Springbok aanteel??
Posted: Mon Feb 14, 2011 5:49 pm
Hallo almal!
Sommer net 'n vragie wat ek wil vra om uit te vind of dit wat ek gehoor het 'n wolhaarstorie is en of daar darem bietjie waarheid insteek...
Ons het nog altyd gesukkel om ons springbokkies se getalle op te bring en toe in 2009 se winter het ons elke liewe ram in die kamp dood geskiet en 24 ooie het oorgebly. Ons koop toe 2 ramme en 2 ooie by 'n man wat gevang het! TAG die bokke en na die 1ste lamseisoen is daar sommer 45 bokke in die kamp! Daarna tot nou toe was die aanteel minder en minder. Daar nou maar net 56 bokke en ons nog nie een keer geskiet nie. Die jakkies is ook redelik onder beheer want ek hou my oge op die grond en roep en try dood maak sodra ek sien vlekkie kom maak draaie.
Nou hoor ek die rede omdat hulle in jaar 1 so goed aangeteel het is omdat die ooie bedreig gevoel het en meer in die trop gevat het nadat ons so kwaai onder hulle geskiet het... en die rede hoekom die aanteel nou so traag is, is omdat hulle nie bedreig voel nie??
Kan dit wees of is dit maar 'n kombinasie van droogte en slegte ramme??
Groetnis
Ponkie