Page 1 of 2
Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Mar 20, 2014 7:36 am
by Gawie(13mm)
Dagsê manne.
Wlm het gevra dat ek die fotos plaas. Hy sal die nodige woorde kom bylas.
Groetnis,
Gawie.
recoilpad 001.jpg
ferreira 001.jpg
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Mar 20, 2014 9:15 am
by Hugo
Is ek reg as ek se dat frikkie Ferreira die pads maak?
Ek gaan op al my gunne die moet sit, ek is mos hoeka n Ferreira.
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Mar 20, 2014 9:17 am
by Katefbessie
Gawie en Hugo dis inderdaad Frikkie se Recoil pads! Hy tans besig om vir my i kolf te bou en daardie recoil pad is gefit. Na my mening is dit 'n bitterlikke lekker recoil pad
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Mar 20, 2014 9:33 am
by Johan Reyneke
Enige idee wat prys die pads
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Mar 20, 2014 9:42 am
by Gawie(13mm)
Manne, Wlm roer daar op sy werf en is nie telefonies beskikbaar nie. Ek het slegs vir hom die fotos geplaas. As julle manne nou mooi kyk op die foto van die sponsie in sy verpakking, sal julle twee selfoon nommers sien.
Hoe lyk dit? Bel en bestel.
Groetnis,
Gawie.
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Mar 20, 2014 2:32 pm
by wlm
Dankie Gawie
Ek waardeer jou hulp. Dit is inderdaad Frikkie Ferreira se "recoilpad".
Die Ruger 300WinMag se sintetiese kolf is smal en het so 'n harde skopkussing opgehad. Ferreira se skopkussing is lekker groot en het geen metaalplaat binne-in nie. Jy kan dit met gemak afwerk na die verlangde grootte. Ek het nie die Ruger se profiel gevolg nie. Die skopkussing is na vore smaller afgeskuur om by die kolf aan te pas,maar die agterkant is breed gelos. Sodoende het ek die "voetspoor" wat die kolf op my skouer trap vergroot. Die ligte Ruger is aansienlik makker met die nuwe skopkussing op.
Die skopkussing is lekker sag en werk maklik en mooi sekuur af. Ek het nie 'n bandskuurder nie en het sommer die growwe afwerking met 'n klein hoekslyper met 'n skuurpapier-wiel gedoen en die finale afwerking met die hand. Ek het die rubber kort-kort nat gemaak tydens die proses. Ek gaan nog van die produk wat mens op jou bakkie se "dash" spuit op sit om die kleur mooi swart te kry. Williston het ongelukkig nie 'n Midas nie.
Ek is baie tevrede met die produk. Die prys is baie billik en geensins 'n weerspieeling van die kwaliteit nie. Ek het Frikkie juis gekontak na ek van hom gelees het op die forum.Kontak maar vir Frikkie self om te bestel.
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Mar 20, 2014 2:38 pm
by wlm
Nou net met Fikkie gepraat die prys is R140-00 per pad.
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Mar 20, 2014 7:30 pm
by Jake1
Hoe werk mens die "pad" af tot op grote van jou kolf? Is dit 'n selfdoen projek, of stel julle voor eerder deur geweersmid? Wil graag my 3006 s'n vervang, en dit is regtig nie 'n plaas se prys nie.
Jake1
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Mar 20, 2014 9:19 pm
by Pvdw
Ek bly so paar kilos van frikkie af. Het Januarie na daai pads gestaan en kyk. Hy mould hulle sommer self. Hy werk dit af met 'n bandskuurder. Hy het my so vinnige demo gegee.
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Fri Mar 21, 2014 6:53 am
by Armand Steenkamp
Lyk my dis maar die pad wat n man in die land moet stap, as invoer produkte belaglik duur raak ontwerp self die produk en verkoop teen n redelike prys. Lekker recoil pad teen n goeie prys!
Groetnis
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Fri Mar 21, 2014 9:36 am
by grumpy
Hoe vergelyk die recoil pad teen die Pachmyr Decelerator? Sal hy meer skop absorbeer as die Pachmyr? Is hy dukker?

Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Fri Mar 21, 2014 11:25 am
by wlm
grumpy wrote:Hoe vergelyk die recoil pad teen die Pachmyr Decelerator? Sal hy meer skop absorbeer as die Pachmyr? Is hy dukker?

Grommie
Na my mening niks swakker as Pachmayer nie. Verdere voordeel dat die pad tot enige breedte afgeskuur kan word omdat hy nie staalplaat binne-in het nie. Selfs die "small" Pachmayer is te breed vir die Ruger se kolf.
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Fri Mar 21, 2014 12:31 pm
by grumpy
Wlm, dankie vir die vinnige terug kom. Is hy dikker as die Pachmyr?
Miskien moet ek net een koop en kyk hoe lyk hy. Ek weet dis moeilik om op die fotos te vergelyk. Ek neem aan hy vat net soveel skop ook uit. Die voordeel van die breedte is hy versprei dit op die skouer. Hy mag miskien meer skop weg vat as die pachmyr.
Waar is jy? Ek dink die beste gaan wees om maar een te koop en dan hom te voel en bekyk en self afleiding maak en dan sal ek ook my terugvoer kan gee. Dink om hom op die Ruger 375 te probeer!!
PM my jou bank besonderhede asb dan kan ons reel en betaling maak.
Ek het Impala punte bestel die 17de en dit le steeds nog waar dit ingegee is! Vedomde sleg wetters wat nie wil werk maar einde van die maand staan hulle bak hande en wil nog bonus ook he!!

Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Fri Mar 21, 2014 3:30 pm
by wlm
Grumpy
Kyk op die eerste foto is Frikkie Ferreira se kontakbesonderhede.
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Fri Mar 21, 2014 7:55 pm
by grumpy
Ek het hom vanmiddag n sms gestuur. Nog niks terug gehoor nie.
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Sat Mar 22, 2014 7:55 am
by tripodmvr
Frikkie rus seker. Dit was darem 'n vakansiedag.
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Wed Jul 02, 2014 6:51 pm
by Jodyc
Ek het vandag vir my n Ferreira recoil pad laat fit, deur Grobbies by Magalies wapens. Is julle manne gelukkig met julle recoil pads?
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Wed Jul 02, 2014 8:00 pm
by NEGE3
Baie goeie produk. Het een op my 8x68S en terugskop is niks meer as my 9.3x62 nie. Julle kan hom met 'n geruste hart koop.
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Wed Jul 02, 2014 8:39 pm
by Jodyc
Ek het hom op my .308 gesit, so met wat kan dit vergelyk?
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Jul 03, 2014 7:22 am
by JAGTERSREG-JRM
Grumpy dit is n dik recoil pad, nee seker hoe dik Pachmayer is nie.
Manne
Wat ek met alle eerlikheid kan se is dar die Ferreira pad op my 458 Lott is en dit is werklik n plesier. My 375 Ruger het ook nou dieselfde oudjie op en oorweeg sterk om my Ruger No 1 416 Ruger ook ene op te sit (daai ruger recoil pads beteken absoluut niks, net n harde din ding)
Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Jul 03, 2014 7:54 am
by BRNO (Pierre)
Voor ek besit geneem het van my .223 het ek dat Frikkie self die recoil pad opsit. As ek reg onthou was dit iets soos R300. Baie netjiese produk, en netjiese vakmanskap ook. My .223Rem skop nou soveel soos n .222
Hugo wrote:Is ek reg as ek se dat frikkie Ferreira die pads maak?
Ek gaan op al my gunne die moet sit, ek is mos hoeka n Ferreira.
Enigste ding is die Ferreira. Ek kan maar net nie verby dit kom nie

Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Jul 03, 2014 8:35 am
by NEGE3
BRNO ek is bly jou 223Rem is nou 'n plesier om te skiet.

Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Jul 03, 2014 8:48 am
by BRNO (Pierre)
NEGE3 wrote:BRNO ek is bly jou 223Rem is nou 'n plesier om te skiet.

Dankie Koos. Ek was maar self bekommerd, maar nou sal ek seker darrem so vyf skote op n dag kan deur flinch

Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Jul 03, 2014 8:53 am
by NEGE3
BRNO (Pierre) wrote:NEGE3 wrote:BRNO ek is bly jou 223Rem is nou 'n plesier om te skiet.

Dankie Koos. Ek was maar self bekommerd, maar nou sal ek seker darrem so vyf skote op n dag kan deur flinch

Lekker lag ek nou.

Re: Ferreira "recoil pad"
Posted: Thu Jul 03, 2014 9:20 am
by JAGTERSREG-JRM
NEGE3 wrote:BRNO (Pierre) wrote:NEGE3 wrote:BRNO ek is bly jou 223Rem is nou 'n plesier om te skiet.

Dankie Koos. Ek was maar self bekommerd, maar nou sal ek seker darrem so vyf skote op n dag kan deur flinch

Lekker lag ek nou.

Julle manne het nou amper veroorsaak dat ek agteroorval op my stoel.......lekker gelag. n .223 wat skop en n geflinch (nee pierre nee mater)