Page 1 of 1
herlaai
Posted: Mon Mar 10, 2014 4:41 pm
by jacoenwillie
dagse ons is twee ouens wat saam skiet en jag en ons het n herlaaistel maar nog nooit die tyd gehad om dit in werking te kry ons wil by iemand uitkom wat ons kan wys wat om te doen en hoe om te begin is daar iemand wat ons kan help ons is van ventersdorp af
sal opreg waardeer
Re: herlaai
Posted: Mon Mar 10, 2014 4:56 pm
by Jean Marais
Jaco en Willie, van waar is julle, dan kan ons dalk help.
Re: herlaai
Posted: Mon Mar 10, 2014 4:58 pm
by Cobus(Cobb)
Dagsê Jaco en Willie.
Welkom op die forum.
Ek sal voorstel julle begin eers lees oor alles wat jy kan vind hier op die forum, daar is baie baie inligting.
Youtube en Google is jou pel en Tripod is die baas...
Geniet dit hier, maak gaan stel julle self voor en vertel ons oor julle gewere, kalibers ens...
Cheers
Re: herlaai
Posted: Mon Mar 10, 2014 5:14 pm
by Pvdw
Jaco en/of Willie. Gaan maak gou "n draai by die nuwe aansluitings en stel jou/julle self daar voor.
Die manne sal gou inspring om te help as hulle weet met wie hulle gesels.
Peet
Re: herlaai
Posted: Mon Mar 10, 2014 5:14 pm
by BRNO (Pierre)
Jean, die manne is van Ventersdorp af.
As julle manne skaapbraai en n paar koues reel, kan ons altyd oorkom en n kursus kom aanbied.
Cobus is reg. Ek vir een het feitlik alles wat ek van herlaai af hioer op die forum geleer deur baie te lees, en dan ook deel te neem aan gesprekke. Vrae te vra, ou vrae te lees, en dan sommer ook antworode te gee, want dis n manier om te leer. Oom driepoot, Wouter, en n paar ander manne onder die dekmatel is skerp herlaaiers. Hier is baie hulp wat hier rondloop.