Page 1 of 1

6.5 Creedmore

Posted: Sun Feb 13, 2011 10:07 pm
by Wouter Roets
Hallo Almal

Het enige van julle al ondervinding met die 6.5Creedmore of mense wat julle ken wat het? Ek het sy gegewens met n 28 duim loop so bietjie deur Quick Load gehardloop en dit lyk baie belowend. Ek kyk na die Ruger Target wat hom standaard uitbring en aangesien ek nie n 6.5mm besit nie lyk dit nogal na n goeie keuse.
Groete
Wout

Re: 6.5 Creedmore

Posted: Sun Feb 13, 2011 11:35 pm
by Francois Marais
Wout

Ek het ook na een gekyk toe ek na die 6.5's beginne loer het, op daardie stadium was daar geen fabrieks gewere beskikbaar hier by ons nie, en ek het met Creedmore self ook gepraat wat nie n reamer wou beskikbaar stel nie.

Net goeie goed gelees, baie akkuraat en potent.

Mooi loop
Francois

Re: 6.5 Creedmore

Posted: Mon Feb 14, 2011 12:14 am
by Wouter Roets
Francois

Ek dink ook baie van die kaliber en soek juis iets besonders sonder dat ek te veel daaraan moet karring en hier val hy nogal in n Ruger so reg in my skoot! Sal net graag wil hoor hoe presteer hy met ons poeiers maar ek kan nie sien dat daar n probleem sal wees nie. Met S365 op 120gr en op lyk hy regtig goed. Goeie dopfulling en spoed/drukvlakke.

Groete
Wout