Page 1 of 1
My groot geweer
Posted: Mon Apr 13, 2009 2:55 pm
by Gerhard
Ek het na baie lang gewag en gesukkel uit eindelik my 500 Jeff klaar gebou gekry.
http://video.google.com/videoplay?docid=-3237137956225600449
Skiet 580gr lood pil so net onder 2000 fps
Sal graag wil sien hoe lyk jakkals se kind as jy hom klop met die een.
Nou hoef ek nie meer te stress om kliente te PH waardaar buffels rondloop nie.
Het in 2007 vyf wit renosters gehelp jag met kliente en het een middag laat in buffel bul vas geloop op 30 tree met nie eers klip in my hand nie...
Is nie lekker gevoel daai nie...

Re: My groot geweer
Posted: Mon Apr 13, 2009 8:32 pm
by Janjak
Gerhard,
vertel bietjie meer van die aksie ens. en watse cast punte is daai?
Jannie
Re: My groot geweer
Posted: Mon Apr 13, 2009 8:40 pm
by Christo
Gerhard
As jy kyk na 'n buffel se wetenskaplike naam sal almal verstaan waarom jy nie oogkontak wil maak met hom nie.
Christo
Re: My groot geweer
Posted: Mon Apr 13, 2009 8:43 pm
by Ambessa
Hallo Gerhard
Eish op die buffel se kyk. Hoe kyk jy dan na hom, omkyk-omkyk met vinnige tekkies?
Ambessa
Re: My groot geweer
Posted: Mon Apr 13, 2009 8:54 pm
by Gerhard
Janjak wrote:
Gerhard,
vertel bietjie meer van die aksie ens. en watse cast punte is daai?
Jannie
Jannie,
Is std K98 aksie wat ek gebruik het vir die Jeff.
Die punte cast ek self....
Lank gesoek om .511 gas checks te kry.
Re: My groot geweer
Posted: Mon Apr 13, 2009 8:56 pm
by Gerhard
Ambessa wrote:
Hallo Gerhard
Eish op die buffel se kyk. Hoe kyk jy dan na hom, omkyk-omkyk met vinnige tekkies?
Ambessa
Nope,
Ek like nie van weg hardloop nie.
Vat dit maar een tree op 'n slag agter uit totdat bietjie verder van hom af is en stap dan vinnig weg maar hou hom dop.
volgende keer sal ek hom loer deur die 500 se sights...

Re: My groot geweer
Posted: Mon Apr 13, 2009 9:58 pm
by britsman
Gerhard,
Is nie lekker gevoel daai nie...
Praat jy van die warm nattigheid gevoel wat agter op jou bene afloop?

bm
Re: My groot geweer
Posted: Mon Apr 13, 2009 10:06 pm
by Gerhard
britsman wrote:
Gerhard,
Is nie lekker gevoel daai nie...
Praat jy van die warm nattigheid gevoel wat agter op jou bene afloop?

bm
BM,
Is eerder daai gevoel van jy weet hier kom 11:1:11 en jy kan niks daar omtrend doen as hy besluit om te kom nie.
Nou dat die 500 klaar is gaat hy elke keer saam toe gaan as ek met kliente jag of gaan boog jag...
Meskien trek ek bloed in Mei maand as ek dalk teen parmantige Blou Wildebees vas loop.

Re: My groot geweer
Posted: Mon Apr 13, 2009 10:14 pm
by Ambessa
Hallo Gerhard
Laat weet hoe dit gegaan het - as jy die ou so in die gesig kyk.
Mooi loop.
Ambessa
Re: My groot geweer
Posted: Mon Apr 13, 2009 10:18 pm
by Ambessa
Hallo Gerhard
Voor ek vergeet. Net vir 'n back-up sal ek darem nog steeds 'n paar vinnige tekkies saamvat...
Groete.
Ambessa
Re: My groot geweer
Posted: Mon Apr 13, 2009 10:59 pm
by Gerhard
Ambessa wrote:
Hallo Gerhard
Voor ek vergeet. Net vir 'n back-up sal ek darem nog steeds 'n paar vinnige tekkies saamvat...
Groete.
Ambessa
Jy moet net sorg dat jy kan vinniger hardloop as die ander ou saam met jou.
As hy vinniger as is dan trip jy hom en dan hol jy.....

Re: My groot geweer
Posted: Tue Apr 14, 2009 9:32 am
by JACQUES BOTHA
my groot geweer is n 22 250 en my kelin geweer is n 222 50 ...so watch-it.....lag lag lag lag ....
Re: My groot geweer
Posted: Tue Apr 14, 2009 8:03 pm
by Gerhard
Hier is paar fotos....
Geweer nog in produksie. Kolf is deur Armtec gedoen en het baie goeie diens van hulle gekry
Hier is hy klaar. Volgens Turvelo
Ek moet se ek is bitter ongelukkig met die diens en kwaliteit werk wat ek van Truvelo gekry het.
Het die geweer in Januarie ingevat na Thor engineering toe nadat ek met hom geskiet het en toe sommer nog R3500 moes uit haal...
Re: My groot geweer
Posted: Tue May 12, 2009 12:58 pm
by Francois Marais
Hi Gerhard
Wil ook my GROOT GEWEER wys.
500 A-Square op n Brno ZKK 602 aksie'
600 gr Dzombo solid of 570gr Barnes XLC
110gr S355 = 2300ft/sec. Hierdie is n reduced load, geweer kan die punte teen so 2450 ft/sec skiet.
Ek wil nie vinniger nie, want op die spoed skiet hy net-net NIE deur n Olifant nie.

Hier is die aksie van naby.
En hier is sy patrone, met n trippeltwee50 vir n idee van die size.
En hierdie is sy kos, nie myne nie, maar darem ook n skootjie ingekry. Met Erik Engelbrecht gejag, noord Namibia,2008.
Hoop die fotos wys, mooi loop
Francois
Re: My groot geweer
Posted: Tue May 12, 2009 1:25 pm
by WillJak
Twee mooi, en lekker gewere daai....... Gerhard, ek ken daai gevoel wat nie so lekker is nie.... Ek het darem die 30-06 by my gehad, en in my kop geweet die 220gr punt penetreer baie goed, maar ook geweet dis 'n soft en nie 'n solid nie. Beter as niks, maar nie die selfde as om vir ou Cincerus te staan ek kyk met die .416 in hand nie...
Re: My groot geweer
Posted: Tue May 12, 2009 4:32 pm
by JACQUES BOTHA
FM
DIE TRIP MET ERIK WAS JY NIE BY TOE DIE PH DIE LUIPERD MET DIE HANDE VAN KANT GEMAAK HET NIE...
EN DALK HET JY FOTO'S VAN DAAI EEN OOK ?
GROETNIS
EKKE
\
Re: My groot geweer
Posted: Tue May 12, 2009 5:25 pm
by Francois Marais
J
Ek was by, maar het ongelukkig nie fotos van die voorval, of moet ek se ongeval nie.
Cheers
Francois
Re: My groot geweer
Posted: Wed May 27, 2009 5:55 pm
by Gerhard
Francois,
Daai is bak gat geweer.
Ek laai 95gr S335 agter 576gr punt.
Ek is besig om verslaaf te raak aan die geweer.
Het nou die middag 18 skote geskiet.
Ek vlieg die 5 de Junie weer terug Angola toe en dan boek ek my geweer weer in by Thor Engineering.
Erhard sal nou vir my moet werk aan die magasyn kas en feeding om die seepglad te maak....
Tjorts
Re: My groot geweer
Posted: Tue Jul 14, 2009 8:09 pm
by Francois Marais
Gerhard
Jammer ek antw so laat.
Ek het ook maar aan my magasynkas laat werk, dit maak nou toe met n ellenkey boutjie, die springloaded knippie het aanmekaar bly oopskop met die recoil. Die aksie het n gunsmith ook vir my bietjie glad gemaak. Alles loop nou mooi.
Cheers
Francois