Page 1 of 1

Oos Kaap Provincial Office!!! ¥®€£#&*!!!!!

Posted: Mon May 05, 2014 3:45 pm
by Jono PE
Ek is nou so be#¿¥.
My aansoek le nou al vir meer as n maand by my Provincial Office!
My DFO is besig met verkiesing goete.
Die manne wat jul roere by Hunt-EX gekoop het gaan dit nog voor my he!!!!

Ek would net so klein bietjie vent.

Terwyl ek nou aan die skryf is. Wat sal julle voorstel vir n nie tesleg verkyker?
Ek wil dit net duidelik maak, my van is nie Rupert of Zuma nie.
Ek gaan hom gebruik vir jag, maar ek jag nie meer as 5 keer n jaar nie.
Hy moet darm nou nie China Special wees nie.
Op die stadium het ek nog nie n budget in gedagte nie, maar glo my Dis beslis nie R15000 nie. Ek gaan selfs hard sluk aan iets van R5000.00.

Leker dag mense. Ek voel nou beter

Jonathan

Re: Oos Kaap Provincial Office!!! ¥®€£#&*!!!!!

Posted: Mon May 05, 2014 4:15 pm
by tripodmvr
Ek het by Suburban Guns vir my 'n sakgrootte 10x25 Hawke verkyker gekoop en hy is baie helderder as 'n 8x25 Tasco wat ons hom Saterdag mee vergelyk het. Ek verkies die' grootte vir jag - lig om te dra en pas in my hempsak waar ek hom vinnig kan gebruik.

As jy groter verkies het Lynx midi groottes by Huntex gehad - het self netjies gelyk. Rudolph en Nikon is ander opsies.

Re: Oos Kaap Provincial Office!!! ¥®€£#&*!!!!!

Posted: Mon May 05, 2014 5:34 pm
by mariusr
Nikon gaan verseker nie jou sak ruk nie en die glas is baie beter as daai china goed!

Re: Oos Kaap Provincial Office!!! ¥®€£#&*!!!!!

Posted: Mon May 05, 2014 9:00 pm
by Frikkie Coetzee
Jono. Op daai budget stel ek voor jy kyk na die Vortex Diamondback. Baie goed. Ek het die Viper HD en het n paar van die Diamondbacks al verkoop aan vriende. Jy sal niespyt wees nie.

Re: Oos Kaap Provincial Office!!! ¥®€£#&*!!!!!

Posted: Tue May 06, 2014 11:04 am
by JPS
Jono,

Ek het vir my die Rudolph verkyker gekoop en kans gehad om hom die Naweek te toets. Vir onder R3000 is die verkyker regtig indrukwekkend.

Mooiloop