Page 1 of 1
Watter kaliber
Posted: Fri Apr 18, 2014 12:02 pm
by Landy
Hi manne
Ek soek bietjie raad asb, ek wil vir mamma n linker aksie wapen koop want sy skiet verkeerd om. Vraag is watse kaliber koop ek vir haar sy is meer lief vir teiken skiet as jag. Wat stel julle voor iets wat nie te hard met die skouer praat.
Re: Watter kaliber
Posted: Fri Apr 18, 2014 12:11 pm
by Ockert1992
Middag Landy,
Ek sal voorstel 'n .243. Dis 'n baie lekker kaliber vir skyfskiet en kan gemaklik gebruik word vir jag tot en met blesbok grote wild.
Ook groot veskeidenheid punte beskikbaar.
Groete
Ockert
Re: Watter kaliber
Posted: Fri Apr 18, 2014 12:16 pm
by johnf
Middag, ek stem met Ockert, my vrou skiet gemaklik my .243, lekker vir die baan en perfek vir my springbok jag. Cheers
Re: Watter kaliber
Posted: Fri Apr 18, 2014 12:17 pm
by alecjohnson
Ek stem saam 243. Ek sou ook kyk na 308Win en 223
"n 223 is baie lig op die skouer goedkoop en loop hou baie lank 10 000 skote plus
.243 lig op skouer bitjie duurder maar baie bekostigbaar looplewe baie korter 2000 tot 4000 skote afhangend van lading en koeël gewig.
.308Win skop bitjie maar vir amper almal hanteerbaar koste soos .243, maar looplewe +-10 000 skote
Re: Watter kaliber
Posted: Fri Apr 18, 2014 1:03 pm
by PWV
223.
Re: Watter kaliber
Posted: Fri Apr 18, 2014 2:13 pm
by JohannC
Wat van 'n 25-06. Lekker kaliber wat baie wild kan plattrek ek skop ook nie so baie nie
Groete
Johann
Re: Watter kaliber
Posted: Fri Apr 18, 2014 3:58 pm
by tripodmvr
Tradisioneel is die 243 die intreevlak jaggeweer. Komponente en ammunisie is vrylik beskikbaar en dit maak effektief dood. Terugslag is gering en vir kinders en vrouens is dit die beste jaggeweer om mee te begin.
Die 6x45, 25-06 en ander kalibers kan ook aangewend word, maar dit voldoen nie aan al die vereistes soos hierbo genoem nie. Die 223 is 'n lekker speelding, maar goeie skootplasing is nodig om dit effektief te benut. Die swaarder 6mm koeëls maak groter wondkanale en penetreer beter.
Re: Watter kaliber
Posted: Fri Apr 18, 2014 4:07 pm
by Pappabeer
6,5x55
Re: Watter kaliber
Posted: Fri Apr 18, 2014 4:27 pm
by NEGE3
Pappabeer wrote:6,5x55
+100. Myne skiet akkuraat met 107 tot 160gr koeels en terugslag is minimaal.
Re: Watter kaliber
Posted: Fri Apr 18, 2014 4:39 pm
by Carel Kolesky
260 rem
Re: Watter kaliber
Posted: Thu May 01, 2014 9:12 am
by Rommel
Het met dieselfde vraag gesit met mamma se roer, en ek dink ook die 243 en die onderskeie 6mm en 6.5mm kalibers is n baie goeie keuse. 223 is ook ene, maar dink vir jagwaarde is hy bietjie beperk, of selfs 6x45.
'Ons', hehe, het toe besluit op 6.5x57.
Gunshopping bly lekker! Geniet!
Re: Watter kaliber
Posted: Thu May 01, 2014 10:30 am
by FCLoretz
6.5x55 of .260rem
Re: Watter kaliber
Posted: Thu May 01, 2014 1:47 pm
by BRNO (Pierre)
My voorstel sou tot n klein rukkie terug die .308Win gewees het, tot ek met Silent Hunter en Pappabeer se 6,5*55 geskiet het. Daai kalibers het net geen felt recoil nie. Regtig baie impressive.
Re: Watter kaliber
Posted: Thu May 01, 2014 6:53 pm
by Frederik
Dit is jammer die 7mm-08 is nie so bekend in die land nie want daardie kaliber skiet 'n barshou met amper geen terugskop.