Page 1 of 1

QL hulp asb 270

Posted: Sun May 18, 2014 7:11 pm
by Bok
Naand

Ek het iemand se hulp nodig asb om landing te ontwikkel vir my 270, ek sukkel met sy groepering.

Musgrave RSA Lyttelton 270
Hornady SST 130gr
PMP doppe
PMP magnum slag doppe
Dop lengte 64.4mm
S355 lot 009/04 2013
Loop-26''
Max tpl-85.5mm
H2O-69.2grein
Spoed-50gr 3012
-48gr 2938

Ek hoop die data is genoeg
Sal baie waardeur indien iemand my kan help.

groete

Bok

Re: QL hulp asb 270

Posted: Sun May 18, 2014 9:29 pm
by Rudie
Ek bereken hom op 52.1gr teen 3127 fps vir node 4 by 1.191ms

Re: QL hulp asb 270

Posted: Sun May 18, 2014 9:46 pm
by tripodmvr
Hiermee kalibrasie en berekening vir node 4.
Bok 270 SST 130 Kalibrasie.JPG
Bok 270 SST 130 Node 4.JPG

Re: QL hulp asb 270

Posted: Sun May 18, 2014 10:21 pm
by Rudie
Help my reg asb Tripod. Ek het my S355 volgens Somchem se nuwe inligting aangepas en die Ratio of specific heat na 1.242 toe verander soos hulle web blad dit gee.

http://www.somchemreload.com/propellants/s355

Ek het toe my kallibrasie gedoen vir die toets lading soos volg.
270 130SST.jpg

Toe het ek weer aangepas om by node te kom soos volg
270 cal.jpg

Dankie vir die hulp

Re: QL hulp asb 270

Posted: Sun May 18, 2014 10:24 pm
by Rudie
Screenshots wys nie reg nie maar ek het basies my Ratio of specific heats na 1.242 toe verander soos Somchem se lys en my BA na 0.477 verkry vanaf die toets lading. Sal kyk in die meantime wat aan gaan met die screenshots.

Re: QL hulp asb 270

Posted: Mon May 19, 2014 8:37 am
by tripodmvr
Jy moet let dat hul Heat of Explosion na 3973 verander is. Met die nuwe data kry ek nou 'n spoed van 3146vps by Node 4 en lading aangedui as 52.6gr. Ek is nou self in die war rakende dit wat ons van Somchem moet glo.

Re: QL hulp asb 270

Posted: Mon May 19, 2014 7:25 pm
by Bok
Dankie manne word opreg waardeur.

leke aand