Page 1 of 1
Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Mon Feb 24, 2014 9:39 am
by JohanvB
'n Pel het 'n stukkie grond met Kudus ens en Jakkalse...
Hy het reeds 'n 30.06...maar soek nog 'n geweer om die Kudus en die Jakkalse mee aan te durf...
My 1ste gedagte was 222.50...maar ga nie werk vir Kudus nie...
So wat stel julle voor...hy laai nog nie self nie..
Dankie
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Mon Feb 24, 2014 9:46 am
by tripodmvr
Vir laer bedryfskoste sal 'n 243 of 6,5x55 vir 'n bakkiegeweer kan deug. Prima koeëls vir die kudus en varminters vir die jakkalse.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Mon Feb 24, 2014 9:51 am
by JohanvB
243 op 'n Kudu...da moet jy KAN kop skote skiet..
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Mon Feb 24, 2014 9:55 am
by James Wilson
Johan, ek wonder nou of ek iets verkeerd verstaan? Hy het dan nou reeds die 30-06 vir die koedoes, dan kan hy maar net aan iets kleiner en vinniger dink, vir die jakke. 243/ 22-250?
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Mon Feb 24, 2014 9:57 am
by JohanvB
Hallo James
Ja maar hy soek nog 'n "all-rounder"...dis maar as albei seuns veld toe wil gaan om 'n bok te looi...maar wil nogtans die ander geweer gebruik vir die Jakke..
Dankie
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Mon Feb 24, 2014 9:59 am
by tripodmvr
Sy ander opsie is om die 30-06 vir die' taak te gebruik. Jy is nou nie juis bekommerd oor vleisskade op die jakkals nie. Al is die koele duurder sal jy baie moet skiet om by 'n nuwe geweer se prys te kom.
Die 243 is eina op so groot bok, maar met 'n Barnes, Spartan, Accubond of soortgelyk gaan die hart/long area kan bereik op 'n bladskoot. Die 6,5 sal daar beter wees met 130-140gr koeëls.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Mon Feb 24, 2014 10:07 am
by James Wilson
JohanvB wrote:Hallo James
Ja maar hy soek nog 'n "all-rounder"...dis maar as albei seuns veld toe wil gaan om 'n bok te looi...maar wil nogtans die ander geweer gebruik vir die Jakke..
Dankie
Ok ek verstaan. Wat van 270win met Barnes tsx 110grn? Sefs 270 win met Hornady 130grn SST. Albei is genoeg vir n koedoe en lekker vinnig vir die jakke.
7x64 is nog n lekker opsie. Sodra hy begin herlaa,i is jou beste all rounder seker die 300wsm.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Mon Feb 24, 2014 10:08 am
by Flip Nel
JohanvB wrote:'n Pel het 'n stukkie grond met Kudus ens en Jakkalse...
Hy het reeds 'n 30.06...maar soek nog 'n geweer om die Kudus en die Jakkalse mee aan te durf...
My 1ste gedagte was 222.50...maar ga nie werk vir Kudus nie...
So wat stel julle voor...hy laai nog nie self nie..
Dankie
Ek sal kyk na iets soos 'n 270 of 7 x 64 kan ligte koeels skiet vir jakkals en met goeie punte gaan koedoe bakkie ry, maar hy kan basies die selfde doen met die 30-06, ek sal iets ligter kry en die 30-06 gebruik vir die koedoes.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Mon Feb 24, 2014 10:12 am
by JohanvB
Dankie...het ook gedink aan die 270...ka mos werk..
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue Feb 25, 2014 3:18 pm
by Ratel
308 vir koeode en ook 308 met 110gr varminter punte vir jakke?
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue Feb 25, 2014 3:23 pm
by Danie01
Ek wil ook sê 243, hy kan koedoe enige dag omdop as dit moet, nie die eerste keuse op koedoe nie, maar kan doen.
Wat van 25-06?
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue Feb 25, 2014 3:30 pm
by Katefbessie
JohanvB, ekt 'n .243 waarmee ek graag my jakke wil roer maar die is tans besig om ''n nuwe kleedingstuk te kry. So tans gebruik ek my 270 met 110gr Vmax vir die Jakke en 130gr Swifts vir die ander dinge (die 2 koeltjies sny mekaar op 100m) en ek moet eerlikwaar vir jou se ek is baie confident met die 270 en sal enigtyd 'n kudu op die blad aanvat met hom (vleis skade is maar biki hoog). Ander manne sal seker ander opinies he... ek sou se jy sit met biki van i delemma aangesien i jak i vinnige koeltjie soek en i kudu se vleisies hou weer nie van i vinnige koeltjie nie.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue Feb 25, 2014 3:40 pm
by tripodmvr
Laai Impalas vir albei skote. Maak min vleisskade maar maak goed dood.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue Feb 25, 2014 5:42 pm
by Armand9
25-06 gan net reg wees!
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue May 13, 2014 8:39 am
by 2vierniks
25-06 of 270 is die antwoord op hierdie vraag.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue May 13, 2014 8:42 am
by Ockert1992
Ek stem ook vir 'n 270.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue May 13, 2014 10:33 am
by G-force
.243 Met Barnes X koels agter die blad sal n kudu elke keer plat maak .
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue May 13, 2014 10:42 am
by JohannC
Die 270 130gr gaan loop soos stroop
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue May 13, 2014 1:59 pm
by LongWolf
Laai solank 125gn noslers vir jakke teen 3000vps in die 3006 terwyl jy wag vir 270 se liksens om deur te kom.
308 is te naby aan die 3006 vir my persoonlik.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue May 13, 2014 2:35 pm
by Arnold
300 win mag, hy sal verseker 'n jakkals en koedoe omdop

Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Sun May 18, 2014 7:06 pm
by Burries
Het self al 'n paar kudus geskiet met 'n 243 en 80 gr premium punte, maar net kopskote. Stem saam met die ander manne t.o.v. die 25-06. Bele in 'n herlaaistel en laai hom met daardie 100gr Ballistic tips van Nosler.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue May 20, 2014 9:16 pm
by vbd
Ek stem ook vir die 25-06 of selfs 260rem.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Tue May 20, 2014 9:57 pm
by Sako75
Ek sou dink 'n sindelike keuse is minstens 'n 7mm? Iets soos 'n 7x64.
Mens kan met kleiner kalibers reg kom maar wat as dinge verkeerd loop? Ek moes al 'n koedoe vol .243 Nosler Partitions maak nadat dinge skeef geloop het vir iemand anders. Onder die omstandighede waar hy kloof uit hardloop, laat middag, oor die gesigseinder maak so .243 heelwat minder impak as waarvoor mens wens op daardie tydstip.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Wed May 21, 2014 7:44 am
by Roger
Geen beter "all-rounder" as n .308 nie.
Jy laai 110gr VMax vir Jakke en enige 150/168gr vir Kudus.
Re: Geweer vir Kudu en Jakkals
Posted: Wed May 21, 2014 10:57 pm
by dehacked
JohannC wrote:Die 270 gaan loop soos stroop
+1
Skop minder as 30-06. Kos omtrent selde as 243 om te laai. Skiet platter as 308.
Gebruik 110-130 vir jakkies en 150 op kudu as jy minder vleis skade soek. Anders werk 130 net so goed.
As jy werklik min vleis skade soek kry vir jou .303. Daai koels is mos lekker stadig. Ek oorweeg sterk een vir my met 'n rangefinding scope.
Op 'n ernstige noot. Aangesien die man reeds 'n 30-06 het laat hy eerder iets kleiners kry. 223 is volop en loop hou maar skiet nie so plat soos 22-250 nie. Die se loop hou weer nie so lank nie maar is hel haastig.