Page 1 of 1
Uitsterf of uitroei van 'n spesie..
Posted: Sun Mar 16, 2014 3:51 pm
by Cobus(Cobb)
Vrinne, julle kan maar hier bietjie skerts en hi-jack, nadat ek 'n antwoord gekry het..
Wat se dier of spesie wat 'n gekontroleerde Finansiele waarde het, het al uitgesterf of is al uitgejag of uitgebruik(vee), vanaf 1900??
Ek luister graag..
Re: Uitsterf of uitroei van 'n spesie..
Posted: Sun Mar 16, 2014 4:16 pm
by Pvdw
Geen wat ek van weet nie. As hy waarde het sorg die mens dat hy nie uitsterf nie.
So ook met wild, die oomblik wat wild waarde begin kry het, is daar na hulle begin omsien.
Dis die rede waarom ons wildgetalle sederd die 50's en 60' s letterlik ontplof het tot waar ons nou staan
As hy waarde het het die mens rede om na dit om te sien.
Re: Uitsterf of uitroei van 'n spesie..
Posted: Sun Mar 16, 2014 4:20 pm
by Johnnie De Wet
hoender, vark, bees en perde spesies het al uitgesterf omrede hul vervang of uitgeteel is met diere wat hoër opbrengs lewer of daar nie meer n behoefte is aan n sekere nut van die dier nie.
Re: Uitsterf of uitroei van 'n spesie..
Posted: Sun Mar 16, 2014 4:39 pm
by mariusr
Daar is spesies wat voor 1900 uit gesterf het ! Die bloubok, Kwagga en kaapse leeu was al so by 1875 reeds verlore!
Re: Uitsterf of uitroei van 'n spesie..
Posted: Sun Mar 16, 2014 4:56 pm
by Cobus(Cobb)
mariusr wrote:Daar is spesies wat voor 1900 uit gesterf het ! Die bloubok, Kwagga en kaapse leeu was al so by 1875 reeds verlore!
Maar hulle het geen Rand waarde gehad nie...was net potvleis, trofee en PAC
Jy sien..as jy loop kyk na wat WWF sê wat op die "uitsterf" lys is bv Leeu, Olifante, Renoster, Panda, aag wat ookal, dan is dit juis die spesies wat "beskermd" is en geen GEKONTROLEERDE, (praat nie van swartmark), waarde het nie.
Cheers
Re: Uitsterf of uitroei van 'n spesie..
Posted: Sun Mar 16, 2014 7:26 pm
by Capt. Yoda
Die stuk wat Dimitri geplaas het se nogals baie
"However, she explained that sustainable trophy hunting and private ownership of game has allowed wildlife to flourish, with private game reserves growing from four to about 10 000 in 50 years. Game headcount rose to 16-million from only 500 000 in the same period. "
http://www.news24.com/Travel/South-Afri ... a-20140312
Re: Uitsterf of uitroei van 'n spesie..
Posted: Sun Mar 16, 2014 10:13 pm
by Jake1
Money Talks!!! Dit moet miskien nie so wees nie, maar lets face it- dit is nou maar net eenmaal so en klaar. Pvdw slaan die spyker so reg bo op die kop.
Jake1
Re: Uitsterf of uitroei van 'n spesie..
Posted: Sun Mar 16, 2014 10:20 pm
by Jacquesb
Daar word in voelboerdery dikwels gepraat van spesies wat in die natuur uitsterf alhoewel dit n hoe waarde het. Bv Spix Macaw. Die rede kan die troeteldierbedryf wees of onwettige handel. Of omdat die voels nie in gevangenisskap wil broei nie, maar steeds wildgevang word vir die mark.
Dieselfde kan gese word van die Clown Loach as aquariumvis. Hy broei nie in gevangenisskap nie en word voortdurend ingevoer. Dit kan tot uitsterf in die natuur lei. N verdere voorbeeld is inheemse broodbome wat so te se uitgesterf is terwyl dit steeds vir tradisionele medesyne gebruik word en deur versamelaars in die natuur versamel word om in hul tuine te plant. Die plante vrek dan of kan nie sonder ander lede van sy soort voortplant nie. Dit lei tot verbastering. Daar is bv net enkele wilde woodii plante in die natuur oor en dis nie die enigste spesie met daardie dilemma nie. Die paar woodii basters in versamelaars se hande gaan jare se toewyding verg om weer opreg te teel.
Re: Uitsterf of uitroei van 'n spesie..
Posted: Mon Mar 17, 2014 8:16 am
by mariusr
Dis nogal intressant om te sien dat diere en voels so ver terug as die 1600's begin uitsterf het.Die mens het in die meeste gevalle ook maar insette gehad en bygedra tot die verlies? Soos genoem die Spix macaw is maar onglangs gebeur maar blykbaar was daar ook nooit baie van hulle in die natuur gewees en hul verspreiding was maar klein gebied gewees? So hulle was baie vatbaar vir enige inmenging.Daar is paar mense wat hulle wel besit en hulle broei redelik goed in gevangeniskap.Daar is een ryk oliemagnaat wat iets soos 29 spix macaws het.Het so ruk terug met dr Kingsley gepraat en hy die Spix al gesien by die mense.Jy kan blykbaar paar kry vir so 500,000 dollar! Daarom kan ek nie sien hoe ou buffel kan koop vir 30mil en is nie eers bedreig nie?
Re: Uitsterf of uitroei van 'n spesie..
Posted: Wed Mar 26, 2014 1:30 pm
by Dimitri
Cobus, I cannot think of any species with financial value that has become extinct since 1900.
The rhino still has financial value but at the rate poaching of that species continues to escalate it may well be heading for extinction. With regard to rhino and elephant, in criticizing the destruction/burning of ivory (Kenya, France) and the trade ban in rhino horn, Ron Thomson said something along these lines: Which idiot burns/destroys gold bars confiscated from drug dealers instead of cashing in those gold bars and using them in the fight against drugs? I think he makes a good point.
Sungazer lizard numbers have apparently dropped significantly in the wild - partly because of the pet trade. So here is a species that is being threatened - in the wild - by it's financial value as a pet.
It is unfortunate, in a sense, that species that have little or no financial value are not protected to the same degree that the high-value species are. It is a sad that species such as riverine rabbit, blue swallow and golden mole seem to have a drastically higher probability of becoming extinct than the blesbok, impala or kudu.
Perhaps with the riverine rabbit you could market a few p.a. to species hunters for a significant amount of money (perhaps double what you would pay for a blue duiker considering that the rr are far more rare). That may make some landowners sit up, take note and implement some sort of initiative that protects the rr with a promise of a financial incentive down the line.
However, what about species that are not typically hunted or otherwise utilised e.g. the blue swallow or golden mole? We cannot allow them to become extinct due to that fact that we currently have no or little use for them. As hunters we should also be conservationists. (First a conservationist, then a hunter otherwise there will be nothing to hunt). And as custodians of the plants and animals we should be concerned about all of them - not just the ones we hunt or those that have financial value.