie saam met die asyn, heuning en bruinsous poeier wat met 'n klein bietjie water aangemaak is.
Geur dit met sout en peper en laat dit opkook; verdik die sous met 'n bietjie mielieblom wat met koue water aangemaak is indien jy van 'n dikker sous hou.
Gooi die koffiesous oor die tjops. Sit die deksel op, plaas die kasserol op die middelste rak in die oond, stel die oond op 150? C (300? F) en bak dit 'n uur of totdat die tjops lekker sag is. Dien hulle warm op.
Baie lekker, sagte varkvleis met 'n sous wat absoluut vorentoe smaak - geniet hom!
Koffie-varktjops
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Koffie-varktjops
Is daar enige tipe aanmaak koffie wat beter werk?
Klink lekker, ek gaan dit probeer
Klink lekker, ek gaan dit probeer
- Robert
- Sr. Member

- Posts: 425
- Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm
Re: Koffie-varktjops
Daai resep gaan ek beslis probeer. Sal sag loop soos kombuis tegnikus met nuwe mop en croks.
Oorwining deur opleiding
-
Biltongjagter
Re: Koffie-varktjops
Thomast, ons gebruik sommer Spar se kitskoffie - smaak steeds heerlik!
Glo as mens meer geurryke kitskoffies gebruik kan dit net die sous se smaak nog verder verbeter.
Laat weet as jy probeer het.
Glo as mens meer geurryke kitskoffies gebruik kan dit net die sous se smaak nog verder verbeter.
Laat weet as jy probeer het.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Koffie-varktjops
Hoe is daai gesegde "magies vol, ogies toe"
Neewat, daai resep sal beslis weer gebruik word, baie dankie. Uit die boeke uit!
Neewat, daai resep sal beslis weer gebruik word, baie dankie. Uit die boeke uit!
