Page 1 of 1
OBT versoek 6mm Br
Posted: Mon May 26, 2014 6:25 pm
by junglejulian
Goeie naand!
Ek vra asb hulp vir my nuwe speelding.
1;14twist Hart loop op enkelskoot aksie so magasynkas lengte pla nie.
Looplengte-535mm/21duim
66gr Berger Varmint High Bc flat base
Tpl to teen lands-60,50mm
Beplande TPL -57mm
CCI small rifle primer
Ek het reeds n spoed van 3065,3044,3051ft/s verkry met 31,5gr S335
Lapua dop H20 kapasiteit-39,2gr
Ek het vandag die loop ingebreek en hy skiet soos n droom.slegs 20 skote al deur die loop maar skiet klaar 1/2moa groepe.
Ek is diep tevrede
Mooi loop
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Mon May 26, 2014 9:50 pm
by Fanta300
Hallo JJ
Volgens my berekenings op QL is jy so te se op 'n node. Jy behoort 'n volgende node te slaan met 33gr S335 teen 3207v/s. Ek leer ook maar nog met QL so vat hom maar trapsgewys op tot 33gr. Soos die Amerikanes sou se: Use at own risk.
Groete
Fantie
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Tue May 27, 2014 6:22 pm
by junglejulian
Dankie oom Fanta!
Ek het n spoed gekry van 3205,3199,3215ft/s met 32,5gr S335.Enigste probleem is die geweer skiet baie mooi met als wat ek in hom skiet so die keuse is moeilik.Ek fireform nou eers die doppe terwyl ek ladings ondersoek.Dink dit sal ook beter gaan as die eerste 100 doppe net eers 1keer geskiet was in my kamer.Ek wonder net waar le ek met die node in die druk spektrum(Hoe naby ek aan maksimum druk is)Ek wil nie moeilikheid kry in die warm somermaande nie.6mmBR doppe is so skaars dat ek hul ook nie onnodig wil opvoeter nie.
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Wed May 28, 2014 8:14 am
by Fanta300
JJ, volgens my QL moet jy mik vir 'n spoed van 3167 vt/s om op 'n node te kom en 32gr S335 behoort baie naby te kom. Jou druk behoort dan so net oor die 50000psi te wees en maks is 60000. Jou dop behoort so 95% vol te wees. Die volgende node is op 3334 vt/s met 33.9 gr, maar dan is jy in die rooi gebied.
Hier is slimmer ouens op die forum en ek sal gemakliker wees as een van hulle net my syfers kontroleer.
Sterkte
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Mon Sep 22, 2014 4:57 pm
by junglejulian
Goeie middag!
Ek het die naweek weer met die 6BR gespeel en is mal oor die roertjie.Ek het 65gr Vmaxe getoets en nie een groep groter as 20mm geskiet nie.Kan iemand asb help met die druk op my lading en ook of ek op n node skiet.
1;14twist Hart loop op enkelskoot aksie so magasynkas lengte pla nie.
Looplengte-535mm/21duim
65gr Hornady Vmax
Tpl to teen lands-54.8mm
TPL -54.2mm
CCI small rifle primer
Ek het reeds n spoed van 3350,3343,3351ft/s verkry met 32.6gr S335
Lapua dop H20 kapasiteit-39,2gr
ek plaas bietjie later vannaand my teikens.
Baie dankie!
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Mon Sep 22, 2014 5:08 pm
by junglejulian
hier is n paar groepies geskiet op 200m.ek is diep tevrede.
die doppe is rekelik vol en die primers lyk nog goed alhoewel ek dink die druk is al baie hoog
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SAM_0578.jpg
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Mon Sep 22, 2014 5:38 pm
by Fanta300
Is jy seker jy meet reg? Daai groepe lyk vir my baie kleiner as die afmetings wat jy daar gee. Wat is die deursnit van daai sirkels op jou teiken?
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Mon Sep 22, 2014 5:41 pm
by junglejulian
meeste groepe was tussen 8 en 14mm gewees met so paar wat opgegaan het na 22mm toe.die sirkel is 25,4mm in deursnee.jammer die 54.2mm is die tpl van die rondte en nie die groepgroote nie
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Mon Sep 22, 2014 5:45 pm
by tripodmvr
Jy is by maksimum druk en op die node. Kyk wat gebeur as jy 32,5gr laai.
Junglejulian 6mm BR 65Vmax Node 3.JPG
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Mon Sep 22, 2014 5:57 pm
by junglejulian
Baie dankie oom Marius.ek dink ek sal die lading so effe sak na 32.4gr.Dink die somerhitte gaan begin pla oor desember maand
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Mon Sep 22, 2014 6:04 pm
by tripodmvr
junglejulian wrote:Baie dankie oom Marius.ek dink ek sal die lading so effe sak na 33.4gr.Dink die somerhitte gaan begin pla oor desember maand
Kyk mooi na my syfers. 32.6 is maks. Ek sal nie hoër as dit laai nie - jy mors net dryfmiddel en is dan oor die node.
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Mon Sep 22, 2014 6:10 pm
by junglejulian
skuus ek bedoel 32.4gr
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Mon Sep 22, 2014 10:59 pm
by Pappabeer
Julian, het jou H2O kapasiteit die selfde gebly met die ongevuurde doppe na once fired, of was hierdie laaste ronde ook fire forming? Wonder maar net of dit nie die berekeninge gaan beïnvloed nie. Sien jy gee beide aan as 39,2gr H2O.
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Tue Sep 23, 2014 7:20 am
by junglejulian
die 39,2gr H2O is die gevuurvorme doppe se Kappasiteit.Ek kan nie onthou dat ek die ongevuurde doppe gemeet het nie.Die kamer is baie mooi gesny sodat ek minimaal hoef te size maar nogsteeds goeie neck clearance het.ek sal weer die doppe se H2o kap meet om seker te maak
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Tue Sep 23, 2014 11:09 am
by Wouter Roets
Julian
Ek sal as ek jy was my ladingontwikkeling doen hier rondom n TPL van 53,3mm. Die rede hiervoor sal wees dat dit baie naby jou idiale TPL is met die spesifieke koeel(basis van koeel gelyk met nek en skouer interseksie). Dalk kan jy op 53,4mm begin wat dan vir jou so bietjie spasie los om klein verstellings aan jou TPL dieper te maak as jy jou nodespoed geslaan het. Jou teiken se dispersie op jou groepering beaam vir my ook dat daar werk te doen is aan die TPL. Onthou nou net dat nodespoed weer uitgewerk moet word met jou nuwe verkorte TPL.
Groetnis
Wouter
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Tue Sep 23, 2014 8:18 pm
by junglejulian
Dankie wouter.Ek gaan bietjie die Tpl probeer.ek moet se dat ek klaar erg tevrede is met die ladings.Ek dink nie ek kan self baie beter as 1/2duim groepe skiet op 200m nie.Ek stuur vir jul data sodra ek weer n paar skote geskiet het.
Mooi loop
Re: OBT versoek 6mm Br
Posted: Sat Sep 27, 2014 10:18 pm
by acssa
kan nie wag vir my 6mm BR nie...