Page 1 of 1
BASA skiet dae
Posted: Sat Apr 12, 2014 9:03 pm
by Gert Odendaal
Ek het vandag my eerste BASA skiet dag bygewoon, dit was regtig `n heerlike ervaring, dit is waar dat jy op sulke dae jou tekortkominge raaksien en jou geweer deeglik begin ken. Foute soos doppe wat nie in die kamer wil ingaan nie , al het jy elke rondte ge"cycle" voor vandag se skiet, rondtes wat uitspring omdat jy onder druk die rondtes probeer inforseer in die magasyn kas in, is alles dinge wat skielik met jou en die manne rondom jou op die dag gebeur...
Die manne saam met wie jy skiet kom jy agter is manne wat die meeste van hulle tyd in `n jaar op die spore van die groot diere loop wat kan byt en krap en baie onbeskof kan word as jy hulle seermaak..wat lekker is , is die manne neem jou dadelik in hulle groep op en deel hulle ervaringe met jou...nie boeke kennis nie , maar regtig grootwild jag en baie skietwerk is deel van hulle ervaringe...
Die byeenkomste is regtig skitterend saamgestel, die manne doen ongelooflike baie moeite om die buffels en olifante agter riete en bome weg te steek, hulle buffels storm baie vinnig, gee jou baie min tyd om die korrel op die diere te plaas waar die punte kol is...
In kort, dit is `n belewenis, iets wat elke jagter behoort te probeer doen in sy jag loopbaan...glo dit of nie, dit is werklik selfs miskien lekkerder as jakkals jag...
As daar BASA manne op die forum ingeskakel is , baie dankie , dit was werklik baie lekker en julle kan maar , die reelings was regtig baie goed...
Gert
Re: BASA skiet dae
Posted: Sun Apr 13, 2014 8:14 am
by Frederik
Gert, bly jy het dit geniet wens self ek kon daar wees dit is die eerste skietdag wat ek mis vanaf Augustus se Ellisras skiet in 2012.
Re: BASA skiet dae
Posted: Sun Apr 13, 2014 8:53 am
by DWB
Lekker oom Gert. Hoe het dit gegaan?
Watse doppe sukkel oom so mee?
Re: BASA skiet dae
Posted: Sun Apr 13, 2014 8:55 am
by Gert Odendaal
Frederik, 30 Augustus 2014 se skiet naweek mis ek nie die jaar nie, ek gaan vir Ruan saamvat en enige iemand wat saam so naweek wil bywoon en net lekker wil kamp en filter koffie wil drink, gewere skiet en stories om `n kampvuur wil vertel ek gaan `n tent daar opslaan, ek begin nou al voorbereidings tref vir die naweek, ek het gister ook met mense gesels oor die naweek, volgens hulle is dit seker een van die lekkerste geleenthede om by te woon.
Miskien is dit `n goeie geleentheid om dit `n kampvuur kuier naweek te maak as jy jou seun ook saambring kan die twee mannetjies lekker skiet en kuier....

Die twee pa`s kan dan sit en stry oor watter kaliber en dryfmiddel die beste is..

Re: BASA skiet dae
Posted: Sun Apr 13, 2014 8:58 am
by Frederik
Daar is weer 'n skietdag iewers in Mei wat ek nie gaan mis nie en ja my plan is om in Ellisras te wees wil sommer die Vrydag al vroeg deur ry.
Re: BASA skiet dae
Posted: Sun Apr 13, 2014 9:03 am
by Gert Odendaal
Hallo Deon, man dit is lekker om weer van jou te hoor, hoe gaan dit met die bou van jou mooi .404 Jeff?
Ek het mos nou twee soorte doppe, Hornaday en Bell, my fout wat ek gemaak het is ek het nie al die doppe afgesny na dieselfde lengte toe nie....ek moet weer die doppe uitgloei, dan die nekke her-rangskik en die probleem behoort iets van die verelde te wees.
Ek dink ek het ook `n fout gemaak met die skouers , miskien te ver terug gedruk tydens die her-rangskiking van die volle dop. Ek het die vorige dag (Vrydag) al die gelaaide rondtes deur die kamer gevoer en al die rondtes het glad gevoer en uitgetrek, maar nog steeds tydens die skietdag gister het ek gesukkel dat die slot moet sluit oor die doppe .
Ek sal die probleem more aanspreek...ek hoor graag van jou..
Re: BASA skiet dae
Posted: Sun Apr 13, 2014 9:09 am
by DWB
Dankie Oom Gert.
Hulle het uit eindelik aan hom begin bou. Klink of die loop darem nou al opgeskroef is en of dinge nou gebeur. Ek hoop van harte om hom in Julie te kan kry. Betyds vir my verjaardag en ons plaaslike pretskiet waar ek my bigbore titel moet verdedig
Sny maar die doppe se lengtes reg en anneal hulle. Kyk dan ook dat daar nie te veel kruit in die dop is dat hy die koeel terug uit druk nie
Re: BASA skiet dae
Posted: Sun Apr 13, 2014 9:34 am
by Gert Odendaal
Deon , ek sal so maak , ek het gister met S385 , 84 gn gelaai, die chrony wys, 2310f/s met `n 320gn Impala punt. Ek voel nie die terugskop nie want die geweer hanteer gemaklik, die kolf is nog `n stukkie te lank vir my arms maar ek sal dit korter maak.
Die oop visier skiet begin nou lekker raak, ek sien die korrel goed raak , het nogal gewonder of ek nie nou `n ghost ring vir die .404 Jeff moet opsit nie , dit sal die BASA skiet nog lekkerder maak...daar is reeds twee tipes ghost ring ontwerpe wat Johan my gehelp het om te maak...
Re: BASA skiet dae
Posted: Sun Apr 13, 2014 9:45 am
by DWB
Oom Gert. Hoekom skiet oom S385 op die 320gr?
Ek sou dink iets soos S355 sal meer geskik wees. S365 ook nog reg
Re: BASA skiet dae
Posted: Sun Apr 13, 2014 11:02 am
by Gert Odendaal
He,he ,he Deon , al kruit wat ek Vrydag middag laat beskikbaar gehad het...my beplanning was nie van die beste nie, ek sal moet vroeer wakkerskrik, maar tipies van my , hou alles altyd vir die laaste minuut....
Ek wil regtig graag S365 laai want dit is die kruit wat die laagste psi druk in die kamer gee van my .404 Jeffery en sodoende sal ek my doppe se lewens langer kan spaar voordat hulle begin skeur en bars...
Ek sal die week meer aandag aan die aspek gee, (daar is nie nou enige buffels of olifante wat ek moet uitskiet nie

)
Re: BASA skiet dae
Posted: Sun Apr 13, 2014 12:02 pm
by DWB
Ek sal altyd ñ pak solids eenkant hê. Ek het al snaakse oproepe gekry

Re: BASA skiet dae
Posted: Wed Jan 21, 2015 3:52 pm
by egrobler450
BASA Skiet dae vir 2015
1. Second Shoot -21-02-2015
2. Third Shoot - 18-04-2015
3. Fifth Shoot - 23-05-2015
4. Ellisras Outshoot -29-08-2015
5. Sixth shoot - 12-09-2015