Page 1 of 2
Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Tue Jan 25, 2011 8:24 am
by JPS
Hi Manne,
Ek is nou finaal oorreed om 'n KD op te sit op my jag gewere en ja dit sal Clarence se Terminator wees.
Vraag is Clarence is in Bloem as ek saak reg verstaan, So wie in JHB of PTA sal julle aanbeveel om die knal demper op te sit?
Groete
JP
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Tue Jan 25, 2011 8:39 am
by 300Winmag
Ek hoor Andries in Rooihuis kraal (082 vyf ses vier 0426) het al 'n paar op gesit. Ek glo
hy weet way hy doen en sal 'n goeie job doen!
(Hoop so want my geweer is op die oomblik by hom vir presies dieselfde prosedure ...

)
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Tue Jan 25, 2011 9:19 am
by JPS
300 en Ludwig,
Thx vir die info, het nou net met Clarnce gepraat en behoort so middel Februarie my Terminator te he.
Sal Andries lui gee. (Rooihuis kraal dis naby Centurion?)
Groete
Jan
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Tue Jan 25, 2011 11:04 am
by Stefan764
Japes
Ek wil ook maar net sekondeer. Hy het altwee Neels (Jagtersdok) se Terminators opgesit en Neels is ook baie tevrede.
Myne sal ook begin Maart da by hom gan kuier...
Stef
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Tue Jan 25, 2011 1:38 pm
by JPS
Tx Stef,
Sal myne daar laat draai.
Dink ek het julle manne net net gemis by Irene nou die dag....
Cheers
JP
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Wed Jan 26, 2011 9:56 am
by Stefan764
JP en Ludwig
Julle manne moet praat as julle by Irene gan draai, ek soek altyd n verskoning om weg te glip soheentoe
Was hoeka gistermidag gou wee da. Dai 139gn Hornadys maak mooi jong!
Stef
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Wed Jan 26, 2011 8:55 pm
by Wismit
Ek het myne by FORMALITO self op laat sit. Kann ongellukig nie die wapensmidt se nnaam onthou nie. Ek het my geweer die oggend ingevat en die middag terug gekry. Met skroefdraad proppie en al.
w.s
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Wed Jan 26, 2011 9:07 pm
by JPS
Stefaans,
Ons mAak so.
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Jan 27, 2011 4:25 pm
by Sarelss
Thinus is die man by Formalito. (Andries was baie besig en kon my nie dadelik help nie). My 243 vanmiddag ingeneem na Thinus om die terminator te laat fit. Hy het my geskakel en ek kan my geweer gaan haal. Hy is klaar !! Dis nou goeie nuus want ek is seker julle kan almal van die "jeuk " verstaan. Nou kan ek gaan luister wat maak daai KD van Clarence. Thinus bou self ook knaldempers, ook die tipe wat oor die loop gaan, asook aluminium en aluminium met staal skroefdraad.
ss
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Feb 17, 2011 10:28 am
by grumpy
PRYSE asseblief manne!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Feb 17, 2011 11:19 am
by JACQUES BOTHA
grumpy
Ek dink as ek reg praat was dit opgesit R1300-00
as ek reg onthou, ek moet n draai maak by hom om 2 demo silincers af te gee..
groetnis
jacques
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Fri Mar 11, 2011 8:22 am
by JPS
My KD van Clarence gekry,
Het toe naTinus onder Formalito toe gevat, (Andries kon nie loop doen nie bietjie te kort om in sy draaibank te pas). Gistermiddag ingevat en gisteraand gebel om te se die wapen is reg

.
Sal hom vanmiddag gaan haal sodat die laaitie hom kan probeer die naweek by Irene...
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Fri Mar 11, 2011 8:43 am
by JPS
Raps onder 23 duim. Hy het ten minste 23 duim nodig gehad. Wou toe nie sy tyd mors nie. Ek het die loop voorheen korter laat sny en "crown" op enn of die ander grade. Het wondere aan die akuraatheid gedoen.
Sou dit wou doen by Andries....
Groete
JP
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Fri Mar 11, 2011 9:17 am
by Stefan764
JPS wrote:
My KD van Clarence gekry,
Het toe naTinus onder Formalito toe gevat, (Andries kon nie loop doen nie bietjie te kort om in sy draaibank te pas). Gistermiddag ingevat en gisteraand gebel om te se die wapen is reg

.
Sal hom vanmiddag gaan haal sodat die laaitie hom kan probeer die naweek by Irene...
Dis nou n ding... Wat het Tinus jou gevra?
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Fri Mar 11, 2011 11:27 am
by PRIVATE RYAN
Stefan764 wrote:
JPS wrote:
My KD van Clarence gekry,
Het toe naTinus onder Formalito toe gevat, (Andries kon nie loop doen nie bietjie te kort om in sy draaibank te pas). Gistermiddag ingevat en gisteraand gebel om te se die wapen is reg

.
Sal hom vanmiddag gaan haal sodat die laaitie hom kan probeer die naweek by Irene...
Dis nou n ding... Wat het Tinus jou gevra?
Ek het R 480 betaal en was
klaar in 1 middag.
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Fri Mar 11, 2011 3:32 pm
by JPS
Selle hier, R480 met proppie en klaar in middag.
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Apr 07, 2011 1:34 pm
by SS
Het julle dalk asb vir my n nr van Thinus by formalito?? Thanx Julle

Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Apr 07, 2011 3:35 pm
by JPS
SS
Bel formalito op 0126647793 hulle sal jou deursit na hom toe.
Groete
JP
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Apr 07, 2011 5:22 pm
by Monrique (SJ)
Hoekom betaal julle manne dan so goedkoop daar bo in die noorde om die silencer te fit en dis so duur hier in die kaap??
Groetnis
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Apr 07, 2011 8:49 pm
by Pvdw
Want julle gebruik oud WP spelers om die werk te doen. Ons het Blou Bulle hier by ons.
Ek het R300 betaal met proppie op

Bietjie langer gevat maar ek het ander dingetjies ook laat doen.
SJ wat betaal julle daar onder?
Peet
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Apr 07, 2011 9:09 pm
by Monrique (SJ)
@ Peet
Gelukkig is ek ook n bul en trots daar op.
Het so tydjie terug quotes gekry, want wil ook een of 2 laat kom binnekort. Die manne praat van R 850.. +
Groetnis
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Apr 07, 2011 9:29 pm
by JPS
hel dis omtrent di pys wat ons vir die KD betaal....
Nee wat SJ daai manne rip julle.
Maar Clarence se KD is nog steeds moeite werd, dink maar aan al die voordele
Groete
JP
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Apr 07, 2011 9:30 pm
by Stefan764
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Apr 07, 2011 9:41 pm
by Monrique (SJ)
JPS & Stefan
Daai is om die draad te sny en doppie te maak. Ek het amper in my broek, gek@k toe ek dit hoor. Sal maar verder soek en hoor wat die ander manne vra.
Groetnis
Re: Wapensmid om Terminator Knaldemper op te sit?
Posted: Thu Apr 07, 2011 9:51 pm
by Stefan764
SJ ou maat.
Andries Moller in PTA vra R280 vir daai selle joppie waarvan jy nou praat....
Se dai ouens
EK se hulle moet ophou om die manne wat brood en botter op hulle tafels sit so te spyker.
Stef