Page 1 of 2
Optel van jakkalse
Posted: Tue Apr 15, 2014 3:25 pm
by hebron
Wil hoor van ander jagters; Hoe merk jul die jakkalse wat julle skiet vanaf staanplekke, die probleem is nie so groot as 1 of 2 inkom en geskiet word nie, maar as n trop jou bestorm en tyd is krieties (nie tyd om elkeen se leplek te memoriseer nie)............ Dit kan n tydrowende gesoek afgee (selfs hier in die karoo waar niks kniehoogte groei) om al daai jakke te kry wat in die hitte van die stryd geskiet word.
Tyd is ook kosbaar as jy n plaas van 8 000ha moet jag in 1 nag veral as die eienaar nie weet waar sy jakkalse se gebiede is nie. Jy moet die jakkals optel of vergeet van betaling vir die wat jy nie kry nie....
Ek het nou begin om n hond te gebruik, maar die se kop raak ook maar deurmekaar as daar te veel op 1 staanplek gedood is en as die wind doodstil is lyk dit of hy ook maar sukkel om die reuk te kry.
Ek het al gehoor van manne wat met hul GPS tot 10 skote monitor, maar ek weet nie hoe dit werk nie; as iemand dalk meer inligting daaroor kan verskaf sal dit baie waardeer word.
Groete Willem
Re: Optel van jakkalse
Posted: Tue Apr 15, 2014 3:51 pm
by Cobus(Cobb)
Ek maak so:
By enige straat stalletjie of vlooimark, kan jy BB pistole koop vir R40.
Die het 'n klein laser in wat van die pistool kan afkom en het sy eie aan/af knoppie.
Gooi die pistool weg, hou die laser.
Op my bakkie se rolbaar, sit ek bolle wondergom/prestik...skiet jakkels en pinpoint sy posisie met laser, sit af.
Later as ek reg is om te loop haal, sit jy net die knopies weer aan, en volg die laser.
Vat bietjie oefening, maar em en HennieC hat al 'n jakkie op 257m so loop soek en die klip gekry(laser naby gepin) waarop hy geskiet is, bloedspoor gevolg en hom loop optel.
Saterdag aand het ek Dewie s'n loop fetch op 180m en die laser liggie presies op die jakkals gekry toe ek daar aankom.
Jou vinnigste is om die pol of bossie naaste aan jak te merk...daar gekom sal jy hom soms ruik ook.
Die gps ding kan ook gedoen word maar dan moet jy eers jou bakkie, roeper en waypoint oorienteer.Hoe seker is jy ook as jy jou pyltjie op die skermpie aanskuif, dat jou rigting reg is??
Cheers
Re: Optel van jakkalse
Posted: Tue Apr 15, 2014 3:57 pm
by NicoSmit
Goeie plan Ek gaan dit defnitief ook probeer ek het reeds so amper my jakkals verloor Saterdag aand in die donker my jongste gaan baie beindruk wees met sy Pa wat al hierdie BB guns vir hom koop
Re: Optel van jakkalse
Posted: Tue Apr 15, 2014 4:12 pm
by cassie_calvinia
my problem is, as ek jakkals in scope volg, en ek skiet, het ek nie eers meer 'n idee watter rigting ek geskiet het nie!
Re: Optel van jakkalse
Posted: Tue Apr 15, 2014 9:41 pm
by hebron
Cobus dankie vir die raad, maar hoeveel van daai laser liggies hou jy byderhand en as n spannetjie jou gelyk tref en jy skiet hulle omtrent in alle rigtings vanaf jou staanplek het n mens seker meer hande nodig as wat ek op my skietstoel los het en meer tyd as wat die jakke jou gaan gee om lasers optestel....
Cassie ja as die blok benoud raak weet ek later nie of ek oor die bakkie se dak skiet of oor sy klap nie, veral in sommige dele hier in die Karoo waar niks groei waarop n mens kan fokus waar naby n jak le nie; nie eers n klip nie... party keer skrik ek my lam as ek my roeper se reflekter raaklig nadat die skote al geklap het (nie geweet die jakke was al so na aan roeper nie).
Sover ek weet werk die GPS ding heel eenvoudig, sensor-iets wat auto skootplasings aanwys; Heinrich du Plessis het met so iets gejag, maar ongelukkig jag hy nie meer nie en ek weet ook nie waar om hom te kry nie.
Groete Willem
Re: Optel van jakkalse
Posted: Tue Apr 15, 2014 9:55 pm
by Cobus(Cobb)
Willem, ja, my meeste wat my al gestorm het was 4.
Ek het 3 van daai lazers, maar moes nog net 2 op 1 slag gebruik. Ons is gelukkig met bome, polle, bosse ens.
My gesukkel is as daai jak loop wegraak agter 'n digte vaalbos plantasie. Ek het al eendag, met seker 25min se soek, 'n jak binne in/onder in, so vaalbos gekry, hyt net genoeg krag gehad om daar onder in te kruip, toe vrek hy daar...gelyk soos 'n brakkie wat slaap.
Re: Optel van jakkalse
Posted: Tue Apr 15, 2014 10:34 pm
by G-force
Kyk maar net af na die skoot loop en let op waar jou loop wys oor jou jagtralies.
Re: Optel van jakkalse
Posted: Fri Apr 18, 2014 10:13 pm
by theedge
Cobus(Cobb) wrote:Ek maak so:
By enige straat stalletjie of vlooimark, kan jy BB pistole koop vir R40.
Die het 'n klein laser in wat van die pistool kan afkom en het sy eie aan/af knoppie.
Gooi die pistool weg, hou die laser.
Op my bakkie se rolbaar, sit ek bolle wondergom/prestik...skiet jakkels en pinpoint sy posisie met laser, sit af.
Later as ek reg is om te loop haal, sit jy net die knopies weer aan, en volg die laser.
Vat bietjie oefening, maar em en HennieC hat al 'n jakkie op 257m so loop soek en die klip gekry(laser naby gepin) waarop hy geskiet is, bloedspoor gevolg en hom loop optel.
Saterdag aand het ek Dewie s'n loop fetch op 180m en die laser liggie presies op die jakkals gekry toe ek daar aankom.
Jou vinnigste is om die pol of bossie naaste aan jak te merk...daar gekom sal jy hom soms ruik ook.
Die gps ding kan ook gedoen word maar dan moet jy eers jou bakkie, roeper en waypoint oorienteer.Hoe seker is jy ook as jy jou pyltjie op die skermpie aanskuif, dat jou rigting reg is??
Cheers
Ai maat dankie vir die deel. Ek het 2 laser pointers en gaan hulle van nou af saam dra - nooit daar aan gedink nie
Re: Optel van jakkalse
Posted: Sat Apr 19, 2014 6:55 am
by Henry 7
Wat van as jou GPS aan is en jy sit hom op kompas en na elke skoot sit jy sy backlight flou aan en kyk op hoeveel grade elke skoot was?
Re: Optel van jakkalse
Posted: Sat Apr 19, 2014 8:03 am
by cassie_calvinia
Henry 7 wrote:Wat van as jou GPS aan is en jy sit hom op kompas en na elke skoot sit jy sy backlight flou aan en kyk op hoeveel grade elke skoot was?
ek weet nie, die gps kompasse vat paar sekondes op op track te kom. as jy vining draai, ens, gaan jy meer deurmekaar word as iets anders. (dit is nou met my goedkoop een)
Re: Optel van jakkalse
Posted: Thu May 22, 2014 7:10 am
by Jan-Hendrik
Ek dink die lasers en al daai goete werk mooi,,en alhoewel die ooms met baie vliegtyd ook deurmekaar raak soms
dink ek steeds dit kom maar met tyd....
Re: Optel van jakkalse
Posted: Thu May 22, 2014 12:49 pm
by Spanner
As jy oor die bakkie se dak skiet, kan jy, direk na die skoot die geweerloop se rigting merk deur met 'n spyker op die dak 'n merk te trek al langs die loop af ! As jy die jakkals gekry het kan jy net die merk doodkrap of met "quick drying paint" oorverf.

Re: Optel van jakkalse
Posted: Thu May 22, 2014 1:02 pm
by Frikkiedbr
mens kry mos daai witboord wat mens kan op skryf met 'n uit vee kokie,
Kan mens net daai op die dak plak "dis mos magneties" dan net die streepie trek waar jy die jak geskiet.
Maar net 'n voorstel

Re: Optel van jakkalse
Posted: Thu May 22, 2014 2:01 pm
by musgrave270
Frikkiedbr wrote:mens kry mos daai witboord wat mens kan op skryf met 'n uit vee kokie,
Kan mens net daai op die dak plak "dis mos magneties" dan net die streepie trek waar jy die jak geskiet.
Maar net 'n voorstel

Frikkie
Dit is 'n plan wat ook kan werk, maar net as jy oor die dak van jou bakkie skiet en jy die dak vanuit jou stoel kan bykom.
Ek gooi my bakkie toe met hessian, so ek wil daar waar my loop oor die tralies gaan wil ek sommer met 'n wasgoedpennetjie die hessian knyp. As ek klaar is lyn ek net die loop en die pennetjie op en dan het ek die rigting. Ek moet nog toets.
Die probleem kom maar gewoonlik in as daar meer as een gelyktydig inkom en dan is daar nie tyd vir pennetjies knyp of bakens vat nie.
Groete
Ruan
Re: Optel van jakkalse
Posted: Thu May 22, 2014 7:40 pm
by Mac
http://i584.photobucket.com/albums/ss287/gman21_03/Nick.jpg
Re: Optel van jakkalse
Posted: Sat May 24, 2014 3:58 pm
by hebron
Mac; baie mooi hond, wat se ras is dit?
Ek het n kruisras; rifrug-pointer-bluetick gehad wat baie soos die hond gelyk het, maar hy was net te groot om saam met skietstoel agterop te werk.
Het nou n Jackrussel wat lekker leer.
Re: Optel van jakkalse
Posted: Sat May 24, 2014 5:49 pm
by Mac
GSP, hy le heel rustig voor in en poep die drywer vuur warm tot hy werk kry. Optel tyd per jakkals is sommer gou gou, korter as hulle in dieselfde rigting le. Die wat nog lewe as hy daar kom, leef nie meer baie lank nie.
Re: Optel van jakkalse
Posted: Wed Aug 27, 2014 3:15 pm
by musgrave270
Ek lees nou weer die topic deur vir idees.
Ek het die naweek net weer besef ek sal 'n beter plan moet maak. Ek jag alleen so jakkals optel raak nogal 'n probleem.
Op die stadium maak ek as volg. As die skoot klap hou ek my lyn. ek knyp 'n wasgoedpennetjie vas op die hessian onder my loop. As ek reg is om op te tel, lyn ek my geweer en die waspennetjie op sodat ek nou kyk in die rigting van waar die jakkals behoort te lê. Nou ek het net 'n voorste rus waarop die geweer lê. Ek haal my geweer af en sit een van daai klein LED flitsies op die rus. As ek dis afklim en die veld in stap, maak ek net seker die flits lig in my oë as ek omdraai. Dit help my om in die regte rigting in te stap. Ek probeer ook die afstand skat as ek skiet, dan weet ek min of meer na hoeveel treë ek ernstig moet begin rond flits.
Nadeel van die metode is, en dit het ek die naweek gesien. as die paar gelyk inkom en jy skiet die eerste een, is daar nie tyd vir merk nie. gelukkig was die gras nie te lank nie en kon ek die eerste een redelik maklik opspoor. Ek kan ook net een jakkals op 'n slag optel, want ek moet eers weer my flits gaan oplyn met die pennetjie.
Ek hou baie van Cobus se idee met die groen laser. Gaan beslis dit 'n probeer gee.
Groete
Ruan
Re: Optel van jakkalse
Posted: Wed Aug 27, 2014 4:24 pm
by Cobus(Cobb)
ek het nou n x "jagbrakkie",langbeen jackrussel, as jy saam hom loop in algemene rigting,tel hy die jakke gou op.....moet nie naby wees as jy helmet shot skiet nie,hy gryp keel en skud woes...spat jou vol bloed en snot.
Re: Optel van jakkalse
Posted: Wed Aug 27, 2014 7:28 pm
by hebron
My Jackrussel het net mooi lekker begin werk; wanneer optel tyd kom en die drywer uit klim het "Bullet" (jrussel) die soekwerk maklik gemaak en sommer dadelik na die een gehardloop en net staan en wag tot iemand optel en dan weer met soekwerk begin. Het ongelukkig die hond 2dae terug verloor op n plaas waar gif gegooi word vir jakke.
Re: Optel van jakkalse
Posted: Wed Aug 27, 2014 10:40 pm
by NicoSmit
As ek my baster staffie moet saam vat sal hy as daai skoot klap van die bakkie af spring en al diePB's se tewe gaan probeer dek al skiet hy blanks . Ek dink die veearts het iets mis geknip toe hy reg gemaak is
Re: Optel van jakkalse
Posted: Thu Aug 28, 2014 12:43 pm
by Boesman10
Ek het by die ko-operasie (Agrimark) so 'n klein een hand crossbow gesien. Lyk nie of mens kan jag met hom nie maar lyk ook bietjie groter en sterker as 'n speelding. Die pyle is so 350 mm lank en het staal punte en ek skat die ding sal seker so 50 - 80 meter ver kan trek. By die boogwinkel koop mens 'n produk met die naam van "luminock" wat 'n klein liggie is wat op die agterkant van die pyl kan skroef. Sit nou twee of drie van die klein crossbows op die bakkie se dak, elk met 'n luminock in en sodra jy die Jakkals geskiet het dan gryp jy die crossbow en skiet die pyl in dieselfde rigting. Ek glo nie mens sal meer as 'n paar sekondes neem hiervor nie. Die pyl sal iewers tussen jou en die jakkals in die grond in steek en die luminock sal aangaan.
As jy wil gaan soek dan sit jy 'n lig op die voertuig se dak aan en stap verby jou pyl en hou die pyl se liggie en die bakkie se lig in 'n lyn en jy behoort al jou jakkalse te kry. Die pyle tel jy op en sit die liggie af vir volgende keer.
Re: Optel van jakkalse
Posted: Thu Aug 28, 2014 6:46 pm
by johans
hier sal jy nooit daai probleem kry nie,2 jakke maks wat inkom,as jy gelukkig is,gewoonlik kom niks in
Re: Optel van jakkalse
Posted: Mon Dec 01, 2014 11:34 am
by Geno
Hier is ons nuwe opteller.
Haar naam is Tikka.
Haar stamboom is langer as die Nkandla invoice.
Foxcreek het my op haar spoor gesit.
https://scontent-b-lhr.xx.fbcdn.net/hphotos-xpa1/v/t1.0-9/1012291_10152442759801994_1881773518613852577_n.jpg?oh=21c66b90bb4238a6d76caeecec7779c0&oe=550004BA
https://fbcdn-sphotos-a-a.akamaihd.net/hphotos-ak-xap1/v/t1.0-9/10349961_10152442759856994_5103377133976511222_n.jpg?oh=ab1b5989f2b5a2bdf41cb63d7a74374b&oe=551A7949&__gda__=1426711324_928bec7d011f89ecc88689d574649963
https://scontent-a-lhr.xx.fbcdn.net/hphotos-xpa1/v/t1.0-9/10606515_10152442759951994_6640887194573723335_n.jpg?oh=ca481f2a7eae14b78291b38ab1150c6e&oe=5510AD4B
https://fbcdn-sphotos-f-a.akamaihd.net/hphotos-ak-xpa1/v/t1.0-9/10653534_10152459100191994_8467282828607534406_n.jpg?oh=a1bba4eca362425ff271ae92fbd5f93e&oe=550FA476&__gda__=1426421856_dec89f87c5933e1098de580770c989be
Re: Optel van jakkalse
Posted: Mon Dec 01, 2014 11:48 am
by Capt. Yoda
Al2 lyk baie mooi.Pasop dat sy nie weg raak daar in jou gras nie