Page 1 of 1

Vrystaat jag lisensie

Posted: Mon May 05, 2014 1:00 am
by NicoSmit
Wil graag hoor as ek op 'n jag plaas in die Vrystaat gaan jag moet ek steeds 'n jag lisensie hĂȘ? Enige ander permitte as jy 'n Swartwildebees jag of werk dit dieselfde as Limpopo dat brief van plaas genoeg is.

Re: Vrystaat jag lisensie

Posted: Mon May 05, 2014 1:07 am
by NicoSmit
toemaar oom Google het my gehelp maar wat van SWB enige permitte vir hom nodig

Re: Vrystaat jag lisensie

Posted: Mon May 05, 2014 6:42 am
by tripodmvr
Jaglisensie is nodig vir alle jag in die Vrystaat. Maak net seker wat die TOPS regulasies spesifiseer. Die boere is nie altyd vertroud met die' wetgewing nie.

Re: Vrystaat jag lisensie

Posted: Mon May 05, 2014 6:48 am
by mariusr
NicoSmit wrote:toemaar oom Google het my gehelp maar wat van SWB enige permitte vir hom nodig
Ja SWB het jy spesiale permit nodig om te jag en te vervoer!

Re: Vrystaat jag lisensie

Posted: Mon May 05, 2014 8:49 am
by jamalley
Die plaas waarop jy die SWB jag moet 'n TOPS Permit vir die jag daarvan kry en saam met jou verwyderings 'n afskrif van hulle TOPS Permit gee.

Re: Vrystaat jag lisensie

Posted: Tue May 13, 2014 10:24 am
by Gernie
Geld dieselfde vir Oop plase met trek wild? Wat van vlakvark?

Re: Vrystaat jag lisensie

Posted: Tue May 13, 2014 10:26 am
by Johnnie De Wet
Jy mag in die Vrystaat vlakvark skiet sonder n jag lisensie. So ook ystervark, rooikat en jakkals.

Re: Vrystaat jag lisensie

Posted: Tue May 13, 2014 11:02 am
by Gernie
Johnnie De Wet wrote:Jy mag in die Vrystaat vlakvark skiet sonder n jag lisensie. So ook ystervark, rooikat en jakkals.
Dankie baie. Mag jy ook vlakvark vervoer na Gauteng?