Page 1 of 1

Wapensmid om enkelskoot na magasyn te verander.

Posted: Tue Jan 25, 2011 5:15 pm
by Gerard
'n Voormalige klient van my vra wie 'n enkelskoot-geweer kan omskakel na 'n magasyngeweer.  Enige beraming van prys sal ook welkom wees.

Re: Wapensmid om enkelskoot na magasyn te verander.

Posted: Tue Jan 25, 2011 5:34 pm
by Francois Marais
Oom Gerard

Dink ek het iewers iets gelees dat Paul Notnagel dit doen teen ongeveer R2000 + per conversion, ma is hier op die forum afgeraai om dit te laat doen, terwyl iemand weer gese het hy is tevrede met sy ombouing.......Sal kyk of ek die link kry.

Mooi loop
Francois

Re: Wapensmid om enkelskoot na magasyn te verander.

Posted: Thu Mar 10, 2011 11:18 pm
by fanie17
Gerard
Dit is nie maklik om te doen nie,watse aksie is dit,As hy n magesyn soos Tikka laat in sit is dit doen baar,Gewoonlik verswak die aksie met so n verandering.

Re: Wapensmid om enkelskoot na magasyn te verander.

Posted: Fri Mar 11, 2011 9:28 am
by kolskoot
As dit nie 'n skaars aksie is nie , hoekom nie net die magasyn weergawe daarvan opspoor nie en dit dan laat fit nie?? Sal dalk goedkoper en veiliger wees as die ombouing en ook heelwat makliker. As dit 'n RSA aksie is weet ek dalk van 'n magasyn model wat moontlik teruil sal wees vir die enkelskoot RSA.