Page 1 of 1

Onbekende klein diertjie

Posted: Mon Mar 10, 2014 6:42 pm
by Williel
n Vriend was die naweek op n plaas Oos van Leonardville.
Die fotos is geneem van die vreemde diertjies in n natuurlike vlei wat vol gereen het.

Met n klomp wat nie weet nie het ek onmiddelik die ding erken.
In Engels roep hulle die gogga n "Triop".

Gaan lees meer hieroor by http://mytriops.com/articles/

Die se eiers het ek so 7 jaar terug in n speelgoedwinkel gekoop om juis iets interresant te doen met die kinders.
Inderdaad was dit n baie lekker en opvoedkundige eksperiment om ons eie Triops te broei van eiers af.
Die diertjies is oor die 200 mil jaar oud.

My eintlike vraag: Wie ken die Triops en het hulle al in hul natuurlike habitat beleef.
Ek was verbaas om te sien die skulpdiertjies lewe sommer hier onder my voete.
Uit die broeiery weet ek hulle eet proteine en dus sal muskietlarwes in sulke vleie pakkry.

Wil graag weet.

Re: Onbekende klein diertjie

Posted: Mon Mar 10, 2014 6:59 pm
by BLOK
Het hulle al paar keer gesien in die kalahari anne as dit reen, ook in die Vryburg omgewing as dit baie reen geval het.

Re: Onbekende klein diertjie

Posted: Mon Mar 10, 2014 7:09 pm
by Williel
Block, jy weet nie wat noem die mense die Triops in daai omgewing nie.

Re: Onbekende klein diertjie

Posted: Mon Mar 10, 2014 7:22 pm
by BLOK
Nee gits nie idee nie, ons maar altyd van die perdeskoen water goggas gepraat

Re: Onbekende klein diertjie

Posted: Mon Mar 10, 2014 7:27 pm
by Williel
Beter beskrywing in Afrikaans kry jy seker nie.
Dankie vir die terugvoer.

As enige iemand nog name het sal dit wardeer word. Wonder wat is die regte afrikaanse naam vir Triops.

Re: Onbekende klein diertjie

Posted: Mon Mar 10, 2014 9:40 pm
by Frikkie Coetzee
Ek het hulle eendag in Britstown in n ou qaurry poel gesien. Ons het nie geweet wat dit is nie

Re: Onbekende klein diertjie

Posted: Tue Mar 11, 2014 12:06 pm
by Williel
Dankie Gromit

Re: Onbekende klein diertjie

Posted: Tue Mar 11, 2014 1:01 pm
by Capt. Yoda
http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/1/12/Triops-longicaudatus-dorsal-ventral-edit2.jpg

http://en.wikipedia.org/wiki/Triops_longicaudatus

Re: Onbekende klein diertjie

Posted: Tue Mar 11, 2014 1:34 pm
by Williel
Baie mooi fotos daai. Ek doop die "Triops" sommer nou die Drie-oog-perdeskoen vir my eie gebruik.

Het met Google probeer vertaal maar gooi net dieselfde naam uit.

Re: Onbekende klein diertjie

Posted: Tue Mar 11, 2014 3:31 pm
by Fritz
In district nine noem ons hulle "prawns"