Page 1 of 1
Solo gevlieg vandag
Posted: Sun Apr 13, 2014 1:26 am
by NicoSmit
Ek het sopas by die huis gekom en die adrenalien vlakke is nog hoog maar ek het vanaand my eerste jakkals laat bakkie ry op my eie .Ek sal later my storie vertel en 'n foto of 2 bysit
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Sun Apr 13, 2014 7:07 am
by Ockert1992
Baie geluk Nico!! Ek wag nog vir myne!
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Sun Apr 13, 2014 7:35 am
by Kalahari
Baie geluk Nico, sien uit na die storie en die foto's.
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Sun Apr 13, 2014 7:54 am
by Cobus(Cobb)
Geluk...ja dis maar 'n lekker gevoel...geluk.
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Sun Apr 13, 2014 8:35 am
by cassie_calvinia
Mooi man!
glo my, daai gevoel kry 'n mens vir elke een wat jy skiet! dit is hoekom dit so verslawend is!!
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Sun Apr 13, 2014 11:13 am
by HennieC
Lekker man ons wag vir die storie.
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Sun Apr 13, 2014 1:25 pm
by Jakkie 321
Mooi man dit gebeur elke keer as jy een skiet.
Groette
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Sun Apr 13, 2014 8:35 pm
by NicoSmit
Die jakkals het ek opgetel toe ons van staan plek verwissel het . Die jakkalse was baie vokaal gewees en het elke keer terug geantwoord as ek 'n jakkals huil gespeel het maar van oe wys wou hulle niks weet nie . Maar terwyl ons so ry het ek die oë opgetel en is daar dadelik gestop met my wat amper op die bonnet beland het . Die outjie het lekker plank dwars gestaan en na my gekyk Dis toe bok koors of jakkals koors met mening inskop en my hart slag het in die rooi gedraai. Toe die skoot loop het daai jakkals net genoeg tyd gehad om sy stert te lig en hy spring daar weg met 'n moewiese spoed wat 'n dragster se naam sal gat maak maar toe dink hy seker ag f@#$% hierie ou wat so mis skiet en hy maak toe die fout van sy lewe en hy stop en kyk so uitdagend na my kant toe ,toe klap skoot nommer 2 en daai kenmerkende dup kom soos sagte musiek na my ore aangesweef . Met al die opwinding maak ek toe 'n fout en skuif my lig so effens en toe begin ons soek .Na so 10 min se gesoek kry ek toe hom waar hy rustig op sy sy lê en rus . Dit was 'n jongerige reun ek het 'n foto van sy tande geneem maar ongelukkig is dit nie so duidelik nie .Ek het besluit om net daar te bly en nie te skuif nie Ek het toe 'n jakkals wat in pyn en lyding is gespeel met so bietjie kos tussen in en na so 30 min se roep toe kom daar 'n jakkals in met spoed ek het ongelukkig te opgewonde geraak en hom heeltemal mis geskiet. seker maar 'n tipiese rookie fout.
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Sun Apr 13, 2014 9:30 pm
by HennieC
Mooi Nico. Dis 'n vreeslike ding die jakkals koors.
Nooit gedink groot manne kan so lekker bewe vir so klein diertjie nie.
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Tue Apr 15, 2014 1:03 pm
by hebron
Nico; mooi gedoen, dis n windmaker kopskoot daai... Dit is darem maar n lekker gevoel as jy hom optel, amper so lekker soos daai "DUP". Laat daai koors jou maar pla, dan sal jy nog baie skiet; hoop net die raakskote raak later makliker as die misskote.
Mooiloop hou so aan.
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Tue Apr 15, 2014 2:17 pm
by Marc
Geluk Nico, mooi gemaak !
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Tue Apr 15, 2014 2:31 pm
by NicoSmit
Dankie dit was lekker ek kan nie wag vir my volgende ekspedisie nie
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Tue Apr 15, 2014 3:53 pm
by NicoSmit
nog so 1 fototjie van hoe die bakkie gecammo is
Re: Solo gevlieg vandag
Posted: Wed Apr 16, 2014 1:43 pm
by NicoSmit
nog so fototjie