Page 1 of 1
Spacer tussen kolf en skop kussing om LOP te verleng?
Posted: Sat Mar 15, 2014 8:11 pm
by Lamtjop
Naand almal, ek wil my kolf so klein bietjie 1-2cm verleng, maar ek weet nie rerig waste material ek tussen kolf en skop kussing kan insit nie, tussen die 2 is daar reeds n swart stukkie plastiek van soort in, ek wil net nog so iets bysit. En dan wil ek ook weet is daar n "trick" om skop kussing los te kry, die is vas gegom. En waste gom sal jul voorstel om die spul weer terug te sit as ek die verlangde lengte bereik het.
Groete Tjops
Re: Spacer tussen kolf en skop kussing om LOP te verleng?
Posted: Sat Mar 15, 2014 9:25 pm
by Gawie(13mm)
NaandsĂȘ.
Gooi vir ons 'n kiekie op van jou roer se skopkussing.
As hy net gelym is sal jy hom met 'n skalpel kan lossny. Skuur dan die kussing gelyk met 180grit skuurpapier en doen dieselfde met die kolf. Jy kan HTPE of iets dergliks by 'n ingenieurswerkswinkel kry. Dit vorm maklik met 'n bandskuurder. Dit is 'n harde plastiek wat redelik "sleitbestand"is. Skroef nou die kussing vas met met die spasieerder tussen in.
Re: Spacer tussen kolf en skop kussing om LOP te verleng?
Posted: Sun Mar 16, 2014 9:14 am
by JTM
Re: Spacer tussen kolf en skop kussing om LOP te verleng?
Posted: Sun Mar 16, 2014 10:35 am
by henning
Lamtjop wrote:Naand almal, ek wil my kolf so klein bietjie 1-2cm verleng, maar ek weet nie rerig waste material ek tussen kolf en skop kussing kan insit nie, tussen die 2 is daar reeds n swart stukkie plastiek van soort in, ek wil net nog so iets bysit. En dan wil ek ook weet is daar n "trick" om skop kussing los te kry, die is vas gegom. En waste gom sal jul voorstel om die spul weer terug te sit as ek die verlangde lengte bereik het.
Groete Tjops
Ek het baie van die HTPE goed by my huis, in swart kleur.
As jy posgeld betaal, stuur ek dit vir jou verniet, mahala.
Groete
Henning
Re: Spacer tussen kolf en skop kussing om LOP te verleng?
Posted: Sun Mar 16, 2014 10:46 am
by andre007
henning wrote:Lamtjop wrote:Naand almal, ek wil my kolf so klein bietjie 1-2cm verleng, maar ek weet nie rerig waste material ek tussen kolf en skop kussing kan insit nie, tussen die 2 is daar reeds n swart stukkie plastiek van soort in, ek wil net nog so iets bysit. En dan wil ek ook weet is daar n "trick" om skop kussing los te kry, die is vas gegom. En waste gom sal jul voorstel om die spul weer terug te sit as ek die verlangde lengte bereik het.
Groete Tjops
Ek het baie van die HTPE goed by my huis, in swart kleur.
As jy posgeld betaal, stuur ek dit vir jou verniet, mahala.
Groete
Henning
Henning
wat se tipe materiaal is dit, is dit iets soos High dencity foam?
Re: Spacer tussen kolf en skop kussing om LOP te verleng?
Posted: Sun Mar 16, 2014 12:34 pm
by DWB
Nee dit is soos die swart besproeings waterpyp.
Het self my kolf daarmee verleng.
Kyk mooi, dit lyk soms of die skopkussing vas gelym is, maar eintlik is daar gleufies in, soek op youtube na "installing a Pachmayr decelerator recoil pad"
Re: Spacer tussen kolf en skop kussing om LOP te verleng?
Posted: Sun Mar 16, 2014 11:36 pm
by henning
Nee, dit is nie high dencity foam of water pyp goet nie.
Dit is n tiepe Teflon meteriaal wat party mense gebruik vir n brood of vleis snyplank en dit word ook op boot treilers gebruik sodat die boot maklik van die trailer af gly.
Ek kan ook vir jou se dat dit is vrek duur as jy dit moet koop.
Lamtjop, ek glo amper nie dat jou recoilpad vas gegom is nie al lyk dit so.
Die pad word gewoonlik met twee skroewe van agter af vas geskroef. Jou probleem kan moontlik wees dat jy nie die skroef gaate kan sien nie omdat die rubber waardeur die skroewedraaier gedruk was vou weer terug na sy oorspronklike posisie sodat jy nie kan sien dat daar skroewe en n skroewedraaier deur die rubber was nie.
So kyk baie mooi na die agterkant van die recoilpad en jy sal moontlik die plek kan sien waar die skroewe deur gegaan het.
Gewoonlik is dit n ster skroewedraaier, want n plat skroewedraaier sny die rubber.
Groete
Henning
Re: Spacer tussen kolf en skop kussing om LOP te verleng?
Posted: Sun Mar 16, 2014 11:48 pm
by Cobus(Cobb)
Ek het so gemaak:
afval stukke perspex by perspex winkel...verniet
botteltjie assetoon of perspex gom...paar rand
Plak die perspex aan mekaar..myne is wit/rooi/wit
Sny in rowwe kolf vorm an plaas tussen kolf en recoilpad
Werk af tot mooi fit...nou is jou geweer ook bietjie " ge personlised...one of a kind, special edition"
jy kan enige kleur combo vat, wit/groen/wit lyk ook mooi en jy kan natuurlik blou ook insit..
Cheers
Re: Spacer tussen kolf en skop kussing om LOP te verleng?
Posted: Mon Mar 17, 2014 6:19 am
by DWB
Ek het al deurskynende Perspex ook gehad, lyk nogals funky

Re: Spacer tussen kolf en skop kussing om LOP te verleng?
Posted: Mon Mar 17, 2014 7:45 am
by andre007
henning wrote:Lamtjop wrote:Naand almal, ek wil my kolf so klein bietjie 1-2cm verleng, maar ek weet nie rerig waste material ek tussen kolf en skop kussing kan insit nie, tussen die 2 is daar reeds n swart stukkie plastiek van soort in, ek wil net nog so iets bysit. En dan wil ek ook weet is daar n "trick" om skop kussing los te kry, die is vas gegom. En waste gom sal jul voorstel om die spul weer terug te sit as ek die verlangde lengte bereik het.
Groete Tjops
Ek het baie van die HTPE goed by my huis, in swart kleur.
As jy posgeld betaal, stuur ek dit vir jou verniet, mahala.
Groete
Henning
Hallo Henning
Sal jy vir my daarvan kan afstaan?
Re: Spacer tussen kolf en skop kussing om LOP te verleng?
Posted: Mon Mar 17, 2014 9:49 am
by henning
andre007, dit is geen probleem.
Groete
Henning