Page 1 of 1

QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Sun Apr 20, 2014 8:24 am
by wouter Stols
Dag se manne

Dieselfde blik S335, 2 gewere. QL se data op my .375 H&H was tot op 0,1gr kruit en spoed 100 persent reg gewees sonder om enige iets te "tweak" Resultaat is 18mm groeperings! My 22.250 weier om enige iets beter as 75mm groeperings te gee op of om enige node met 1 of soms 2 "flyers" uit 5 skote.

QL het 2 nodes gegee; 3351 f p/s met 34,2 gr en 3517 f p/s met 36,2 gr. Gelukig begin ek op 34,2 te laai en kry toe n gemidelde spoed van 3497 f p/s! sonder groepe. 32,2 gr gee 3328 f p/s. 100 ladings later wat ek alles van 32,0 gr tot 34,8gr gelaai het. Telke male op nodes, onder en bo oor nodes gewees vir as QL dalk n bietjie uit is sonder sukses. Ten einde het ek begin ladings opwaarts laai. Ongelukig het ek net tot 35,6gr gelaai vir gister maar kon al sien van 35,4gr gr af dat groepe begin skielik stywer word. 35,6gr het 25 mm groepering gelewer! Spoed draai by 3680 f p/s met n 55gr punt! NIKS wat druk wys nie!

My vrae is; Hoekom moes ek QL begin "tweak" om my spoed tot lading aan te pas op die 22.250 maar met die .375 was QL data reg? (Alle waardes was reg ingevoer en dit is presies dieselfde blik kruit)
Hoekom was QL se spoed tov lading (2gr) sover uit gewees?
Ons is twee wat saam die program gekoop het, al verskeie ladings saam uitgewerk en die is die eerste keer wat groeperings nie op node spoed gelewer word nie?

QL se druk begin ook rooi se kant toe gaan, ek sal baie versigtig van hieraf nog bietjie speel

Dankie en groete

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Sun Apr 20, 2014 8:38 am
by tripodmvr
Eerstens sou ek gaan kyk of alle ander komponente reg is - aksie skroewe, raakpunte en teleskoop reg alvorens ek die dryfmiddel gaan verander. Flyers dui op iets wat nie konstant gebeur nie.

Die dryfmiddel sal anders optree in 'n dop van 35gr kapasiteit as in een van 70gr soos in die 375. Druk verhoog met kleiner verskille in die groter dop. Jou 22-250 kamer kan kleiner wees en die sprong na die lande kan ook vir hoër druk verantwoordelik wees. Plaas 'n voorbeeld van jou berekeninge of gee jou geweerdata dat ons beter raad kan gee.

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Sun Apr 20, 2014 12:02 pm
by wouter Stols
Ek kan insien dat ek dalk besig is met 2 uiterstes mbt kalibers. Daar is regtig niks los op geweer of verkeerd met die teleskoop nie. Uiters sensitief vir 0,1 gr ladings verskil en n groep sal somer van regs 2uur na links 11uur op kol skuif, op en af ook. My skiet maat se dit is die mees sensitiefste wat hy al ooit n geweer gesien het met ladings. Loop draai is 12,5

Data as volg; 22.250
Dop 48,31mm
H2O; 46,5gr
55gr Pmp
TPL 61,46 (1mm jump)
Loop 615mm
S335 lot 701

375 H&H
Dop72.39mm
H20 94gr
300gr Pmp
Tpl 94,2mm (4mm jump, wat in magasyn kan pas)
Loop 620 mm
61,6gr S335 vir spoed 2355f p/s gemeet
Ql node 6 Spoed moet wees 2366 f p/s om loop tyd van 1,333m/s
Groepeer 18 mm op 100 m.

Miskien is ek maar net te dom vir QL

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Sun Apr 20, 2014 12:33 pm
by Pvdw
Wouter was al die data vir die 22-250 en die kruit als die "default" waardes soos QL dit het as jy met nuwe lading begin??

M.a.w. wat ek wil weet is of jy al aan die waterkapasiteit van die doppe en kruit se BRF verander het??

As ek reg lees het die 375 perfek gewerk met die "default" settings en die 22-250 nie??

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Sun Apr 20, 2014 1:44 pm
by cassie_calvinia
Ql moet gekalibreer word. 'n mens pas dit aan om by jou te werk, deur die brf te verander.
hy gee amper nooit eerste keer regte spoed nie.
en, 0.1gr kan onmoontlik nie verskil maak nie!
iewers is 'n ander fout

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Sun Apr 20, 2014 5:05 pm
by wouter Stols
Cassie, dit is reeds een van my vrae, hoekom moet ek waardes verander as ek presies die selfde blik kruit gebruik op 2 gewere. Op 1 geweer is QL se voorspelling oor HOEVEELHEID kruit tov spoed 100% reg. Op die ander geweer voorspel QL n lading van 36,2gr vir spoed 3517 f p/s. EK LAAI in realiteit 34,2 gr om 3500 f p/s te kry. Maw QL se voorspelling is hier skielik uit met 2gr of bykans 210 f p/s uit?

Pvdm. Niks van QL se waardes is verander met die invoer bogenoemde data nie.

Groete

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Sun Apr 20, 2014 5:11 pm
by cassie_calvinia
wouter
baie redes.
nr1, dit is verskillende gewere.
druk verskil
ontbranding verskil(agv dopvulling wat 'n efek kan he met een geweer)
koeel dieptes

seker die slim manne sal nog antwoorde kan gee.
hier is 'n post waar stap vir stap verduidelik word hoe die program werk.
lees dit deur, dan sal jy goed regkom.
dit is al riglyn wat ek gebruik het

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Sun Apr 20, 2014 5:51 pm
by Flip Nel
wouter Stols wrote:Cassie, dit is reeds een van my vrae, hoekom moet ek waardes verander as ek presies die selfde blik kruit gebruik op 2 gewere. Op 1 geweer is QL se voorspelling oor HOEVEELHEID kruit tov spoed 100% reg. Op die ander geweer voorspel QL n lading van 36,2gr vir spoed 3517 f p/s. EK LAAI in realiteit 34,2 gr om 3500 f p/s te kry. Maw QL se voorspelling is hier skielik uit met 2gr of bykans 210 f p/s uit?

Pvdm. Niks van QL se waardes is verander met die invoer bogenoemde data nie.

Groete
Praat bietjie met Wouter Roets hy verstaan die dinge lekker en sal jou ook kan help

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Sun Apr 20, 2014 6:35 pm
by Pvdw
Wouter om jou vraag net te begin antwoord.

QL is slegs 'v voorspelling van wat jy kan verwag met 'n sekere lading in 'n geweer.

As jy die standaard waardes gebruik net soos dit is gaan jy 'n voorspelling kry wat naastenby by 'n deursnee 22-250 sal pas.

Nou om QL vir jou eie geweer reg te stel/kalibreer moet daar aan selere waarses verander word waarvan dop se water kapasiteit en kruit se BRF die belangrikste is om mee weg te spring.

Nou die rede hiervoor is redelik eenvoudig.

QL maak nie voorsiening vir die volgende inligting nie.


1. Tipe slagdop. Magnum of standaard. CCI/Rem/S&B.

Elke slagdop het ander ontstekings tempo en eienskappe wat ontbranding en spoed beinvloed.

2. Groefdraai van loop.

As ek reg is het dit 'n minimale invloed maar die invloed is wel daar.

3. Kondisie/deursnee van die loop.

"n nuwe "tight" loop sal meer druk opbou as 'n ou sat loop. So sal druk weer verskil.

4.Sprong na die lande.

Hoe grootter die sprong na die lande hoe laer die druk en hoe laer die spoed.

As jy nou bv na al die faktore kyk en in al die gevalle aan die kant is waar drukke verhoog sal jou geweer se snelheid hoër wees as wat jy aan die anderkant van die veranderlikes is.

In jou geval het dit so uitgewerk dat jou 375 nou net mooi reg is met die kombinasie wat jy laai. Verander bietjie jou koeël se sprong met sommer so 2-3mm, gebruik ander slagdop en jy behoort te sien dat jy dalk met die 375 nie meer so naby aan QL se waardes is nie.

Daar is niks fout met jou geweer of QL nie. Dis maar net hoe die program werk sodat jy unuke eienskappe van jou geweer kan kalibreër.

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Sun Apr 20, 2014 6:55 pm
by wouter Stols
Dankie Pvdw. Die kort en lank hier; Die 375 se interne spesifikasies is dus die van n gemidelde deursnee .375 geweer en die 22.250 sin glad nie. Dit is hoekom ek nie naastenby die selfde spoed kry mbt kruit as QL se voorspelling nie en ook nie suksesvol kon groepeer op nodes nie?

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Sun Apr 20, 2014 6:57 pm
by cassie_calvinia
wouter, jy dink te ingewikkeld!
elke geweer se brf verskil, agv die bogenoemde redes.
as QL al die veranderlikes inag geneem het, sou dit nader gewees het.

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Mon Apr 21, 2014 8:05 am
by Pvdw
Wouter dit gaan nie net oor die geweer se waardes nie maar ook oor die waardes en kombinasie van herlaai komponente wat jy gebruik. As jy heel ander stel komponente vir jou 375 gebruik kan dinge dalk anders daat ook lyk.

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Mon Apr 21, 2014 9:17 am
by tripodmvr
Ek gaan hier my berekeninge toon vir die 375. Eerstens berekening met die brandeienskape van S335 wat ek in my QL file het en met 61,6gr lading wat vir my spoed van 2383vps bereken.
Wouter Stols 375 PMP 300 Beraamde spoed.JPG

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Mon Apr 21, 2014 9:20 am
by tripodmvr
Hiermee berekening om S335 te kalibreer om spoed van 2355vps te verkry. BRF aangepas na 0,5999.
Wouter Stols 375 PMP 300 gekalibreer.JPG

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Mon Apr 21, 2014 9:23 am
by tripodmvr
Met aangepaste BRF pas ek nou lading aan om by Node 6 se looptyd uit te kom en verkry so 'n spoed wat ek op my chrony moet kry om by die node te wees.
Wouter Stols 375 PMP 300 Node 6 bereken.JPG

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Mon Apr 21, 2014 11:17 am
by tripodmvr
Hier is berekening vir 22-250. Jy sal sien dat daar nie groot verskil in die BRF waardes is nie 0.5999 vir 375 en 0.609 vir die 22-250. Hier is berekening sonder kalibrasie.
Wouter Stols 22_250 PMP 55 Beraamde spoed.JPG

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Mon Apr 21, 2014 11:19 am
by tripodmvr
Hier is 22-250 gekalibreer en dan die berkende lading vir Node 3.
Wouter Stols 22_250 PMP 55 Kalibrasie.JPG
Wouter Stols 22_250 PMP 55 Node 3.JPG

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Mon Apr 21, 2014 12:07 pm
by Pvdw
Nou mooier as dit gaan ons nêrens kry nie.

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Tue Apr 22, 2014 6:20 pm
by wouter Stols
Tripod, dankie vir jou moeite hier! Na dese verstaan ek ook nou die oefening beter en maak als meer sin. Ek besef ook daar is nog baie te leer rondom QL en ek lyk dalk nou na n p@eph@l hier!!!

Groete

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Tue Apr 22, 2014 8:45 pm
by Johan Reyneke
Hi Wouter

Hier leer ons saam en van mekaar. Met QL is daar altyd iets om te leer by manne soos Marius(tripod) en ander wat dit reeds jare gebruik.

Jy hoef rerig nie so te voel soos jy aandui nie.

Re: QL was verkeerd. Hulp en raad hoekom asb

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:21 am
by tripodmvr
Met enige rekenaar toerusting is daar 'n leerkurwe. Om kennis van ander in te win is 'n algemene gebruik. As my voorbeelde jou op die regte pad plaas help dit jou om beter en "veiliger" te herlaai. Laasgenoemde is 'n groot beweegrede hoekom ons kennis hier deel.

My vrou het 'n oulike storie wat ek dink jy moet navolg. Dit gaan oor 'n vrou wat kla oor 'n pyn wat begin het by haar "top storey" en toe afgesak het na haar "side board'. Die ergste was toe dit by haar "hall stand" uitkom.

Hou nou die pyne maar by die "top storey".