Burning rate factor in QL

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Burning rate factor in QL

Post by Swede »

Ek wil graag duidelikheid bekom oor die volgende verskynsel wat ek ondervind met QL. Ek is tans besig om verminderde ladings te proef in my .243. Ek is besig met 100gr PMP Pro Amm en Claw open tip koels, saam met S335. Nadat ek 5 van elke koel geskiet het met die eerste lading wat QL voorspel het, kom ek agter dat as ek die BRF wysig om by die gemiddelde spoed uit te kom soos gemeet met die chrony, is die BRF ten aansien van elke tipe koel verskillend. Nadat ek die BRF vir ander het, is my tweede ladings na kalibrasie effens kort van die node spoed(die tweede ladings is nie op dieselfde dag geskiet nie maar onder omtrent dieselfde omstandighede). As ek nou weer die BRF wysig nadat die tweede ladings gemeet is, is die waardes weereens verskillend. Is dit normaal?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Burning rate factor in QL

Post by tripodmvr »

Die BRF wissel met verskillende koeël tipes. Dit behoort klein van aard te wees. Deursnee van koeël, materiaal hardheid en lengte van dravlak is wat die verskil bring,

Met aflaai om laer spoed te kry neem druk ook baie af en dit gaan ook 'n rol begin speel met die BRF.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Burning rate factor in QL

Post by Swede »

Baie dankie vir die verduideliking!
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

Re: Burning rate factor in QL

Post by Braamgr »

Swede ek wil nie jou post hijack nie, maar ek het ook n probleem dat as ek die BRF aanpas vir bv 33.5gr S335 vir die spoed wat ek oor die croni kry en ek sit weer daarna'n ander lading in bv 30gr S335 dan verskil dit van wat ek oor die croni kry. Die ladings is op dieselfde dag geskiet.

Waarmee moet mens alles speel dat die spoed min of meer dieselfde sal wees met ander ladings ook?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Burning rate factor in QL

Post by tripodmvr »

Ek het al gevind dat die beste is om die hoogste gegewe lading se spoed te gebruik, synde die meeste manne na die hoër nodes soek. As jy nou egter die ladings verminder met daardie berekende BRF sal jy vind dat die spoed moontlik tot 40vps hoër is as dit wat verkry word op die chrony. In die geval sal ek vir 'n laer node weer kalibreer met die laer lading. Baie keer is die toename in spoed baie gelyk en dan is verskille van 0-25vps vir my nie so groot dat jy nie naby aan die nodes gaan uitkom nie. Alhoewel QL baie eksak bereken is daar maar baie faktore wat 'n rol speel - dit is verstommend hoe naby mens kom as jy die drukke en spoed in ag neem wat uit so klein afgesluite volume gegenereer word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

Re: Burning rate factor in QL

Post by Braamgr »

Baie dankie
Post Reply