9,3x62 Ladder Test vraag

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

9,3x62 Ladder Test vraag

Post by Ruhan »

Dagse manne,

Ek het gister begin met my 9,3x62 se ladder testing en het asseblief 'n tweede opinie nodig aangaande die ladings wat ek wil kies vir die volgende fase.
Ek het skoot 1-8 op die teiken se middellyn geskiet en skoot 8-12 het ek die regtekantste twee diamante as lyn gebruik. Ek het die swart lyn bo gebruik as my horisontale lyn.
Die toetse was gedoen op 200m. Ek moet ook byse dat PMP se ProAmm baie mooi groepeer in my geweer en die spoed wat ek gister it hulle gemeet het was 2310, 2319 en 2315ft/sek.

Ek het gedink om van hier af 3 x rondtes te laai van lading 8-10 omdat hulle so naby aan mekaar groepeer.

Kaliber 9,3x62
Koeel Peregrine VRG-2
Koeel gewig 286gr
Maak Dop PMP
H2o dop 74.6
Slagdop CCIBR2
TPL 81,20mm
Magasyn kas Lengte 84mm
Loop Lengte 560mm
Kruit S335 Lot 701
Lading 1 Spoed 50,5gr - 2040
Lading 2 Spoed 51gr - 2069
Lading 3 Spoed 51,5gr - 2093
Lading 4 Spoed 52gr - 2116
Lading 5 Spoed 52,5gr - 2125
Lading 6 Spoed 53gr - 2157
Lading 7 Spoed 53,5gr - 2187
Lading 8 Spoed 54gr - 2206
Lading 9 Spoed 54,5gr - 2197
Lading 10 Spoed 55gr - 2239
Lading 11 Spoed 55,5gr - 2246
Lading 12 Spoed 56gr - 2300
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by tripodmvr »

Met QL tot ons beskikking dink ek jy mors tyd en geld met die toets wat jy nou gedoen het. Is jy seker oor die tipe en gewig van die koeël? Peregrine lys slegs die 250gr VRG2.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by Ruhan »

Doodseker. Dis beslis 'n 286gr

Sy BC is 0,284
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by tripodmvr »

Het jou node 7 bepaal op 2210vps en met 54.1gr. Jou dop is hier al klaar vol. Hierdie Lot S335 lyk eerder soos S355 as mens na die ontbranding kyk.

Die dopvolume is ook maar klein en daar is nie plek in die dop om 'n hoër spoed te kry nie.
Ruhan 9.3x62 VRG2 286gr Node 7.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by Ruhan »

Baie dankie vir die terugvoer Tripod. Dit word baie waardeer. ek sien wat jy se oor hoe QL die lewe net makliker maak.

Ek het die koeel gemeet en hy is 34.56mm en my seating depth was 15,30mm met dei ladder tests.

So basies moet ek 'n spoed van 2210 probeer kry in die omgewing van 54.1gr? Watse ladings stel jy voor probeer ek nou om groepe te skiet? Net 54.1?
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by Ruhan »

Tripod, ek was vanmiddag by die skietbaan en hier is bietie terugvoer oor die lading wat QL gegee het. Geskiet op 100m
54.1gr lading
2225 (sighter)
2219, 2231, 2194 (Groep 1) foto aangeheg
2198, 2210, 2218 (Groep 2) slegter groep

Wat sal jy voorstel as volgende stap?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by tripodmvr »

Die groep op die foto is binne MOA as dit 1 duim blokkies is. Verkort jou TPL as jy dink dit moet kleiner word en kyk wat dit maak. Ek sal met geruste hart gaan jag in die bos. Ek sou net die geweer so 1,5duim hoog laat skiet op 100m om vir verder skote te kompenseer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by Ruhan »

Ek sal my TPL met 0,20mm verminder na 81mm toe ek kyk wat die verskil is. Andersins gaan ek my spesifikasies net so los. Daai groep is meer as voldoende vir jag in die bos.
Weereens dankie vir die advies.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by Piet Pille »

hallo Ruhan,

Jou post is baie interresant. Ek het voorheen (voor ek van QL te wete gekom het) ook van die ladder test metode gebruik gemaak met goeie resultate. Dit vat ongelikkig net heelwat tyd en koeels en jy kan nie bekostig om een van die skote te trek nie.
Die belangrikste vir my het jou post egter nou weer bevestig : Dit is dat die "sweetspot" van die ladder test (rondom lading 8,9 in jou geval, maw 54.0-54.5gr) nog elke keer wat ek dit getoets het mooi saamgeval het met QL se voorspelling... Wat weereens bewys dat QL die beste uitvindsel in die skietsport is naas nitrosellulose :) ;)

Soos oom Tripod tereg sê- speel so bietjie met daai TPL met klein inkremente totdat die groepe mooi toemaak. Dan is jy op die nommer (....... todat jy weer 'n nuwe lotno kruit moet gaan koop... :P )

Groete
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by Ruhan »

Pieter, ek was ook baie ingenome oor hoe naby die ladder testing en QL se resultate was, want dis een ding om nommers te crunch maar partykeer is dit nie dieselfde in praktyk nie.

Ek gaan bietjie met die TPL speel en kyk wat ek uitgerig kry. Koeels is skaars en duur so wil nie te veel peuter nie.
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by Ruhan »

Oom Tripod, jy is 'n yster!

Ek het my TPL verkort na 81mm toe en hier is die resultaat. 10,05mm
Nou is hy reg vir die bos!

Lyk my ek gaan weer moet kyk na my 243 en 308 se ladings met die hulp van Quick Load.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by Katefbessie »

Mooi geskiet Ruhan!
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by DWB »

Dis nes die 9.3 kan doen daai!

Mooi man!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by Wouter Roets »

Hallo Ruhan

En daar gaan nog n hondjie se ogies oop! ;D Grap net ou maat. Ek wil ook darem net vir jou dankie se namens Oom Maruis dat jy teruggekom het met jou resultate. Baie van ons hier spandeer ontsaglike tyd en moeite met hierdie dinge sonder dat die persone eers die decency het om terug te kom na n persoon, goed of sleg. Hierdie is een van die redes hoekom ek nie sommer meer iemand help hiermee nie.

Wel gedaan in elk geval met die skietwerk en ek is seker die lading sal jou baie sukses in die jagveld gee. Ek moet ook darem byse dat baie van ons so bietjie die hoender sommer heel bo van die eiers afruk met die goed aangesien daai eerste probeerslag al meer as voldoende was vir bosveldjag. Daai lading was al klaar sub MOA en sou menigde bokke laat bakkie ry het. Maar soos ek kan afly is jy maar soos baie van ons waar net perfeksie al ampertjies genoeg is. ;)

Groetnis
Wouter
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

Re: 9,3x62 Ladder Test vraag

Post by Ruhan »

Wouter, dis die minste wat ek kon doen om te laat weet Oom Marius se raad het gehelp! En dis lekker om met so klein groep te kan brag. ;D
Ja, daai eerste grope sou die biltong huis toe gebring het maar die laaste resultaat stel die perfeksionis in my tevrede.
Post Reply