Middag mede Jaracal Lede
Ons het 'n groooot Namibie jag beplan met die hele familie hierdie jaar...
Tot ons spyt moes ons hierdie week uitvind dit is gekanselleer weens onvoorsiene omstandighede!
Nou is ons BAIE hard opsoek na ander geleenthede in SA - ons is 'n familie groep van 11 mense insluitende kinders wat graag vir so 4/5 dae wil wegbreek en die natuur saam met mekaar geniet. En dan natuurlik 'n bok of 2 plat trek...
My pa (73 jaar oud) het al ons jagtogte gelei oor die afgelope paar jaar en ons sal hom vreeslik graag wil verras!
As iemand asb kan help met 'n billike biltong jag sal ons die voorstel vreeslik waardeer!
Jagters Groete,
EO
Gesoek: Biltong Jag Geleentheid 2014
-
EO Jag 2014
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Fri May 30, 2014 2:10 pm
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Gesoek: Biltong Jag Geleentheid 2014
Dit mag nogal moeilik wees om op hierdie stadium van die huidige jagseisoen iewers plek te kry. Dit hang ook maar af wat julle wil jag, hoe ver julle wil ry, watter akkommodasie geriewe jul benodig en wat jul bereid is om te betaal. Ek stel voor jy kyk op hierdie forum na jaggeleenthede, foonnommers en websites en begin dan maar jou soektog op so 'n manier. Kyk bv. na ibookdirect.com om 'n idee te kry. Daar is uiteraard duisende ander plase in SA, maar om plek te kry, is die groot uitdaging.
Hopelik is daar tog van hierdie forum se lede wat nog weet van plek en jou dan sal laat weet.
Groetnis
Hopelik is daar tog van hierdie forum se lede wat nog weet van plek en jou dan sal laat weet.
Groetnis
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Gesoek: Biltong Jag Geleentheid 2014
Ek het al gehoor dat daar 'n groep op Vleisbroek is, "Hunt Buddies" waar jy ook dalk sal kan inligting bekom. Gaan loer maar, ek was nog nie so verveeld dat ek op Vleisbroek moes registreer nie ...
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Gesoek: Biltong Jag Geleentheid 2014
Kontak vir jakkalsgat,hy sal jou heel moontlik kan help.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=61&t=31859
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=61&t=31859
-
EO Jag 2014
- Newbie

- Posts: 2
- Joined: Fri May 30, 2014 2:10 pm
Re: Gesoek: Biltong Jag Geleentheid 2014
baie dankie vir al die voorstelle - sal defnitief daarna kyk!
- Jakes73
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Sat Mar 31, 2012 10:35 pm
Re: Gesoek: Biltong Jag Geleentheid 2014
Probeer vir Nelius Mostert van Spitzkop naby Thabazimbi. Hy het vanoggend nog die naweek van die 27ste Junie oop gehad en ek dink dalk nog 1 of 2 datums in Julie. Jy kan hom kontak via e-mail op info@fieldsparrow.co.za of gee hom 'n lui op nul sewe 1 nul 4 nege 4 sewe 8 vyf.
Ek ken hom nie persoonlik nie, en ken ook nie sy setup nie, het net sy post of "vleisboek" gesien op jagbuddies.
Groete
Jaco
Ek ken hom nie persoonlik nie, en ken ook nie sy setup nie, het net sy post of "vleisboek" gesien op jagbuddies.
Groete
Jaco