Page 1 of 1

Jewell Sneller onderdele

Posted: Thu Apr 17, 2014 7:22 pm
by THOMAST
Ek het 'n probleem met my Jewell HVR sneller wat op 'n Remington is.
Die sneller is al 8 jaar oud en laas naweek vir die eerste keer my in die steek gelaat. Toe ek die slot van die geweer vorentoe en af druk, glip die slagpen verby, soos wanneer 'n mens die sneller druk en die slot ontspan.
Ek het eers die sneller in die ultrasoniese bad skoongemaak, maar dit het nie die fout reggestel nie.
Ek het die sneller toe oopgemaak (baie fotos geneem!) en kom toe agter dat die interne veer wat die hefbome in plek druk en die "sear" weer set, gebreek het. (Item nommer 10 in die Jewell pamflet)
Ek het dadelik 'n faks gestuur aan Jewell en hulle sommer ook gebel. Die man sê toe vir my dat die owerhede maar taamlik taai is oor enige geweer onderdele en dat pakkies wat hulle in die verlede gestuur het na RSA, summier teruggestuur is aan hulle.
Nou wonder ek of hier enigiemand op die forum is wat dalk so 'n spaar veer het wat ek kan oorkoop of gebruik totdat ek ene kan kry van die VSA deur gebruik te maak van 'n VSA burger wat die veer dan vir my kan pos?
Asseblief? Ek wil graag die geweer gebruik met 'n jag volgende maand.
Ek is sommer siek. :'(

Re: Jewell Sneller onderdele

Posted: Thu Apr 17, 2014 7:25 pm
by tripodmvr
Thomas, kyk of jy nie by moer en bout plekke vere in die hande kan kry nie. Hopelik kan jy uit die stukke van die veer agterkom hoe "styf" die veer moet wees. Ek het so 'n slagpenveer vir my .22 bekom wat my nou al baie jare diens gegee het.

Re: Jewell Sneller onderdele

Posted: Thu Apr 17, 2014 7:42 pm
by DWB
Ek het al via Brownells sulke tipe goed vir ñ vriend se Ruger Mini 14 bestel sonder probleme.

Re: Jewell Sneller onderdele

Posted: Thu Apr 17, 2014 7:49 pm
by THOMAST
Dankie Marius, hierdie veer het 'n kort arm met 'n 90grade buiging en 'n lang arm met dieselfde. Die veer moet presies inpas om 'n bussie en tussen twee plate met minimale speling. Is maar 'n redelike ingewikkelde stukkie werk. Ek weet ook nie presies hoe lyk die eindstuk wat afgebreek het nie, so ek het 'n probleem.
As ek 'n heel een gehad het sou ek hom seker kom kopieër.

Re: Jewell Sneller onderdele

Posted: Thu Apr 17, 2014 7:50 pm
by THOMAST
DWB, ja ek het al op Brownells gaan kyk, maar hulle het nie onderdele vir die snellers nie.

Re: Jewell Sneller onderdele

Posted: Thu Apr 17, 2014 8:18 pm
by tripodmvr
Hier is nogal baie inligting oor die sneller. Miskien help dit om plaaslik iets te kan kry.

http://www.ada.ru/guns/remington/jewell/manual_en.htm

Re: Jewell Sneller onderdele

Posted: Thu Apr 17, 2014 9:55 pm
by Christo
Thomas, ek stel voor jy vat die stukkie wat jy oor het en die manual en die sneller na Simons springworks in stikland. Hulle maak springe op van samples af. Weet nie of hulle so fyn werk nie maar ek kry gereeld springs vir ons daarvandaan.

Re: Jewell Sneller onderdele

Posted: Fri Apr 18, 2014 5:25 am
by Reggie Gerber
Thomas

Safari het my vriend reg gehelp met so spring. Weet nie of hulle nog het nie

Re: Jewell Sneller onderdele

Posted: Fri Apr 18, 2014 5:53 am
by Heinz Petersen
Thomas.
Kom na my toe dan kan ons n plan maak. As nie dan sal ek vir Duitser vra of hy nie vir ons n spring het nie.
Daar word baie pistole en gewere by hom gedeaktiviseer en ek glo ons sal regkom.

Ek het n welding masjien, grinder, en groot hammers. Jy kan my net bel ek is hier op my plek.(jy weet waar)

Re: Jewell Sneller onderdele

Posted: Fri Apr 18, 2014 12:00 pm
by THOMAST
Baie dankie kerels, ek sal vroeg volgende week werk maak van al die leidrade.

Re: Jewell Sneller onderdele

Posted: Fri Apr 18, 2014 5:57 pm
by AfricaAmerica
You should be able to find a spring that will work on a jewel trigger, compatibilities are plenty, but not replacements. What could be affected is the pull weight or the consistency of the pull weight over time. If you are not able to find a spring for a long term solution you can contact me. I have access to jewel trigger parts and it is not expensive. The problem is that the shipping time from the US to South-Africa will prevent you from using it as a solution for next month.

Re: Jewell Sneller onderdele

Posted: Sat Apr 19, 2014 5:55 am
by THOMAST
AfricaAmerica, you would make my day!
Can we communicate by email? Please PM me your email . This would be a great long term solution, thank you very much!