Page 1 of 1
Heilige 308Win Skyfskiet geweer?
Posted: Thu Feb 03, 2011 9:12 am
by Armand Steenkamp
More vrinne
Ek wonder nou. Ek begeer so n geweer. Nou wil ek weet hoe beskikbaar is die ou 308 enkelskoot skyfskiet geweere?
Ander ding waroor ek wonder is,se maar my buurman het so n geweer en ek koop die. Die wet se mos die geweer moet by hom bly tot jy die lisensie kan wys.Is dit wat gebeur? Doen amal dit so? Ek meen kan ek nie die geweer vat en n bergings permit of n ding kry nie?
Groete Armand
Re: Heilige 308Win Skyfskiet geweer?
Posted: Thu Feb 03, 2011 10:24 am
by WillemS
Armand
Ek het onlangs(Nov) 'n bergingspermit gekry vir 'n geweer wat ek by 'n oom gekoop het, so hy "staan net" in my kluis! Vind maar net uit by jou polisie of hulle nie alweer die re?l verander het nie!
Willem
Re: Heilige 308Win Skyfskiet geweer?
Posted: Thu Feb 03, 2011 10:29 am
by Armand Steenkamp
Willem
O SO Hy staan net daar

?Hahaha en was dit n moelike afere of was dit maar net papier werk?
Re: Heilige 308Win Skyfskiet geweer?
Posted: Thu Feb 03, 2011 10:59 am
by WillemS
Armand
Nie te moeilik, afskrif van id en 'n brief dat die geweer aan jou verkoop is deur die eienaar en 2 bladsy vorm wat jy moet invul en die plaaslike polisie gee vir jou 'n afskrif daarvan en dan mag hy by jou stof opgaar.....
Willem
Re: Heilige 308Win Skyfskiet geweer?
Posted: Thu Feb 03, 2011 12:57 pm
by DawieKotze
............jy moet natuurlik self al 'n wettige vuurwapen eienaar wees! Anders gaan jy dit nie regkry nie!
Re: Heilige 308Win Skyfskiet geweer?
Posted: Thu Feb 03, 2011 1:13 pm
by Danie Lombard .243
1ste ding, jy moet 'n bevoegtheids kaart he uitgeryk deur SAP, dan kan jy 'n berings permit kry, SAP 539 Dit beteken bloot dat die wapen in veilige bewaing is in jou kluis. Jy mag NIE die wapengebruik nie. Dit terwyl sentrale vuurwapen register jou aansoek verwerk.
opsie 2 As jy 'n toegewyde sport skiet skut is Artikel 16 van wet 60 van 2000 en jy doen aansoek vir die wapen onder Artikel 16 sport skiet kan jy aansoek doen vir 'n tydelike spoert skiet permit om die wapen te kan besit. 1ste Moet die aansoek ge log/ in ge lees weer by jou plaaslike polisie stasie deur die DFO, m.a.w. die aansoek SAP 271 moet "ge capture" wees op die sisteem, en jy moet die aansoek koste betaal het. Jou aansoek is dus in proses. Dan kan jy aansoek doen vir 'n tydelike sport skiet permit SAP 518, MITS jy artikel 16 sport skiet status het , vir die geweer. Dan word die permit aan jou uitgeryk en jy kan met die wapen deel neem aan jou sport skiet komp en tabelle.
Re: Heilige 308Win Skyfskiet geweer?
Posted: Sun Feb 06, 2011 11:23 am
by Armand Steenkamp
Kan mens n bergings pirmit kry vir n geweer wat by n geweersmit ok le?
Re: Heilige 308Win Skyfskiet geweer?
Posted: Sun Feb 06, 2011 11:27 am
by bobby
no