Dagsê manne
Soek bietjie raad asb, en ek weet iemand sal hê.
Ek het vir my seun 'n P14 303 gekoop, wat in 'n redelike goeie toestand is, gegewe die ouderdom van die geweer. Die geweer het 'n Parker-Hale "Target edition" loop op, met Parker-Hale gaatjies visiere ens.
Ek wil egter 'n scope laat opsit, moontlik Epps, en bietjie aan die kroon laat werk, en die geweer weer heeltemal laat oor "gunblue", en ook die voorste visier op die loop laat afhaal.
Wie sal my met so 'n projek kan help, wat my nie 'n arm en 'n been gaan kos nie. Ek het aan Thor gedink, maar weet nie of hulle sulke projekte doen nie.
Verkieslik in die Pretoria area, of omliggend.
Dankie by voorbaat.
Werk aan 'n P14 303
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Werk aan 'n P14 303
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Kalahari Pretorius
- Newbie

- Posts: 24
- Joined: Thu Aug 15, 2013 6:59 pm
Re: Werk aan 'n P14 303
Dagsê Jean, die beste is maar om kwotasies te kry by verskillende wapensmede en dan te besluit wat jy wanneeer gaan doen. Hoe goed is jy met jou hande? Kan jy nie self van die goed saam met jou seun doen nie? Dit sal darem baie meer waarde hê as jy hom ook intrek by die projek. Lees op die versamelaars topic oor Gert se 375H&H oorbou projek, dan besluit jy saam met jou seun wat julle wil maak.
Groetnis Kalahari.
Groetnis Kalahari.
.22LR star,.357mag,9mm Ruger,.22LR CZ,.243 Win,7x57 Mauser,.308 win x 2,.303 Br x 2,.375H&H CZ, .458 Lott CZ, 12 Boor Baikel
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Werk aan 'n P14 303
Hallo Kalahari.
Ek en junior is albei redelik vaardig met die hande, maar "gereedskap" is die ding. Sekere van die goed sal moet deur 'n geweersmit gedoen moet word. Die kolf se werk kan ek en hy self aanpak.
Dankie vir die advies.
Ek en junior is albei redelik vaardig met die hande, maar "gereedskap" is die ding. Sekere van die goed sal moet deur 'n geweersmit gedoen moet word. Die kolf se werk kan ek en hy self aanpak.
Dankie vir die advies.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Werk aan 'n P14 303
Jean jy kan n kwitasie by ARMS in Pretoria ook kry... Hulle is daar om die "hoek" van Centurion af...
-
Rysmier
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Fri Feb 10, 2012 1:16 pm
Re: Werk aan 'n P14 303
Jean, vra net die manne om die werk duidelik uiteen te sit. Een geweersmit het vir my gesê ek sal die "ore" bo die slot moet afsny. 'n Ander een het vir my gesê dit is nie nodig (maar dit kan moontlik veroorsaak dat jy teleskoop hoër moet "mount"), hy sal hom kan "drill & tap" met die ore in plek.
Ek het by ons plaaslike SAJWV-skiet een van die lede se P14 gesien wat teleskoop op het met die "ore" nog in plek, en dit lyk nie vir my onaardig hoog (ek glo die klok (beide voor en agter) van die teleskoop, "eye relief" ens gaan die hoogte beinvloed).
Ek wou eers Boyds opsit, maar het gesien die ou kolf korter maak (voor), loop "free float" en net wangstuk bysit kan hom heel bruikbaar maak. So nou oordink ek weer die Boyds idee.
Mooi dag,
CCC

Christiaan
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
22 lr Stirling arms
223 Rem Howa 1500 Varminter
243 Win Musgrave Mod 90
6.5x55 Howa 1500
303 British Lee Enfield No1 Mk3
303 Epps P14 ERA
338 Win Mag Remington XCRii
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Werk aan 'n P14 303
Hallo Manne
Ek het die geweertjie vanoggend gaan inhandig vir gespesifiseerde werkies. Ore word gelukkig nie afgehaal nie, want dit gaan versamelwaarde erg benadeel. Sekere goed gaan gepoleer word, werk gaan aan die kroon gedoen word wat ongelukkig 'n paar stampies oor die jare opgedoen het, en alle metaal dele en die aksie gaan weer mooi geblou word. Sal seker so 'n maand neem. Ons wil die geweer heeltemal oorpronklik hou vir eers. Sal fotos plaas as als gedoen is.
Dankie vir almal se advies.