EK het nou die dag gaan jag, BWB geskiet en volgende rondte gelaai om "follow up shot" te gee indien nodig.
Dit was toe nie nodig en ek het die geweer weer veilig gemaak. Die rondte op die regte kant was die wat ek gelaai het vir follow up. Toe ek hom uithaal het hierdie kring daarop gesit, dit was bietjie nat,maar binne sekondes het dit drooggeword. EK moet by se dat ek die geweer langs my,teen n miershoop laat regop staan terwyl ek besig was om te wag dat die BWB tot ruste moet kom.
Ek het die een toe eenkant gesit, laat die slim manne my kan se wat dit dalk kan wees.
My geweer is nie vol olie in die kamer, en nog minder in die loop
Kan dit dalk suur van die kryt wees wat agter gebly het weens nie volle ontbranding nie?
Ek luister graag

