.223 wys gou druk voor maks lading
-
pikkewyn
- Newbie

- Posts: 33
- Joined: Thu Jul 04, 2013 1:26 pm
.223 wys gou druk voor maks lading
Hallo mede jagters/herlaaiers. Ek het 'n probleempie waarvoor ek raad nodig het. Ek is besig om 'n lading te ontwikkel vir my .223 en hornady 55gr sp varmint koeels, nou ek weet dat die geweer 'n stywe kamer het maar ek kry druk tekens van 24.3gr s321 (gem. 3134fps) af en beste groep is op 25gr (gem. 3276fps) maar dan het ek al ''pierced'' primers en maks spoed van 3292fps. kan jul my dalk help met advies vir my probleem. Ek luister.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
Watter geweer, looplengte, soort op en primers? Gee soveel inligting as moontlik - TPL (maksimum sowel as soos geskiet)
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
pikkewyn,
Jy sê die geweer het 'n stywe kamer
Vat al jou gevuurde doppe voordat jy hulle weer deur die matrys druk en druk 'n koeël agterstevoor in die bek in, en kyk of die doppe met ge "pierced" de primers nie die koeël stywer vashou nie. Kan wees dat jou doppe se nekwand diktes nie almal eweredig is nie, party is miskien te dik wat dan nie toelaat dat die dopnek die koeël ordentlik los (agv van stywe kamer dimensies) as jy die patroon afvuur nie, met gevolglike hoër druk en die slagdop probleem.
As dit wel die geval is moet daai doppe se nekke geskil word.

Ek het vroeer hier probeer antwoord maar lyk my dit het nie geplaas nie. inligting soos volg: Die geweer is 'n Howa m1500 .223rem standaard loop. Loop lengte soos gemeet 21.8'' (557mm). Koeel is Hornady 55gr sp en maks tpl vir die koeel is 56.3mm en het al gelaai en getoets teen 55mm, 55.8mm en 56mm. Primers is Fiocchi 150 small rifle. Doppe is pmp en ppu met gemiddelde h20 kapasiteit van 29.73gr. Dryfmiddel is s321 lot 234. die eerste lading wat druk begin wys het was 24.3gr s321 met tpl van 55mm. spoed 1)3144 2)3122 3)3137 fps. wat vir my ook baie na vore gekom het was dat met dieselfde lading van 24.3gr en tpl van 55.8mm die spoed toegeneem het na 1)3220 2)3220 3)3205 fps. dalk doen ek hier iets verkeerd. met vorige koeels (nosler shots) het ek geen probleme gehad nie en so ook nie met my ander kalibers nie.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
Ek sien jy noem die TPL as 56.3 Is dit met Hornady se 55gr SP so gemeet of is dit 'n waarde wat jy êrens gekry het??
Jou sprong het met 0.8mm gekrimp van die een lengte na die volgende. Hoe nader jy aan die lande kom hoe meer klim die druk. Ek is net bang dat daar dalkêrens meet fout ingesluip het en dat daai 55.8mm patroon of baie na aan die lande is of selfs raak.
2 slim manne het jou reeds geantwoord. Kom ons sien wat is hul opinie.
Jou sprong het met 0.8mm gekrimp van die een lengte na die volgende. Hoe nader jy aan die lande kom hoe meer klim die druk. Ek is net bang dat daar dalkêrens meet fout ingesluip het en dat daai 55.8mm patroon of baie na aan die lande is of selfs raak.
2 slim manne het jou reeds geantwoord. Kom ons sien wat is hul opinie.
-
pikkewyn
- Newbie

- Posts: 33
- Joined: Thu Jul 04, 2013 1:26 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
hi ja die 56.3 is gemeet. ek moes dit anders gestel het en eerder gese dat dit tot teen die lande is en dat 55.8 0,5mm sprong het na lande. sal dit ook die hoer spoed veroorsaak as ek nader aan die lande is. my tpl van 55 is 1.3mm van lande af, sal dit ook nog te naby wees of nie?
-
pikkewyn
- Newbie

- Posts: 33
- Joined: Thu Jul 04, 2013 1:26 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
Hi Thomast, ek sal jou raad probeer sodra ek los tydjie het, maar el twyfel of dit die nekke se diktes sal wees. Dieselfde doppe is as fabrieks ammo uitgeskiet met my geweer en toe weer gelaai met 55gr Nosler Shots en 25.5gr van dieselfde blik s321 en het geen probleem daarmee gehad nie. Spoed en druk is heelwat laer gewees teen 1)3220 2)3197 3)3174 4)3259.
-
pikkewyn
- Newbie

- Posts: 33
- Joined: Thu Jul 04, 2013 1:26 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
Gegewe die inligting hierbo, wil ek vra of een van die mense met QL net vir my die druk kan bereken. Die lading wat ek wil gebruik is 24.6gr s321 lot 234, tpl 55mm, h2o is 29.73gr dop kapasiteit. Spoed is 3200fps uit 21.8'' loop en groepering van 18mm op 100m. Daar is druk tekens op die slagdop maar die slot maak nog maklik (selde soos met ander reondtes) oop.
baie dankie vir die hulp en raad sover.
baie dankie vir die hulp en raad sover.
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
pikkewyn, is al die doppe se vlam gaatjjies ("Flashhole") dieselfde grootes?
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
Die gegewens wat ek vir jou kry met die nuutste info wat op Somchem se webtuiste is vir S321 is die volgende.
Druk is by 54 000 psi wat onder die 62 366 psi spec is
Barrel time is op .940 en jou node is .930 so jy is amper op hom as jy wil kan jy met 24.8 uit kom by 3230 fps
Hierdie lading lyk vir my goed.
Druk is by 54 000 psi wat onder die 62 366 psi spec is
Barrel time is op .940 en jou node is .930 so jy is amper op hom as jy wil kan jy met 24.8 uit kom by 3230 fps
Hierdie lading lyk vir my goed.
-
pikkewyn
- Newbie

- Posts: 33
- Joined: Thu Jul 04, 2013 1:26 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
Rudie, baie dankie en jammer ek kom nou eers hier terug maar ek was uitstedig met werk. dit maak my baie meer gerus ek gaan weer 24.6gr laai en spoed bevestig asook dan 24.8 ek kyk wat hy maak. ek laatweet weer sodra ek getoets het. nogmaals dankie vir almal se insette.
-
pikkewyn
- Newbie

- Posts: 33
- Joined: Thu Jul 04, 2013 1:26 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
thomas ek gaan dit vir jou moet kyk. is daar 'n manier om dit vas te stel met vernier of het ek spesiale tool nodig?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
Pikkewyn, ek dink jou probleme is met die TPL. Ek het nog altyd met die skoonmaakstok metode gewerk en 1mm van daardie waarde terug gekom. Met 'n "comparator" verkry mens akkurater lesings en dan verstellings ook.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
Nou dat jy dit noem Ludwig. Ek het dit self gedoen en al daarvan vergeet. Klein waster binne om die slagpen gesit wat dit dan effektiewelik verkort het. Alzies kom kuier by my.
Dankie vir die herinnering.
Dankie vir die herinnering.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
My neukery aanvanklik was om "goedkoop" PMP ammo te koop. Winchester, Sakoen Federal het nie probleme gegee nie, maar slagpen het vir my baie uitgesteek en daarom het ek dit verkort. Nou baie Sako ammo uitgeskiet om doppe te kry en baie goeie akkuraatheid en geen slagdoppe wat gepriem is nie. Wou nie leer nie en koop toe weer PMP. Probleemweer terug en spoed van 3300vps en hoër. Sal maar die laastes se koeëls trek en lading verminder.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
pikkewyn
- Newbie

- Posts: 33
- Joined: Thu Jul 04, 2013 1:26 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
ek gaan die slagpen se uitsteek meet en terugvoer gee.
-
pikkewyn
- Newbie

- Posts: 33
- Joined: Thu Jul 04, 2013 1:26 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
Terugvoer: ek het slagpen uitgehaal en gesien als is skoon en punt is mooi rond en nerens n teken van skade nie. Wanneer hy by gaatjie uitsteek meet hy 0.038''. Ek het hom met vernier se diepte staaf gemeet op die gesig en op die pen en die twee waardes van mekaar afgetrek. Het ek hom reg gemeet so?
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: .223 wys gou druk voor maks lading
ñ pel van my het presies dieselfde 223 as joune, weet almal se kamers stem nie presies ooreen nie, maar sy tpl maak hy altyd standaard soos deur somchem aangegee en hy skiet baie akkuraat, sy kamer is groter as myne - ek het cz 223 en ek wil ook maar naby lande laai, miskien hou joune van ñ jump na die lande en kom jou druk nog af ook.
moet net byvoeg ons altwee gebruik pmp doppe met geen maar geen probleem.