Page 1 of 1
Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Tue Feb 15, 2011 9:06 am
by Gerard
Dikwels word die vraag gevra of 'n koeel dryfbande het en of dit gegroef is. Die definisie is eenvoudig en enige mens kan maklik tussen die twee ondeskei.
Elke geweerloop het twee dimensies as mens hom van agter of van voor af bekyk.
Daar is die deursnee van die loop van groef tot groef en die deursnee van rif tot rif.
DRYFBANDE
Indien die koeel vervaardig word sodat die romp van die koeel presies van rif tot rif pas, het dit tegnies net een dryfband agter nodig om die loop te seel en die spiraal van die loop na die koeel oor te dra as 'n draaimoment. Dit is hoe artillerie projektiele werk, waar daar nie 'n dop tersprake is nie en die koeel direk in die loop gelaai word.
Vat die dryfband weg en die koeel sal nog steeds met goeie belyning, reguit in die loop af beweeg omdat dit in kontak met die riwwe is en daardeur in lyn gehou word. In die praktyk moet 'n geweerkoeel meer dryfbande kry want daar is die oorgang van die dop na die groewe en riwwe wat geseel moet word en ook die feit dat meer as een dryfband nodig is om die koeel stewig, met goeie belyning, in die dop te hou.
GROEWE
Die meeste koeels word vervaardig word met die romp van die koeel op dieselfde deursnee as die groewe van die loop. Die riwwe van die loop sny dus in die romp van die koeel in om die spiraal van die loop aan die koeel oor te dra as 'n draaimoment. Daar is vervaardigers wat dan groewe in die romp van die koeel sny vir 'n verskeidenheid van redes. Die gemene faktor is egter dat die groewe dieper is as wat die verskil in deursnee van die riwwe en groewe van die loop is.
DIE TOETS
Daar is twee vereistes waaraan 'n koeel moet voldoen om te kwalifiseer as 'n dryfband of gegroefde koeel.
1. Van waar die koeel die eerste kontak met die riwwe en groewe maak, tot waar dit die laaste kontak maak, is die skag van die koeel. As die ingesnyde deel van die skag meer as helfte van die lengte van die skag is, is die koeel gegroef. As die ingesnyde gedeelte minder as helfte van die lengte is, is dit dryfbande. Onderskei tussen kontak met die skag en insny van die skag.
2. Indien die riwwe van die loop kontak maak met die skag van die koeel en die skag die kontak duidelik wys, sonder dat daar noemenswaardige insnyding is, is dit 'n dryfband koeel. Die koeel word in belyning gehou deur die riwwe van die loop en die dryfbande dien slegs om die loop te seel en die koeel te roteer. Neem die dryfbande weg, en die koeel bly in belyning met die loop. Indien die riwwe van die loop nie die bodem van die groewe in die koeel kan bykom nie, is die koeel gegroef. Die koeel word deur die kontak in die bodem van die loopgroewe belyn en geseel. Neem hierdie "dryfbande" weg en die koeel sal geen kontak met die loop he nie, kan dan kantel en sal sommer los deur die loop val.
DRYFBAND KOEELS
GSC
GEGROEFDE KOEELS
Northfork
Barnes TSX
Barnes TTSX
Impala

Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Wed Feb 16, 2011 11:13 pm
by Jagtersdok
Gerhard
S? asb watter koe?ls jy nou gewys het as groewe en watter dryfbande by name asb.
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Thu Feb 17, 2011 9:36 am
by Gerard
Bygevoeg.
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Thu Feb 17, 2011 9:46 am
by Rasmus
Gerhard
Ek merk dat op die Impala is net die groewe gesny en nie die skag van die koe?ls nie. Alhoewel die groewe op die Impalas groter is as die dryfdande op die GS'e.
Wat is dan die onderskeid die dikte van die dryfband of het ek nou die kat aan die stert beet?
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Thu Feb 17, 2011 10:15 am
by Beyers
Rasmus
Diepte van die dryfbande is 'n bietjie minder as die lands na groef diepte in die loop. Lyk dit my
Beyers
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Thu Feb 17, 2011 10:20 am
by Gerard
Rasmus,
Kyk weer met die volgende in gedagte.
Die groewe in die Impalas kan nie gesny wees en die res nie, want die groewe in die koeel het 'n kleiner deursnee as die riwwe van die loop.
Groewe is ingesny in die skag van die koeel en is dieper as wat die riwwe van die loop uitstaan bo die groewe van die loop.
Die skag op die GSCs is dieselfde deursnee as die riwwe van die loop en die dryfbande op die GSC staan uit van die koeelskag af, met dieselfde afstand as die diepte van die groewe van die loop.
Die GSC koeels het nie groewe nie en die Impala koeels het nie dryfbande nie.
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Thu Feb 17, 2011 10:55 am
by Rasmus
Vandaar die vraag. Dankie vir die verduideliking.
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Thu Feb 17, 2011 7:15 pm
by DawieKotze
Ek sal ook graag wil hoor!
Let wel - ons vra nie dat enige vervaardiger se produk afgekraak moet word nie.
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Thu Feb 17, 2011 7:25 pm
by Gerard
Ek het proewe gedoen met groewe en dryfbande in '95 tot '97.
Die hoof rede waarom ek besluit het op dryfbande, in plaas van groewe, was die vermindering in grafeerdruk wat dryfbande gegee het. Die voordeel is dat die koe?l minder weerstand bied teen versnelling, wanneer dit die riwwe van die loop ontmoet.
As mens dan na die drukgrafiek kyk, wat deur verskillende tipes koe?ls gemaak word, is die styging van druk met dryfband koe?ls stadiger, die grafiek se piek is verder af in die loop en die totale area onder die grafieklyn is groter. Dit volg dan dat die trompsnelheid verhoog, sonder dat die piek-drukvlak oorskry word.
Die grafeerdruk van 'n koe?l word bepaal deur die volume, treksterkte en die eienskappe van die materiaal van die koe?l, wat verplaas word deur die riwwe van die loop.
Addisionele voordele wat ook volg is:
1. Mens moet vinniger ontbrandende dryfmiddel gebruik en dit verlaag die terugskop van die geweer.
2. Daar is veel minder vibrasie (verkeerde woord maar die regte woord verg 'n lang verduideliking en ek ken net die Engelse terme) soos wat die koe?l versnel vanaf dop tot volledig in die riwwe van die loop. Mens sien dit weereens op die drukgrafiek waar gegroefde, of gladde koe?ls, met 'n saagtandlyn opskuif en dryfband koe?ls 'n feitlik gladde lyn het. Dit vereenvoudig lading ontwikkeling.
3. Die dryfbande kan gemaak word om selfs ietwat verslete lope te se?l, omdat die koe?l se skag deur die riwwe van die loop in lyn gehou word en die dryfbande die loop se?l. Met 'n gegroefde of gladde monometaal koe?l, is dit wenslik om die koe?l effens onder grootte te maak, om druk te vermy. Onder grootte koe?ls het dus twee onvermydelike eienskappe waarme druk in toom gehou word: (a) Gas kan by die koe?l verby ontsnap. (b) die volume van materiaal wat deur die riwwe van die loop verplaas word, word deur onder grootte verminder.
Tipiese grafeerdruk in lb/vk duim is soos volg:
750 tot 1000 - Koper dryfband mono koe?ls
1100 tot 1400 - Geelkoper dryfband mono koe?ls
3500 tot 4500 - Gemantelde loodkern koe?ls
4400 tot 5000 - Gegroefde koper mono koe?ls
5000 tot 5500 - Gegroefde geelkoper mono koe?ls
5000 tot 9000 - Gladde koper en geelkoper mono koe?ls
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Fri Feb 18, 2011 11:18 am
by Jagtersdok
Gerhard
baie dankie. Dit is presies hoe ek dit ook nog heeltyd gehaad het
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Fri Feb 18, 2011 12:30 pm
by Wouter Roets
Hallo Gerhard
Dankie vir die mooi verduideliking hierbo. Se bietjie vir my hoe benader die koelvervaardiger die situasie van loop/geweer vervaardigers se verskillende maniere van loop variasies. Ek aanvaar die groefdemensies is maar meestal dieselfde maar is dit ook so as dit kom by rifdemensies? Ek bedoel nou die afstand van rif na rif en groef na groef. Dan om dinge nog meer ingewikkeld te maak die afstand van die een rif na die ander een gemeet langs die groef om? Die breete van die rif en groef as jy dit so kan noem. Ek onthou Sako veral het ook met n paar interessante ontwerpe op n tyd vorendag gekom. Hoe beienvloed hierdie veranderlikes bv drukkurwes en akkuraadheid met n spesifieke koeelontwerp? Ek neem ook aan dat een ontwerp meer beeinvloedbaar sal wees as dit by hierdie verskille in lope kom?
Groetnis
Wout
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Fri Feb 18, 2011 5:33 pm
by krisie
HALLO GERHARD.
Baie dankie vir jou verduidelikking, het lank gewag vir dit . As ons nie vir jou gehad het nie.

?????????????????????!!!!!!!!!!!.
Lekker dag.
KRISIE.
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Fri Feb 18, 2011 8:25 pm
by Biltongjagter
Wouter, jy vra:
Ek aanvaar die groefdemensies is maar meestal dieselfde maar is dit ook so as dit kom by rifdemensies?
Netsoos daar CIP en SAAMI groef spesifikasies vir elke kaliber bestaan, is daar ook soortgelyke spesifikasies vir die riwwe van elke kaliber.
Op die .308W bv. is die rif spesifikasie 0.300" en groef 0.308" met standaard spiraal van 1:12".
Die aantal riwwe en groewe - of soos jy dit stel
".... die afstand van rif na rif en groef na groef" maak dus geen verskil aan die koe?l dimensies nie.
Vriend van my s? hy het 'n .375 gehad met 'micro thread' loop (nie bekend daarmee nie) - klink soos baie meer groewe en riwwe as die algemene aantal van 4 - en al wat hy weet is dat die ding veel meer geskop het as enige ander .375!!!
Gerard, kan hier meer s? oor die verskynsel in die tipe loop - dalk meer byt of dra oppervlak (bearing surface) aan die koe?l weens die groter aantal riwwe en groewe in die tipe loop, wat dit meebring.
Groete,
Koos.
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Sat Feb 19, 2011 9:06 am
by Wouter Roets
Koos
Ek het dit ook so van die afstand van rif na rif en groef na groef. My vraag gaan maar merendeels oor die breedte van die riwwe en die hoeveelheid daarvan. Dis juis daai micro tread Sako wat ek in gedagte gehad het met my skrywe. n Vriend van my het juis so n geweer. Ek dink die rede vir die erke skop gaan meer oor die kolf op daai gewere wat baie drop op die heel en comb het soos die meeste van die Sako's van daai tyd wat veroorsaak het dat hulle soos donkies skop. sako het met daai ontwerp n groot bubble gehap in my oe.
Groete
Wout
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Sun Feb 20, 2011 1:33 pm
by Gerard
Wouter,
Waar daar 'n duidelike verskil tussen die spesifikasie van dimensies is, maak ons die koe?l na gelang van die neergelegde dimensie. Kyk na die bladsy:
http://www.gsgroup.co.za/cip.html
Die 7mm groep van kalibers is verdeel tussen Europese kalibers, Amerikaanse kalibers en die wat nie kon besluit waar hulle wil wees nie, en toe binne die spesifikasie toleransies hulle eie ding gedoen het. Die toleransie wat toegelaat word deur CIP (Europa) en SAAMI (VSA) is die minimum kamerdimensies soos op die tabel, plus 30 mikron (0.030mm).
Ons vervaardig dus twee dudielike groepe 7mm koe?ls wat deur 284 en 285 nommers onderskei word. Die 6.5/264 groep is 'n kan wurms wat mens nie graag oopmaak nie.
Wanneer dit kom by slytasie van gebruik, akkomodeer ons, met die skag en dryfband dimensies op die GSC koe?ls, alles wat binne spesifikasie (plus die opwaartse toleransie) val.
Hier en daar is daar 'n kaliber wat op sy eie staan en heel gewild is. In so 'n geval maak ons koe?ls wat spesifiek aan daardie kaliber se unieke mates voldoen. 'n Voorbeeld is die 6.5x55 Sweedse Mauser.
Indien iemand 'n geweer het wat weens historiese waarde verkieslik nie herloop moet word nie, kan ons koe?ls spesifiek vir daardie geweer aanpas. Dit geld ook vir gewere wat oor grootte met pasta skoongemaak is. Daar is nie ekstra koste hieraan verbonde nie.
Ek meen ons is die enigste vervaardiger wat hierdie dinge as roetine doen.
Wanneer mens die breedte van die groewe en riwwe en die aantal daarvan in die loop bekyk, is daar ook 'n norm wat die meeste loop-vervaardigers volg. Dit word weereens in die CIP en SAAMI tabelle gevind. Dit is die 243 tabel:
Die rondte spesifikasie is die boonste tekening en die data is in die linker kolom. Die dimensies is maksimum mates met 'n afwaartse toleransie. Die onderste tekening op die tabel en die regter kolom bevat die kamer spesifikasie. Die dimensies is minimum met 'n opwaartse toleransie.
Kyk na die heel onderste spesifikasie (Q) in die regter kolom. Vir die 243 is Q = 29.25 vierkante millimeter.
In die tekening hieronder sien mens op linkerkant 'n snit deur 'n vier groef loop. Regs is 'n snit deur 'n ses groef loop. A is die boordeursnee, B is die groefdeursnee, C is die groefbreedte en D is die rifbreedte.
Die 243 Win se Q spesifikasie, verteenwoordig die totale oppervlakte van die die riwwe, afgetrek van die oppervlakte van die groefdeursnee.
Loopvervaardigers is veronderstel om Q konstant te hou deur die rif-wydte te verminder wanneer daar meer riwwe en groewe in 'n loop is.
Soms doen hulle dit nie, of dit is te veel werk om die riwwe nou te maak en die spesifikasie te behou. Wanneer Q verminder, bou die loop vinniger druk op en sal dan abnormaal laer ladings vereis en nie normale spoed gee nie.
Re: Is dit dryfbande of is dit groewe?
Posted: Sun Feb 20, 2011 1:45 pm
by Wouter Roets
Dankie Gerhard dit maak mooi sin!
Ek het al gewonder oor die goed maar nog nie regtig moeite gedoen om meer daarvan uit te vind nie. Ek het ook so vinnig gedink dat jou ontwerp hierdie verskille moontlik beter sal akkomudeer agv van die dryfbande.
Groete en nogmaals dankie vir die moeite!
Wouter