Page 1 of 1

Peregrine 87gr .243 lading

Posted: Wed May 21, 2014 4:44 pm
by Ruhan
Kan ek asseblief vra vir hulp met hierdie lading op Quick Load.

Kaliber: 243
Koeel: Peregrine VRG-5
Koeel gewig: 87gr (Koeel lengte 28.45mm) (BC - 0,365)
Maak Dop: Winchester
H2o dop: 55.3
Slagdop: CCIBR2
TPL: 69.80mm
Loop Lengte: 602mm
Kruit: S65 Lot 66
Lading 1 Spoed: 41.4gr - 2914
Lading 2 Spoed: 41.6gr - 2947
Lading 3 Spoed: 41,8gr - 2936

Re: Peregrine 87gr .243 lading

Posted: Wed May 21, 2014 7:18 pm
by Frikkie Coetzee
My QL het nie Peregrine se koels op nie.

Re: Peregrine 87gr .243 lading

Posted: Wed May 21, 2014 7:29 pm
by alecjohnson
gebruik Barns X koeëls hulle is baie na aan mekaar, as julle nie regkom nie sal ek later help...

Re: Peregrine 87gr .243 lading

Posted: Thu May 22, 2014 12:49 pm
by alecjohnson
probeer die

spoed 2812 fps lading in omgewing van 39.4gr
en 2984fps lading in omgewing van 42.1gr
laai maar op na die 42.1 en speel rond met daai ladings die node sal iewers by hulle le
onthou barnes koeëls is nie peregrines nie, so daar kan verskille wees maar sal nie te groot wees nie.

Laat weet maar hoe dit gaan...

Re: Peregrine 87gr .243 lading

Posted: Thu May 22, 2014 12:53 pm
by Ruhan
Baie dankie Alec. Ek sal vanaand 'n paar laai en more kyk hoe dit werk.

Re: Peregrine 87gr .243 lading

Posted: Sun May 25, 2014 5:48 pm
by Ruhan
Naand se,

Ek het terugvoer oor daai riglyne wat deur QL gegee is.

42gr: 2925, 2974, 2991 (Groep: 30mm)
42,2gr: 2972, 2985, 2984 (Groep: 37mm)
42,4gr: 2973, 3004, 2999 (Groep: 115mm) vermoed een skoot getrek aangesien eerste twee mekaar sny
42,6gr: 2980, 3001, 3000 (Groep: 42mm)

Dit is dalk bietjie van 'n mors van koeels, maar ek gaan hierdie weer laai en gaan skiet. Ek is nie heeltemal seker watter lading uitstaan nie aangesien die groep wat op die node is, nie die beste groep het nie.

Re: Peregrine 87gr .243 lading

Posted: Sun May 25, 2014 7:59 pm
by alecjohnson
Laai 42.1 waar die node veronderstel is om te wees. Dit le mos nou mooi tussen jou eerste twee groepe 42 en 42.2, dan speel jy met hulle tpl om die groep te probeer verklein!
Dankie vir die terugvoer.

Re: Peregrine 87gr .243 lading

Posted: Thu Jul 31, 2014 8:17 am
by acssa
Wat is jou jump na die lands?

Re: Peregrine 87gr .243 lading

Posted: Thu Jul 31, 2014 8:31 am
by tripodmvr
acssa wrote:Wat is jou jump na die lands?
Met mono koeëls is 1,5 na 2mm weg van die lande 'n goeie vertrekpunt. Graveringsdruk is hoër en die verder sprong help hiermee.