Howa 223 Ackley??
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Howa 223 Ackley??
Jis kerels, ek het n groot plan gehad om n 22-250 op n K98 aksie en n musgrave loop by n vriend te laat bou maar besef toe n nuwe Howa gaan dalk goedkoper wees!
Eerstens wil ek gou hoor waar is die beste prys op n Howa 223Varminter nou op die oomblik?
En dan of iemand miskien weet of daar dalk 204`s iewers in vooraad is???
En dan n ander ding, as ek die 223 Varminter koop gaan ek eerste ding hom laat Ackley. Kan iemand vinnig vir my miskien kyk wat min of meer my spoed met 40;50 en 55gr koels gaan wees?
Dankie vir julle hulp
Groetnis
Eerstens wil ek gou hoor waar is die beste prys op n Howa 223Varminter nou op die oomblik?
En dan of iemand miskien weet of daar dalk 204`s iewers in vooraad is???
En dan n ander ding, as ek die 223 Varminter koop gaan ek eerste ding hom laat Ackley. Kan iemand vinnig vir my miskien kyk wat min of meer my spoed met 40;50 en 55gr koels gaan wees?
Dankie vir julle hulp
Groetnis
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa 223 Ackley??
En as dit nie te veel moeite is nie kyk somme die spoed op n 22 loop ook.
Groetnis
Groetnis
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1839
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Howa 223 Ackley??
ek het so vinning gekyk op QL
en ek sien nie n masiewe verskul deur AI te gaan oor n standard 223 nie ?
sal nou nou nog so bietjie speel en kyk
en ek sien nie n masiewe verskul deur AI te gaan oor n standard 223 nie ?
sal nou nou nog so bietjie speel en kyk
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1839
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Hoe werk dit manne
nou net op die 55 gr HPBT gekyk
22" loop
S321 - 26 gr
223 - 3138 f/ps
223 AI - 3022 f/ps
Nou ek verstaan druk kom n bietjie af maar nie so baie nie ( wat sal die punt dan wees van die AI, Swaarder punte ?)
Persoonlik dink ek die 223 Standard is n beter werker ?
Jammer as ek jou post gehijack het

- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Iets lyk nie lekker nie. Nie naby QL nou nie maar 223 wen baie met ackley omskakeling.
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1839
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Ek verstaan ook nie
Jy moet meer poeier gebruik om die selfde werksverrigting kry uit die AI, enigste verkul is die druk ?
Manne wat ken ..... help asb
Jy moet meer poeier gebruik om die selfde werksverrigting kry uit die AI, enigste verkul is die druk ?
Manne wat ken ..... help asb
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Ek skiet 'n 55gr vmax teen 3200fps uit 24duim loop, 223 standaard. Weet met ackley kan jy 65gr teen dieselfde spoed skiet.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa 223 Ackley??
Dankie vir die hulp sover manne. Man ek wil hom maar ackley vir die eenvoudige rede eerstens omdat ek wil , tweedend vir die klein verbetering in spoed en dan laastens vir die langer dop lewe.
Die keer het ek die skoot hoog deur! Manne met Howa 223 kan gerus ook kommentaar lewer. Nou moet ek net iewers geld uitkrap!!!!
Groetnis
Die keer het ek die skoot hoog deur! Manne met Howa 223 kan gerus ook kommentaar lewer. Nou moet ek net iewers geld uitkrap!!!!
Groetnis
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
met 24" loop skiet die 223 'n 55gr teen so 3200 fps en die Ackley wen so 60 fps
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa 223 Ackley??
Dankie Arnold. Wat maak hy met 40 en 50greiners?
Weet iemand miskien waar ek nou die beste prys op so n roer sal kry?
Groetnis
Weet iemand miskien waar ek nou die beste prys op so n roer sal kry?
Groetnis
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Arnoldus
Die Ackley weergawe het n goeie 140ft/sek met 55gr op die standaard 223. Dit is met S321 en ladings wat nie gekompakteer is nie. S321 kom baie beter tot sy reg in die Ackley weergawe en is n bietjie te stadig verbrandend vir die standaard 223.
Ek hardloop 65gr Sierra's met groot sukses in my 24 duim 1/9 twist teen 3180ft/sek.
Groetnis
Wouter
Die Ackley weergawe het n goeie 140ft/sek met 55gr op die standaard 223. Dit is met S321 en ladings wat nie gekompakteer is nie. S321 kom baie beter tot sy reg in die Ackley weergawe en is n bietjie te stadig verbrandend vir die standaard 223.
Ek hardloop 65gr Sierra's met groot sukses in my 24 duim 1/9 twist teen 3180ft/sek.
Groetnis
Wouter
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Wouter, dit is wat QL sê met die 223 en 55gr koeels teen omtrent dieselfde druk vlakke.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Hallo Arnold
Ek sien ons benader die ding so bietjie anders. Ek het gegaan op die volgende. Die CIP maksimum drukvlakke op die 223 Rem is so 62 000psi. Ek het 100% dopvulling as die maksimum gevat in beide die kalibers vanwee balpoeier se geneigdheid tot clumping as dit saamgepers word en vandaar my syfers. Hierdie is n praktiese oorweging wat op gewerk is met hierdie kalibers en dus my syfers. Met die 223 Ackley was die drukvlakke nog onder die 60 000psi met die kreteria. Die standaard 223 kan nie by die drukvlakke uitkom met die poeier nie al wil hy vanwee interne volume beperkings.

- william007
- Hero Member

- Posts: 775
- Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Armand ek weet Camdix se pryse is so ver die beste met Howa gewere want hulle is die grootste invoerders van Howa gewere ek het al n paar by hulle gekoop.
Maar ek moet vir jou nou in die selfde asem se ek het nou die dag n 308 varment Howa gekoop by Maskam wapens toe is sy prys better as camdix sin,so die beste is bel maar biekie rond maar as jy nie agter die duk loop is nie kan jy vir Camdix n lui gee ek sien hulle is nou daar vir R7400 weet net nie of daar nog vooraad is nie
Maar ek moet vir jou nou in die selfde asem se ek het nou die dag n 308 varment Howa gekoop by Maskam wapens toe is sy prys better as camdix sin,so die beste is bel maar biekie rond maar as jy nie agter die duk loop is nie kan jy vir Camdix n lui gee ek sien hulle is nou daar vir R7400 weet net nie of daar nog vooraad is nie
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa 223 Ackley??
Baie dankie Wouter vir jou skrywe! Wat dink jy sal die ligter koels maak? My doel met die geweertjie gaan maar net wees ongediertes en wild uitskiet in die nag tot op 200m. As dit windstil is sal ek die afstand nog bietjie rek tot se n maks van 250m wat vir my sommer n diep ver skoot in fdie nag is..
Groetnis
Groetnis
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Howa 223 Ackley??
Ek is die 10de Mei in Vredendal vir n 4x4 uitdaging so ek sal dan sommer gou by Maskam Wapens n draai maak. Jy weet nie of die koperasie al wapens aanhou nie? Ek het verstaan hulle is in die proses met die handelaars liksens?
Dink ek gaan vandag vir Camdix n mail stuur en hoor wat hulle se. My pitte is maar min op die oomblik!!
Groetnis
Dink ek gaan vandag vir Camdix n mail stuur en hoor wat hulle se. My pitte is maar min op die oomblik!!
Groetnis
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Armand
Looplengte en die nodespoed wat daarin verkry kan word met spesifieke gewig koeels is altyd vir my die grootste konsidirasie. Wat is die looplengtes van die Howa's dan vat ons dit van daar.
Groetnis
Wouter
Looplengte en die nodespoed wat daarin verkry kan word met spesifieke gewig koeels is altyd vir my die grootste konsidirasie. Wat is die looplengtes van die Howa's dan vat ons dit van daar.
Groetnis
Wouter
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Wouter, ek hoor wat jy sê. Ek vergelyk maar alle moderne kalibers op gelyke drukvlakke wat nie 60k PSI oorskry nie. Natuurlik as ek sien teen watse druk baie ouens hulle gewere skiet raak ek so bietjie bang ...
Ek het bv. in my 223 gekry dat hy begin druk tekens wys het by 55k PSI. Dit was lank terug en met wat ek nou weet sou ek dit dalk anders gediagnoseer het soos bv. headspace omdat ek doppe te klein size, maar dit is nou in die verlede en die ervaring wat ek van die 223 het.
In plaas van die drukvlakke so erg opstoot sou ek ook eerder kyk na 'n swaarder koeel as die loop se groefdraai dit toelaat.
Howa se loop lengte is 24" vir die Varmint en 22" vir die sporter.
Ek het bv. in my 223 gekry dat hy begin druk tekens wys het by 55k PSI. Dit was lank terug en met wat ek nou weet sou ek dit dalk anders gediagnoseer het soos bv. headspace omdat ek doppe te klein size, maar dit is nou in die verlede en die ervaring wat ek van die 223 het.
In plaas van die drukvlakke so erg opstoot sou ek ook eerder kyk na 'n swaarder koeel as die loop se groefdraai dit toelaat.
Howa se loop lengte is 24" vir die Varmint en 22" vir die sporter.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Arnold
Jy praat waar oor die hoe drukvlakke wat manne hardloop in hulle roere. Die ergste as jy iemand daarop wys met n beredenerende antwoord dan word jy nog steeds afgelag! Is dan maar die ou gesegte as jy nie wil hoor nie dan moet jy maar voel.
Ek stem met jou oor die swaarder koeels as jou groefdraai dit toelaat en dit is juis hoekom ek die 65gr roete gevolg het. Ek oes ook met die geweer en die swaarder koeel help verseker met dieper penetrasie asook die wind te danke aan die hoer BC.
Het jy dalk n idiee van die Howa se twist?
Groetnis
Wout
Jy praat waar oor die hoe drukvlakke wat manne hardloop in hulle roere. Die ergste as jy iemand daarop wys met n beredenerende antwoord dan word jy nog steeds afgelag! Is dan maar die ou gesegte as jy nie wil hoor nie dan moet jy maar voel.
Ek stem met jou oor die swaarder koeels as jou groefdraai dit toelaat en dit is juis hoekom ek die 65gr roete gevolg het. Ek oes ook met die geweer en die swaarder koeel help verseker met dieper penetrasie asook die wind te danke aan die hoer BC.
Het jy dalk n idiee van die Howa se twist?
Groetnis
Wout
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Ek sien die nuwe Howa 223 het 'n 9 twist, dit sal baie nice wees! Ek dink die vorige modelle was almal 12 twist.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Armand
Met die 22 duim loop sal jy 55gr koeels teen n nodespoed van 3265ft/sek kan skiet en met die 24 duim loop sal 60-65 greiners die beste resultate gee mits jy die 1-9 twist loop het. Nodespoed vir die 60gr sal 3210ft/sek wees en 3180ft/sek vir die 65gr.
Groetnis
Wouter
Met die 22 duim loop sal jy 55gr koeels teen n nodespoed van 3265ft/sek kan skiet en met die 24 duim loop sal 60-65 greiners die beste resultate gee mits jy die 1-9 twist loop het. Nodespoed vir die 60gr sal 3210ft/sek wees en 3180ft/sek vir die 65gr.
Groetnis
Wouter
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Hierdie is nou vir die 223 Ackley reg?
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Arnold wrote:Ek sien die nuwe Howa 223 het 'n 9 twist, dit sal baie nice wees! Ek dink die vorige modelle was almal 12 twist.
Goeie dag Arnold, wil net seker maak oor die nuwe Howa met 1-9 twist. Wanneer gaan hulle by ons wees en waar kom die informasie vandaan? Ek het nou weer op Howa se blad gaan kyk en hy wys 1-12" twist.
Dit sal baie nice wees as die 22-250 met dieselfde groefdraai gaan uit kom, ek het juis my 22-250 vandag verkoop om een te bou met 1-9 of 1-8 twist loop. Dit gaan my baie geld spaar as Howa dan nou sommer een van die rak af het
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Arnold
Yep.
Yep.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Howa 223 Ackley??
Rudie, LegacySports se webblad dui dit so aan. Ek is nie 'n handelaar of invoerder nie so kan jou nie antwoord op wanneer en of ons van hulle gaan kry nie. Die 22-250 word gewys met 'n 12 twist op die webblad, wat reeds beter as 'n 14 twist is.