"Platskiet en hard slaan?"
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
"Platskiet en hard slaan?"
Dagsê.
Die volgende senario speel hom voor my af in ons plaaslike CNA voor die tydskrifrak.
Twee studente staan en blaai deur die jagtydskrifte en gesels hardop oor die artikels wat hul betrag. Aan die aksente hoor ek duidelik dat die knape op rooivleis en kalahari-sand groot geword het. Die twee ken mekaar duidelik al jare, maar vertel vir mekaar asof hulle nou net aan mekaar voorgestel is. Kyk, hulle skiet net kopskote en ook net verder as 250m. As die bok nader staan "rev" hul die Cruiser sodat die bok kan draf tot waar hulle gemaklik voel. Jong, hulle skiet net ligte punte en 'n plat kaliber en daar moet darem 'n 100 springbokke tussen hulle oor 'n naweek val, anders is Pa moerig, want diesel is duur.
Ek staan nader en stel my self voor, want ek is duidelik hier in die teenwoordigheid van twee ervare jagters en nog 'n kontak of twee in die "diep-suide-noord-van-die-Oranje" is nie te versmaai nie.
Manne, nou watter kaliber gebruik julle daar in die "rooi-wereld"?
"Net 308's, Oom". Dadelik is ek self moerig! Nie oor die "Oom" nie, maar oor my seepbel gebars is. "En watter koeël" skiet julle?" "155gr, Oom.
Bid dit jou aan; bou nou 'n nasie. Ek hoop maar met die dosente op Stellenbosch het baie wysheid in pag, want die twee knape se logika sal my tot drank dryf.
Met díe lang aanloop is my eerlike vraag aan julle?
Wat beskou julle as 'n platskiet kaliber en hoekom is baie jagters so behep daarmee?
My tweede vraag is, hoekom wil jy 'n kaliber in die bos hê wat hard kan slaan, sodat jy nie kwes nie?
Groetnis

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Nou wag ek in spanning.....hoe ver was Dawid van Goliat af toe hy hom met die kettie voor die kop geskiet het?
"Staan bietjie tru jong, die klip moet eers spoed optel!"

-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Gawie, ek dink ouens het behep geraak met "platskiet" kalibers, sodat hulle "dood kan vat" van 75m tot 350 "tree".... Ek dink hier veral aan die 270 en die wonderlike "trippel twee vyftig".....
Aim small, miss small
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
platskieters vir my is goed soos die 22-250, 6.5mm creedmoore, 7mm rem mag, 300 win mag, 338 lapua ens.
- Doomslayer
- Full Member

- Posts: 196
- Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Lol - ek het al in Namibie gaan jag. Daar het hulle sommer ou weermagsurplus full metal jacket .308 patrone gebruik in ou RSA "plankgeweer". Om te maak dat die koeël darem bietjie expand het hulle die eerste twee millimeter of so van die punt voor sommer op die bench grinder afgegrind.....
.
Ook net kopskote geskiet met daardie ammo...

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Julle het almal weer die kat aan die stert beet!
Eerstens dink ek daai manne het verstand om 'n .308 te gebruik.
Tweedens, soek hulle 'n platskieter. Nou wonder ek wat doen die 308's? Dit skiet 100 kopskoot-bokke tussen twee van hulle oor 'n naweek.
Smaak my hulle het die ding wat hulle soek - 'n ding wat die wild plat skiet?

Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
ek dink mens moet eerder hul opvoeding blameer en dalk kyk na wat hul pa's hulle wys gemaak het. nie al ons kinders kry die regte lewensmedisyne nie en hul oogklappe sal nog afval na die Stellenbosh jare.
Ek het ook vir die begin tussen die rooiduine gesukkel met 308 en 125gr punte. Nou ja, die skippie kom toe verby met n 25-06. Vroulief blaas op en die trajek blaas af.
Die 308 gaan nog altyd saam vir back up, maar jy moet jou geweer ken en die boog mooi verstaan.
Doomslayer is reg met ons Namprobleem. Kan ook getuig van die styl. Gelukkig het ek darem een ou al sover om te herlaai. En dis al groot manne wat Stellenbosh gemis het. Nou hoe lyk hul kinders se opvoeding.
Ons bydrae tot opvoedkunde op die gebied van skiet, jag en herlaai moet nog ver loop om baie dinge in regte perspektief te kry.

Groete, Willie
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Stem saam oor die opvoeding en blootstelling rakende kalibers en ammunisie. Ek bv moes alles doen met n 270 en sy 'platskiet' tasco 4x40. Niemand kon my oortuig van beter nie. Vandag nog baie lief vir daar 270 en skiet nog baie met hom, maar hy is ge'upgrade' met toerusting, koele, ens. En nuwe kalibers is bygevoeg.
Hopelik bly daai manne nie eiewys nie, maar honger vir inligting van 'n wereld waarin jy elke dag ietsie byleer en sien hoe min jy rerig weet.

- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Laas toe ek gekyk het het my 308 valplate bokke ens plat geskiet wat voorgekom het.
Laat my dink aan die oom wat altyd jag stories gepraat het toe ek nog kind was. Hy het eenkeer vertel hoe sy Lee metford kan ver en plat skiet. Vertel hy dat hy 'n duiker geskiet het wat so ver was dat hy agter die blad gemik het en geskiet het en die roer teen 'n boom staangemaak het toe tref die koeel eers die bok. Nodeloos om te se die oom het ook NOOIT gekwes nie.
Om jou vrae te antwoord.
Platskiet kaliber is die oom se Lee Metford
Tweede vraag sou die oom gevra het wat is kwes want hy ken nie van so iets nie.

Maak 'n verskil
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Ek hel al op twee plase gejag in Namibie waar die ouens 8x68 S gebruik het. Die jonger manne op beide plase het daai kaliber aanbid. Die een weet ek was toegerus met n S&B 6x42 want n 6x is vir ver skiet!
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Ek dink die mite van "platskiet" het ontstaan toe ons ou volkie oorgeslaan het van eers die voorlaaier, Martini en die 45-loodkoeels na die 7x57 en 303. Dit moes werklik nuwe werelde vir hulle oop gemaak het wat "platskiet" aanbetref.
Oupa en Pa se stories is mos waar dus het die kalibers platskieters gebly
My raad is om nie met manne soos die twee knape te redeneer nie. Nooi hulle net vir 'n veldskiet- of gong-kompetisie. Vertel hulle die ouens in die stad kan mos nie soos hulle plaasmanne skiet nie en daar is lekker pryse te wen.

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
As jy met 'n .308 100 bokke 'n naweek kopskote skiet het jy niks meer nodig nie. Hulle mag miskien nie kalibers ken nie maar hulle kan wragtig skiet.
Baie ander ouens is opgevoed in kaliberkeuse, maar hulle kan nie skiet nie.

Jonie
- Full Member

- Posts: 229
- Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Manne gaan die post so bietjie hi Jack, gaan jag jare terug daar by n oom in Aroab omgewing, moet Springbooke en Gemsbokke skiet , ek en my broer is opgeleide ph en ons altwee neem elke jaar redelik baie jagters uit, so ons agtergrond is darem nie heeltemal die van n leek nie, die oom laat kom toe sy seun al die pad van Mariental of so iets om te kom help as ons aanjaag met die skietery, elk geval aand voor die skiet vra ons die seun hoe ver skiet julle hier, , hy antwoord, niks onder 450 meter nie, ons skrik ons boeglam en se sommer duidelik ons is net gemaklik tot so 300m , nee se hy dit gaan nie werk nie, ons sal eers moet inskiet op 25 meter, stel 2 duim hoog en dan is ons reg tot 400 meter, elk geval ons skiet in maar stel niks want wapens is op kol en scope se merkies tot 300m is reeds vorige dag daar naby getoets.
Ons ry toe veld toe en soos die geluk wou he ry ons nie saam met die oom se seun nie, maar saam met oom, ons skiet toe gemsies en springbokke, volgende dag ry ons saam met die seun, ons sien toe gemsies en ek vra hom hoe ver is dit soontoe , hy antwoord heel oortuigend dis 480 meter, ek neem range finder en meet 276 meter. Ek se toe vir hom dis net sover hy wou my amper wejaaag want hy weet hoe ver bokke staan en skiet sy lewe lank al op daai afstande en my rangefinder ( Leica) is gemors, hier kan jy nie met sulke goed jag nie want die sand afekteer die afstand. Nou ja in kort is daar 9 gemsbooke en 8 spring bokke geskiet almal op" daai 450 meter" skote van hom.
Party mense sal en kan jy nooit iets vertel of leer nie.
Jammer post ge hijack ,maar dink dit pas nogal.

.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Mooi storie Jonie.
Ja, Leica's trust ek ook nie.
Waarmee het julle geskiety?
Ja, Leica's trust ek ook nie.
Waarmee het julle geskiety?
-
Jonie
- Full Member

- Posts: 229
- Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Oom PW
Ek met 30-06 150 gn ineterbonds en met my 25-06 met 100gn punte , kan nie meer onthou watse maak, broer met 300win mag 180punte , kan nie onthou watter soort
Ek met 30-06 150 gn ineterbonds en met my 25-06 met 100gn punte , kan nie meer onthou watse maak, broer met 300win mag 180punte , kan nie onthou watter soort
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Oom vertrou ook niks wat Oom nie self besit nie 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
As ek deur my Nikon kyk is die "Oom" net 25 jaar oud!Gawie(7mm) wrote:Oom vertrou ook niks wat Oom nie self besit nie
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Jy moet voorentoe kyk maat, nie terug in tyd nie. Oom Pieter is so oud jy sal 'n 60MOA rail moet opsit om sy ouderdom reg te kyk met daai glase van jouwlm wrote:As ek deur my Nikon kyk is die "Oom" net 25 jaar oud!Gawie(7mm) wrote:Oom vertrou ook niks wat Oom nie self besit nie
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Grapjasse wat geen respekte betoon nie!.Gawie(7mm) wrote:Jy moet voorentoe kyk maat, nie terug in tyd nie. Oom Pieter is so oud jy sal 'n 60MOA rail moet opsit om sy ouderdom reg te kyk met daai glase van jouwlm wrote:As ek deur my Nikon kyk is die "Oom" net 25 jaar oud!Gawie(7mm) wrote:Oom vertrou ook niks wat Oom nie self besit nie
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Wonder of die oom sal omgee as ek my range finder vir 'n paar jong meisies in die Paarl leen om die Oom bietjie te bekyk?
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Ons moet oppas. Gerrie Nel maak net klaar met Petoorsie se saak dan konfabileer hy en Oom Pieter oor hoe hulle twee ons aan ons klokke gaan ophangwlm wrote:Wonder of die oom sal omgee as ek my range finder vir 'n paar jong meisies in die Paarl leen om die Oom bietjie te bekyk?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Gawie
Dit sal maar 'n hoe boom moet wees. Ek is ook al op die ouderdom waar ek in die bad sit en die waslap optel net om agter te kom dit is my eie sak.
Dit sal maar 'n hoe boom moet wees. Ek is ook al op die ouderdom waar ek in die bad sit en die waslap optel net om agter te kom dit is my eie sak.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
"Brag" jy nou of moet ons jou nou jammer kry?wlm wrote:Gawie
Dit sal maar 'n hoe boom moet wees. Ek is ook al op die ouderdom waar ek in die bad sit en die waslap optel net om agter te kom dit is my eie sak.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
Ek praat van die sak nie die kierie nie.
-
Jonie
- Full Member

- Posts: 229
- Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Re: "Platskiet en hard slaan?"
WLM
As die sak dryf , dan is dit te laat en al wat nou gebeur is jy pie pie jou voete raak.
groete