Page 1 of 1

LEKKER MANNE...LEKKER!!!

Posted: Tue Apr 22, 2014 5:24 pm
by BosHond
Ek ry nou seker 'n perd holrug maar ek voel ek moet dit tog se...

Ek doen die hele "roofdier beheer toepas" storie nou al vir 'n geruime tyd...om en by 8jaar...in die begin het ek maar geleer by plaasvolk, tips gekry en myself so met die verskeie plase en omstandighede vereenselwig en sodoende my kennis opgedoen...tussendeur kursus materiaal gekry en bestudeer ensomeer maar wat vir my uitstaan is die klomp manne op die forum..

Julle is genuine 'n paar BAKGAT manne! :laugh: Manne wat nie sommer skroom om te help, positiewe kritiek en raad te gee nie...en steeds leer ek ELKE dag iets nuut...nuweling op die forum myself maar geniet elke post en comment en thread en wat jy dit ookal wil noem...soms lei my werk skade agv die hele gedoente maar ek doen dit vir die liefde en die passie, nie net vir die beheer deel nie, maar die natuur...

THUMBS up to al die manne hier...dankie vir 'n great forum, great lede en stigter van die blad!

Re: LEKKER MANNE...LEKKER!!!

Posted: Tue Apr 22, 2014 5:42 pm
by James Wilson
Baie welkom Katbrak, van waar is jy?

Re: LEKKER MANNE...LEKKER!!!

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:41 am
by BosHond
Ek is van Suid Gauteng...Vanderbijlpark area. Eers in Noordwes gewees en skiet nog daar maar intussen getrek...

Re: LEKKER MANNE...LEKKER!!!

Posted: Wed Apr 23, 2014 10:07 am
by henried
Welkom in Vanderbijlpark, hier is 'n paar van ons... ;D

Re: LEKKER MANNE...LEKKER!!!

Posted: Wed Apr 23, 2014 11:46 am
by HennieC
Welkom in die omgewing.

Re: LEKKER MANNE...LEKKER!!!

Posted: Wed Apr 23, 2014 11:49 am
by Marc
Welkom !

Re: LEKKER MANNE...LEKKER!!!

Posted: Wed Apr 23, 2014 1:27 pm
by BosHond
Dankie manne! Ja dit is interessant om te sien hoeveel manne hier in die omgewing skiet!

Re: LEKKER MANNE...LEKKER!!!

Posted: Wed Apr 23, 2014 2:29 pm
by 375fanatic
henried wrote:Welkom in Vanderbijlpark, hier is 'n paar van ons... ;D
is julle manne dan al uit die trunk uit ?? :laugh: :laugh:

welkom Katbrak

Re: LEKKER MANNE...LEKKER!!!

Posted: Fri Apr 25, 2014 1:44 pm
by mossie
hallo
BAIE WELKOM. ONS IS BAIE MANNE HIER WAT SKIET, SOMTYDS RAAK, SOMTYDS MIS EN BAIE KEER SPEK!!!!
MOSSIE