Page 1 of 2

CZ .450 Rigby

Posted: Fri Mar 14, 2014 8:53 pm
by Ralph Badenhorst
Goeie naand manne

Ek't hierdie laaste 2 weke aan die geweer gewerk. Dit was n .458 Win Mag wat ons ge-herkamer het na n .450 Rigby. Ons het die V-sight afgehaal en vervang met n Ghost Sight wat agter monteer. Vir die Island waar die V-sight gemonteer was is daar n blok in gesit wat net uitgetik kan word om die oorspronklike V-sight terug te sit. Die Voor sight is ook verander na ons styl voor sight. Die loop is afgesny na 20" op die klient se aanvraag :o . Verder het ek n nuwe kolf gemaak asook die wapen se metaal werk ge Rust Blue.

Groete

Ralph jr.

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/cz%20450%20rigby%20custom/IMG_8942_zps3750a728.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/cz%20450%20rigby%20custom/IMG_8954_zps8e607799.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/cz%20450%20rigby%20custom/IMG_8952_zps964d6c80.jpg[/image]

[image]http://i1072.photobucket.com/albums/w367/ralph1691/cz%20450%20rigby%20custom/IMG_8953_zpsc449e1c4.jpg[/image]

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Fri Mar 14, 2014 8:54 pm
by Ralph Badenhorst

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Fri Mar 14, 2014 8:55 pm
by Ralph Badenhorst

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Fri Mar 14, 2014 9:01 pm
by Ralph Badenhorst
O ja die Ghost sight is ingeskiet op 35m volgens die klient se versoek. Jammer oor die teiken wat vol .22 gaatjies is. Iemand het na die tyd op my teiken geskiet

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Fri Mar 14, 2014 9:22 pm
by douw
Baie baie mooi!!

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Fri Mar 14, 2014 9:57 pm
by Ralph Badenhorst
Dankie douw

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Fri Mar 14, 2014 10:16 pm
by Johan Nel
Ralph,
Weereens kan my mond net oophang. Dis nog 'n pragstuk daardie.

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Sat Mar 15, 2014 7:14 am
by rudib
baie lekker backup roer daai.

Wat is die rede dat die voorste "stud" presies sit waar jy die roer vashou?

Hy gaan jou pla tydens recoil

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Sat Mar 15, 2014 2:38 pm
by DWB
Ralph, het julle ñ nuwe kolf ook gebou? Of net die ou een oorgedoen?

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Sat Mar 15, 2014 2:39 pm
by Ralph Badenhorst
Nuwe kolf gebou ook.

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Sat Mar 15, 2014 3:24 pm
by DWB
Baie mooi

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Sun Mar 16, 2014 3:19 pm
by Ralph Badenhorst
rudib wrote:baie lekker backup roer daai.

Wat is die rede dat die voorste "stud" presies sit waar jy die roer vashou?

Hy gaan jou pla tydens recoil
Hi rudib

Sien die aangehegte foto van die oorspronklike kolf.

Ons het weg gedoen met die 2 gate van die oorspronklike kolf. Dit lyk effens mooier. Ek glo nie dit gaan pla met recoil nie, die stud is te ver voor en jy gaan n paar lang arms moet he om daar jou geweer vas te hou. Die stud is ook verder voorentoe op die checkering geskyf as wat die foto uitbeeld.

Groete

Ralph jr.

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Sun Mar 16, 2014 3:25 pm
by rudib
Julle is die experts ;-)

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Sun Mar 16, 2014 3:33 pm
by Ralph Badenhorst
rudib wrote:Julle is die experts ;-)
hahaha ;D ;D

Geen pyn rudib - geldige vraag

Sal jou eendag vertel wat n expert is volgens ons - paar "experts" op die forum kan dalk sensetief raak oor die definisie daarvan.


Groete

R

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Sun Mar 16, 2014 3:38 pm
by rudib
;D

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Sun Mar 16, 2014 7:45 pm
by Ralph Badenhorst

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Mon Mar 17, 2014 12:36 pm
by ZKK
Beste Ralph.
Ek het n vraag wat my nou al n hele ruk lank pla.
Is dit moontlik om n ghost ring sight op n geweer te monteer op so n manier dat mens nogsteeds quick release scope mounts en iets soos n 1-4x20 vergroting scope ook op die geweer te kan monteer.

So as die persoon sy scope afhaal, kan hy die ghost ring sights gebruik.

Groete, ek hoor graag van jou

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Mon Mar 17, 2014 1:13 pm
by Stefan764
rudib wrote:baie lekker backup roer daai.

Wat is die rede dat die voorste "stud" presies sit waar jy die roer vashou?

Hy gaan jou pla tydens recoil
Rudi dis n baie geldige punt.

My geweer se stud pla my nie, my gebreklike linkerarm kom nie daar uit nie maar Bryan wat dieselfde geweer as ek het se stud kerf hom lelik met recoil, veral as jy die 500greiners hier by 2400fps beginne gooi. Hugov hier op die forum het ook al met die roer geskiet en selle pla hom ook. Ek sou (maar ek hoef nie oor my krom arm) defnitief n barrel band oorweeg. Veral as jy soos wat Ralph hulle hier gedoen het die voorste visier vervang (barrel band kan nie oor die bestaande CZ visier skuif nie, jy moet hom afhaal en weer vas sweed).

Ralph, kan ek jou vra wat die omskakeling die klient gekos het?

Groete
Stefan

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Tue Mar 18, 2014 10:19 pm
by Ralph Badenhorst
Stefan764 wrote:
rudib wrote:baie lekker backup roer daai.

Wat is die rede dat die voorste "stud" presies sit waar jy die roer vashou?

Hy gaan jou pla tydens recoil
Rudi dis n baie geldige punt.

My geweer se stud pla my nie, my gebreklike linkerarm kom nie daar uit nie maar Bryan wat dieselfde geweer as ek het se stud kerf hom lelik met recoil, veral as jy die 500greiners hier by 2400fps beginne gooi. Hugov hier op die forum het ook al met die roer geskiet en selle pla hom ook. Ek sou (maar ek hoef nie oor my krom arm) defnitief n barrel band oorweeg. Veral as jy soos wat Ralph hulle hier gedoen het die voorste visier vervang (barrel band kan nie oor die bestaande CZ visier skuif nie, jy moet hom afhaal en weer vas sweed).

Ralph, kan ek jou vra wat die omskakeling die klient gekos het?

Groete
Stefan
Goeie naand Stefan

Ek stem saam met die barrel band, dit is ook altyd n aanbeveeling aan ons kliente.

Uitleg van die wapen omskakeling:

Swartivoor tips
Herkamer na 450 Rigby + aksie werk + sneller verfyn
Nuwe kolf maak + Recoil lugs
Glassbed
Custom Ghost sight + Frontsight + beads + Island sight coverplate
Rust Bluing
Loop Korter sny + kroon sny

Was net so onder die R20 000 in totaal

Groete

Ralph jr.

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Wed Mar 19, 2014 7:26 am
by rudib
Ralph, sluit dit die plank ook in?

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Wed Mar 19, 2014 7:30 am
by Ralph Badenhorst
rudib wrote:Ralph, sluit dit die plank ook in?
Hi rudib

Ja dit sluit die blank ook in.

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Wed Mar 19, 2014 7:45 am
by rudib
Baie goeie prys vir al daai werk!

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Wed Mar 19, 2014 7:46 am
by DWB
Ralph hierdie is nou regtig een van die mooier meer klassieke gewere wat julle nog in my opinie gebou het.

Sal hom optel en met hom gaan jag!

Neem vir ons 'n mooi side profile foto asb.

Reg van die kant af.

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Wed Mar 19, 2014 10:45 am
by Stefan764
Ralph, dis regtig n baie billike prys wat daai man betaal het om vir hom n droomgeweer te bou.

Baie mooi eindresultaat en n perfekte kaliberkeuse!

Groete

Re: CZ .450 Rigby

Posted: Wed Mar 19, 2014 8:35 pm
by Ralph Badenhorst
DWB wrote:Ralph hierdie is nou regtig een van die mooier meer klassieke gewere wat julle nog in my opinie gebou het.

Sal hom optel en met hom gaan jag!

Neem vir ons 'n mooi side profile foto asb.

Reg van die kant af.
Hello Deon

Jammer man sy baas het hom kom haal - Ek sukkel om n side profile te neem omdat my Canon Lens verkeerd is. My huidige lens sien mense nie die detail mooi nie.

Groete

R jr.