Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Andy hulle het nog een uit in die African model nie.
Eks seker een of ander tyd sal hy uitkom en prys is baises dierelfde.
Ek hou nou weer van die sintetiese kolf omdat hy gaan werk en nie omgee vir krappe water ens.
Dit gaan backup vir my speel en sal wil kyk of ek dit dan met 450gr punte kan laai teen 2200 fps.
Recoil pla nie as daar iets op jou afkom nie glo my
Jammer maar hulle het een, hy wys net in die katalogus. Dit is natuurlik my droom geweer, ongelukkig het ek 'n .375 ruger reeds gekoop. So sal hom eendag koop as ek geld het wat in die kluis kan mooi lyk vir spesiale geleenthede.
Het ongelukkig nie nou die katalogus by my nie maar as ek reg onthou was hy om en by $2500. Dit lyk soos 'n custom. Sal die katalogus scan en vir jou post sodra ek tuis is.
Groete
Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
Freek
Ek het met een geskiet van n ou wat hier gekoop het. Die geweer skiet baie lekker so standaard en daai kolf is n droom. Ek het n 243 AI in die tactical wat basies dieselfde kolf op het en is baie tevrede. Daardie Hogue recoilpad werk bitter goed en die geweer sal n uitstekende backup geweer uitmaak. Moet nou net nie Impala's gaan staan en laai in hom nie!
Ons het nie spoed wat ons verwag en gehoop het uit hom kon kry nie. Maar as jy in ag neem dat die werklike snelhede uit die 416 Rigby in die orde van 2200ft/sek met n 400gr koeel was is dit al waarvoor jy moet soek. Die 450gr koeels gaan jou dopkapasiteit probleme gee en die spoed gaan lei daaronder. Bly by die 400gr teen 2200ft/sek en jy sal baie happy wees.
Groetnis
Wout
Ek sal maar moet wag tot daar een in n loting kom dat ek n karrkie kan koop en lippe vasbyt dat ek hom wen. Baie mooi en vir n werk geweer sal ek ook eerder sinteties vat maar anders so Afican model kan mos net beter jag drome uitbring.
Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time "SPEED KILLS"