Page 1 of 1

Rotte

Posted: Sun May 04, 2014 9:52 pm
by grumpy
Ek soek raad om rotte uit karre se enjins uit te hou want hulle vreet die drade af. Nie by my nie maar by vriende. Ek vermoed hulle is agter die hitte aan en dan vreet hulle die drade af.

Hoe kan hulle ontslae raak van die rotte? Daar is honde en katte so gif is moeilik.

Re: Rotte

Posted: Sun May 04, 2014 10:00 pm
by HennieC
Vat 'n mot bolletjie en breuk hom in stukkies en sit agter die ligte in op die body.
Moenie op die enjin sit nie want as hy warm word gaan die mense nie kan leef in die motor nie.
Trap so paar mot bolletjies stukkend waar die voertuig parkeer word die reuk is te sterk vir rotte en muise.
Dit werk in plafonne van huise ook om rotte uit te hou.

Re: Rotte

Posted: Sun May 04, 2014 10:40 pm
by Johan Nel
Grumpy op die plaas waar ons ook so 'n probleem het, staan die voertuig se enjinkap snags opgeslaan (oop). Voertuie staan in 'n werkswinkel en garage. Ek het ook advies gekry om die enjinkompartement met kragparafien te verf want dit sou glo die rotte verdryf. Ek weet nie of dit waar is nie, het dit nie probeer nie. Wat gif betref waar daar ook ander diere is, gebruik stukke pyp (pvc of poli pyp in stukke gesny en plaas die gif daar binne. Die pype se diameter is in verhouding tot die plaagdier (50mm werk goed) en word ook geplaas waar die ander diere nie kan bykom nie. Ek het nog nie 'n hond of kat verloor aan vergiftiging nie. Het ook nog nie gekry dat diere vrek omdat hulle 'n vergiftigde rot gevreet het nie. Kry ook rot gif wat veilig is vir ander diere tov sekondere vergiftiging.

Re: Rotte

Posted: Sun Jun 29, 2014 10:09 pm
by deon762
Hoekom sit jy nie net n uil nes kas op nie

Re: Rotte

Posted: Tue Jul 15, 2014 12:38 pm
by Ratel
Daai uil nes kas werk goed. Ek het een gebou en in die stoor teen een van die dwarsbalke vasgemaak om die rotte te karnuffel wat die trekkers se drade afknaag. Die uile het vir die eerste jaar nie ingegaan nie maar hierdie jaar toe sien ek 'n paar nonnetjies uile het hulle intrek geneem. Kan nie wag vir die eerste kuikens nie. Die rotte is definitief minder. Die stoorkat bring darem sy deel ook.

Re: Rotte

Posted: Mon Oct 27, 2014 8:37 am
by Ratel
Hier is 'n foto van die uil hok en die 4 nuwelinge wat uitgebroei het in die hok. Dit het 'n rukkie geneem voor die uile die hok gewoond geraak het en ingetrek het.

Re: Rotte

Posted: Mon Oct 27, 2014 8:49 am
by Capt. Yoda
Dink ek gaan die week vir my n hok/nes op sit.Hopelik is daai uil gesin ook lus vir bq tarentaal

Re: Rotte

Posted: Mon Oct 27, 2014 9:19 am
by Smirre
As die uil ding nie werk...

vat OBS of soetwyn en Verdun met water
gee hulle dit so 3 dae

DAN gooi jy vloeibare FINALE by

jy sal almal laat dooi

SMirre

Re: Rotte

Posted: Mon Oct 27, 2014 9:36 am
by Nickvn
Smirre wrote:As die uil ding nie werk...

vat OBS of soetwyn en Verdun met water
gee hulle dit so 3 dae

DAN gooi jy vloeibare FINALE by

jy sal almal laat dooi

SMirre
Ek het dit ook gedoen toe ek met kwartels geboer het. Baie gesukkel met rotte. Daai OBS muti het lekker gewerk.

Re: Rotte

Posted: Mon Oct 27, 2014 9:49 am
by musgrave270
'n Halwe artappel met Finale op is ook dodelik. Die gif roei die meeste uit. Daarna kan mens gereeld in die aand met 'n windbuks of .22 met snakeshot net die paar bittereinders gaan omkap.

Re: Rotte

Posted: Mon Oct 27, 2014 10:28 am
by marthinus100
Emmer halfpad vol water met sonneblom saad bo op wat dryf. Laat daar net n plek wees waar die rotte kan opkom tot bo. As hulle inspring versuip hulle. Hulle is lief vir sonneblom saad. En dit sal jou diere en kinders niks maak nie.

Re: Rotte

Posted: Fri Dec 26, 2014 3:28 pm
by Dawie
Lyk na pret.....veral as jy al gatvol is van agter op 'n skietstoel

https://www.youtube.com/watch?v=E5Z3kG_nHDU


https://www.youtube.com/watch?v=ffH1wWcT7oI

Re: Rotte

Posted: Sat Dec 27, 2014 7:58 am
by theedge
Dawie wrote:Lyk na pret.....veral as jy al gatvol is van agter op 'n skietstoel

https://www.youtube.com/watch?v=E5Z3kG_nHDU


https://www.youtube.com/watch?v=ffH1wWcT7oI
Dink mens kan dalk n stoel nodig he vir die pret ++>:

Re: Rotte

Posted: Sat Dec 27, 2014 8:14 am
by Heinz Petersen
Ek weet van n paar manne wat in die Kaap by die stasie so rotte skiet. Hulle het toestemming van die raad gekry om dit te doen.
Nou ja, dit is n oneindige taak wat hulle aangepak het. Ek het al self gesien hoe hardloop 12 rotte agter mekaar wat soos middel grootte katte lyk.

Re: Rotte

Posted: Sun Dec 28, 2014 1:35 pm
by Dawie
theedge wrote:
Dawie wrote:Lyk na pret.....veral as jy al gatvol is van agter op 'n skietstoel

https://www.youtube.com/watch?v=E5Z3kG_nHDU


https://www.youtube.com/watch?v=ffH1wWcT7oI
Dink mens kan dalk n stoel nodig he vir die pret ++>:
'n Rolstoel ge-kit met 'n skietarm 8) = Jagvoertuig

Re: Rotte

Posted: Sun Dec 28, 2014 2:29 pm
by Hein M.
HennieC wrote:Vat 'n mot bolletjie en breuk hom in stukkies en sit agter die ligte in op die body.
Moenie op die enjin sit nie want as hy warm word gaan die mense nie kan leef in die motor nie.
Trap so paar mot bolletjies stukkend waar die voertuig parkeer word die reuk is te sterk vir rotte en muise.
Dit werk in plafonne van huise ook om rotte uit te hou.
Sommer net vir die interessantheid

As jy 'n paar motballetjies / molballetjies in 'n klein uiesakkie met 'n draad aan die binnekant van die dreindeksel ophang, raak dit mooi van alle kakkerlakke ook ontslae. Die gas voorkom ook dat hulle in die pype inkom huis-toe.

Re: Rotte

Posted: Mon Apr 27, 2015 7:28 pm
by Mauser browser
Ek gebruik poli-fila en mielie meel. Meng hom 50:50. Die rotte kan nie die poli-filla verteer nie en raak sommer heeltemal vestop, en vrek so 2 dae later. Is 'n veilige opsie as jy honde en katte het. Ek moes al my jack russel vat 'n bloed oortapping agv finale. Dis my 2c

Re: Rotte

Posted: Tue Apr 28, 2015 9:52 am
by ZKK
My broer het die mooiste broeipaar uile gehad wat in een van sy palm bome nes gemaak het.
Sy buurman het gif uitgesit vir rotte, en die een uil vergiftig.
Hy het selfs die uil by n veearts gehad om hom te probeer red, en die veearts het bevestig dat die uil vergiftig is.

Re: Rotte

Posted: Tue Apr 28, 2015 11:27 pm
by jean 7mm
Ons gebruik lemoene en finale dit werk baie goed en sal in die toekoms ook die artappel een probeer

Re: Rotte

Posted: Wed Jun 10, 2015 1:40 pm
by ludwichras
as Oom wil gee my n luidjie dan sal ek gou vir oom verduidelik hoe vang ek hulle sonder enige gif met muisvalle sonder lokaas en met n emmer en water. my nommer is 084 313 5521. Ek het my rotte in die stoor uitgewis op die manier