Page 1 of 1

9.3x64 vs 375 Ruger

Posted: Tue May 20, 2014 1:59 pm
by Supacow
Gestel man het n std lengte mauser aksie, sal dit moontlik wees om beide bogenoemde te bou op die aksie en wat sal die voor en nadele wees van die betrokke kalibers? Hoe lyk die drukvlakke en sal n santa barbara aksie dit kan hanteer of is mens beter af om iets soos n 338-06 te bou vir bosjag?

Re: 9.3x64 vs 375 Ruger

Posted: Tue May 20, 2014 2:04 pm
by DWB
Vir Bos jag is daar weinig wat so mooi soos 'n 9.3x62 werk (My beskeie opinie)

Beide die 375 Ruger en 9.3x64 is spoedvrate.... Hoekom soek jy spoed vir die bos?

Re: 9.3x64 vs 375 Ruger

Posted: Tue May 20, 2014 2:10 pm
by Supacow
Dis nie die spoed maar die kort lengte van bogenoemde rondtes wat my laat wonder kan mens n buffelkaliber met n std mauser (santa barbara in die geval) aksie bou.

Re: 9.3x64 vs 375 Ruger

Posted: Tue May 20, 2014 2:17 pm
by Supacow
Ek noem die 338-06 as alternatief indien die aksie nie opgewasse sal wees vir buffelkos. Die santa barbara is n bestaande 3006.

Re: 9.3x64 vs 375 Ruger

Posted: Tue May 20, 2014 2:19 pm
by Louis Kriel
66 gr S365 gee 2200 fps met 300 gr SGK in die 375Ruger. Dis n super bos lading en wat lekker is, jy kan met gemak opgaan 2600 fps sou jy bietjie verder wou skiet.

Re: 9.3x64 vs 375 Ruger

Posted: Tue May 20, 2014 2:20 pm
by DWB
Kom ek stel dit vir jou so, my 404 word tans op 'n standaard lengte aksie gebou.

Jy kan die 9.3x64 en 375 Ruger en selfs 'n 375H&H op 'n standaard lengte aksie bou.

Hulle maak die boks daai bietjie langer.

Re: 9.3x64 vs 375 Ruger

Posted: Tue May 20, 2014 2:51 pm
by Gert Odendaal
Deon , noem net dat jy die oopmaak van die aksie reg moet doen, of dit moet laat doen by `n wapensmit wat bekend is met die prosedures. As die proses verkeerd hanteer word gaan daar moonlik `n verswakking van die aksie ontstaan. Selfs die voer van die rondtes kan problematies wees. Maar daar is regtig verskeie groot kalibers wat wel op `n standaard aksie gebou is...die VZ24 aksies is goeie aksies wat hulle daartoe leen om dit vir die doel te gebruik....ek dink nie jy behoort probleme te he om dit te doen nie.

Re: 9.3x64 vs 375 Ruger

Posted: Thu May 22, 2014 10:42 am
by tau
DWB wrote:Vir Bos jag is daar weinig wat so mooi soos 'n 9.3x62 werk (My beskeie opinie)

Beide die 375 Ruger en 9.3x64 is spoedvrate.... Hoekom soek jy spoed vir die bos?
Eerstens ek is versot op die 9.3x62 en sal eendag een in Fullstock besit. Ek dink die .375 ruger het net meer opsies wat jy van hom wil maak. Jy kan 200gr koeels teen 3000fps skiet en die Gemsbokke pakgee in die kalahari of 300gr BArnes of Impala koeels teen 2400fps laai en in die bos Buffels pak gee. Vir die man wat meer as een roer het en spesifieke roer vir spesifieke doeleindes aanskaf eerder as om een geweer met baie ladings te besit sou ek se vat die 9.3 en dan het jy 'n 7mm of .300 vir die Gemsbokke en 'n .416/.404 vir die buffels. Ek Erken tans ek is mal oor my .375 Ruger, maar sou 'n .416 meer geniet het. Ek het my moderne teleskoop afgehaal en 'n 4x40 PEcar op gesit en as ek met hom jag is dit net Sub 100m skote. In my geval sou 'n 9.3 of .416 net so goed gewerk het.

Re: 9.3x64 vs 375 Ruger

Posted: Thu May 22, 2014 10:52 am
by DWB
Tau,

Ek weet jou kop is reg aangeskroef, moenie worry :D

Die 375 Ruger met die 20" loop is net 'n bietjie beefed up 9.3 :D

Re: 9.3x64 vs 375 Ruger

Posted: Thu May 22, 2014 1:39 pm
by Louis Kriel
tau wrote: In my geval sou 'n 9.3 of .416 net so goed gewerk het.
Dis baie waar, die 9.3 gaan in die bos als doen wat die ander gunne kan doen ...en hy't homself oor en oor bewys. Soos Erik Engelbrecht in een van sy artikels geskryf het, die 9,3 is die enigste kaliber wat hy van weet wat n blouwildebees bo van sy voete af skiet!