Page 1 of 1
Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 8:35 am
by Wismit
Goeie dag menere,
aan die een kant het ek my 308 Howa met 150gr Barns TTSX, en aan die ander kant het ek die meneertjie.
Sal dit werk? of het jul enige ander voorstel?
W.S
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 8:41 am
by Geno
Dreun hom, hy sal verseker werk!
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 8:47 am
by Carel Kolesky
Vermy net die groot bladbene-hy hou nie op hardloop as hy eers begin!
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 8:48 am
by VdWalt
Neem net mooi fotos na die tyd.
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 8:51 am
by Frederik
Stoot daardie kooeltjie deur hom jy moet net genoeg spoed agter hom sit.
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 8:55 am
by tripodmvr
Het alreeds so een laat bakkie ry met 150 TSX uit my 30-06. Daar was genoeg penetrasie om op die dwarsste deur te geskiet het.
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 9:02 am
by Reggie Gerber
Al waaroor jy moet stess is wat se biltong resep om te gebruik

Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 9:59 am
by FCLoretz
Gooi lood, of te wel koper in die geval. As jou skoot plasing reg is gaan die TTSX sy kant bring
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 10:59 am
by Wismit
Dankie julle almal, ek sal kom terug rapporteer.
W.S
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 12:02 pm
by tau
Die TTSX expand nie altyd lekker as jy nie iets soos 'n rib of blad been tref nie, dan raak hy amper 'n solid en as jy nie vitals tref nie hol daai groot dier net vergenoeg om te verdwyn. Skiet sy diff onder hom uit met daai TTSX as jy bang is hy sal dit vat en die Eland mooi neersit.
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 12:04 pm
by tau
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 12:44 pm
by FCLoretz
tau wrote:Die TTSX expand nie altyd lekker as jy nie iets soos 'n rib of blad been tref nie, dan raak hy amper 'n solid en as jy nie vitals tref nie hol daai groot dier net vergenoeg om te verdwyn. Skiet sy diff onder hom uit met daai TTSX as jy bang is hy sal dit vat en die Eland mooi neersit.
Tau,
Het dit nie ook te doen met spoed wat dalk te laag is nie? Die mono koeels hou van bietjie spoed om expnasion aan te help?
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 1:10 pm
by Wismit
FCLoretz wrote:Het dit nie ook te doen met spoed wat dalk te laag is nie? Die mono koeels hou van bietjie spoed om expnasion aan te help?
Enige voorstel van die spoed waar teen ek hom moet gooi?
W.S
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 1:13 pm
by FCLoretz
WS,
Ek dink so 2800fps? behoort mooi te werk, Maar die beste is om vir oom Marius te vra en met QL 'n mooi node te kry.
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 1:30 pm
by Wismit
Maak so - dankie
W.S
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 2:53 pm
by tau
FCLoretz wrote:tau wrote:Die TTSX expand nie altyd lekker as jy nie iets soos 'n rib of blad been tref nie, dan raak hy amper 'n solid en as jy nie vitals tref nie hol daai groot dier net vergenoeg om te verdwyn. Skiet sy diff onder hom uit met daai TTSX as jy bang is hy sal dit vat en die Eland mooi neersit.
Tau,
Het dit nie ook te doen met spoed wat dalk te laag is nie? Die mono koeels hou van bietjie spoed om expnasion aan te help?
Ek skiet hulle teen 2880 fps. Ek dink hulle werk goed en as jy die merk slaan sal die koeel sy deel doel. Ek waarsku net teen skote wat te ver terug is en nie vitals of iets hard slaan nie, dan sal hy soos 'n solid reageer. Onthou die goed is ontwerp met trofee jag in gedagte waar jy die dier se diff onder hom uitskiet. Eland soek net 'n lekker morsige hart/long skoot dan sal hy val hy is nie so taai nie, tensy jy pens skiet of bene of bekke afskiet dan gaan jy plaas kyk.
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 3:27 pm
by Wismit
So as ek die Koeel teen 2850 f/ps stuur en hy tref op die swart kolletjie, gaan hy lĂȘ?
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 3:32 pm
by FCLoretz
Ek glo hy sal bakkie ry na daai skoot.
Re: Sal die kombinasie werk?
Posted: Tue May 06, 2014 4:07 pm
by tau
Daar mis jy net die groot bene en sal 'n RWS TUG koeel hom dood skiet
