Page 1 of 1

.308 Motivering vir eerste Lisensie

Posted: Thu Mar 06, 2014 8:20 am
by Pieter .308
More Manne,

Ek wil graag hulp vra oor my .308 wat ek by my Pa erf. Ek het reeds my Bevoegdheids Sert. by die Polisie gekry
vir 'n jag geweer.

Ek moet nou my Motivering skryf vir my .308. Is dit nodig om Statestieke van die geweer in te sluit, soos bv.
Die grein waarmee 'n mens skiet, die spoed van die rontes wat gevuur word, die trajek ens???

Enige hulp sal waardeer word.

Baie dankie.

Pieter .308

Re: .308 Motivering vir eerste Lisensie

Posted: Thu Mar 06, 2014 8:26 am
by BRNO (Pierre)
Pieter, ek reken as jy nie die roete gaan volg dat iemand vir jou motivering skryf nie, kan jy die volgende in gedagte hou. Sit soveel in jou motivering as wat jy moontlik kan. Enige statistieke, balistiek fotos ens. Hoe meer volledig jou motivering is, hoe kleiner is die kans dat hulle die aansoek sal afkeur. Ek glo ook daarin dat jou motivering moet se hoekom hulle die lisensie moet goedkeur, en nie mag afkeur nie.

Re: .308 Motivering vir eerste Lisensie

Posted: Thu Mar 06, 2014 8:30 am
by Eugene
Praat met Jagtersregmotivering hier op die forum. Dit is wel moontlik om jou motivering self te doen, maar is dit regtig die moeite werd om 2 maande op te offer om te hoor jy het iets erens verkeerd gedoen? Kry eerder iemand wat al deur die proses is en die kleiner tegniese puntjies ken! Jy sal nie spyt wees nie!

Re: .308 Motivering vir eerste Lisensie

Posted: Thu Mar 06, 2014 8:54 am
by Pieter .308
Dankie Brno, Eugene.

Ek het 'n paar Motiverings maar wil net dood seker maak ek sit die regte goed in. Al wat my pla is dat ek nie Jagters Briewe het
by wie ek al gejag het nie. Iemand het vir my 2 gestuur, hel dit voel verkeerd om die goed net in te vul en self te teken...

Wat is julle gevoel oor die Briewe???

Re: .308 Motivering vir eerste Lisensie

Posted: Thu Mar 06, 2014 9:48 am
by JAGTERSREG-JRM
Pieter

Het jy n foto of twee van waar jy n bokkie geskiet het? Dan benodig jy nie enige briewe nie

Re: .308 Motivering vir eerste Lisensie

Posted: Fri Mar 07, 2014 12:54 pm
by Pieter .308
Kobus,

Ja ek het darm so 3 foto's opgespoor. Okay dis baie goeie nuus. Ek soek nou net na 'n kluis , so 2-3 Rifle Gun safe, sommer 2de hans is reg. Ekt net uitgemis op een vir R1400, hy was klaar verkoop!!