Page 1 of 1

Somchem S335 Lot699 vs Lot705

Posted: Fri Feb 21, 2014 6:11 am
by maxboostsa1
Ek skiet my 223 en 308 op S335 en al twee se groepe lyk baie mooi, 308 skiet tot 3.77mm groep.

Lot 699 het klaar geraak en ek het verlede week Lot 705 gekoop en dieselfde ladings gelaai. Wat n gemors! >:(

308 het ek gelaai 44gr en die gemiddelde spoed was 2814fps (52082psi) met n 150gr game king. Met die Lot 705 is die spoed nou 2935fps (61104psi) die groep het heel oop gemaak.

223 het ek gelaai 25.3gr en die gemiddelde spoed was 3080fps....hy is nou 3235fps >:(

Op Somchem se web wys hulle maar 0.1% verskil tussen Lot699 en 705

Somchem...... ek smile nie >:(

So wees maar versigtig as julle met dit laai.

Re: Somchem S335 Lot699 vs Lot705

Posted: Fri Feb 21, 2014 8:03 am
by tripodmvr
Dankie vir inligting. Daarom maar die proviso dat met nuwe Lot jy aflaai en kyk wat se rendement jy kry. Nou kan jy met QL weer aanpas na die regte nodespoed.

Re: Somchem S335 Lot699 vs Lot705

Posted: Fri Feb 21, 2014 8:06 am
by maxboostsa1
tripodmvr wrote:Dankie vir inligting. Daarom maar die proviso dat met nuwe Lot jy aflaai en kyk wat se rendement jy kry. Nou kan jy met QL weer aanpas na die regte nodespoed.
Toe ek op hulle webwef sien dat daar 0.1% verskil is het ek gedink ek kan dieselfde laai :o
Ek gaan gou vandag kyk waar kan ek nog Lot 699 kry en die 308 op dit hou en sal dan die 223 op die Lot 705 skiet.

Re: Somchem S335 Lot699 vs Lot705

Posted: Fri Feb 21, 2014 10:52 am
by archer
Glo nie jy sal lot 699 kry nie, eerder verminder jou lading met lot 705.

Re: Somchem S335 Lot699 vs Lot705

Posted: Sat Feb 22, 2014 10:30 am
by Reloader270
maxboostsa1 wrote:Ek skiet my 223 en 308 op S335 en al twee se groepe lyk baie mooi, 308 skiet tot 3.77mm groep.

Lot 699 het klaar geraak en ek het verlede week Lot 705 gekoop en dieselfde ladings gelaai. Wat n gemors! >:(

308 het ek gelaai 44gr en die gemiddelde spoed was 2814fps (52082psi) met n 150gr game king. Met die Lot 705 is die spoed nou 2935fps (61104psi) die groep het heel oop gemaak.

223 het ek gelaai 25.3gr en die gemiddelde spoed was 3080fps....hy is nou 3235fps >:(

Op Somchem se web wys hulle maar 0.1% verskil tussen Lot699 en 705

Somchem...... ek smile nie >:(

So wees maar versigtig as julle met dit laai.
Nie so 'n groot gemors as jy die spoed gemeet het nie. Jy moet jou lading so 4.28% op die 308 afwaarts aanpas en op die .223 so 5.03% afwaarts aanpas. Dit is soos hoë oktaan branstof in 'n ou Datsun bakkie se vergasser wat gewoonlik op lae oktaan loop. Ja dit is ongerieflik, maar met die instelling behoort die groepering min of meer dieselfde te wees.

Re: Somchem S335 Lot699 vs Lot705

Posted: Sat Feb 22, 2014 10:51 am
by tripodmvr
Die pyne met die vinniger kruit is nie die aanpassing nie, maar die leër doppe wat nie noodwendig akkuraatheid bevorder nie.

Re: Somchem S335 Lot699 vs Lot705

Posted: Mon Mar 03, 2014 9:22 am
by Smous v.d. Vyver
Hi manne,

Is daar nog iemand wat dieselfde kan bevestig as wat ou maxboosta1 ervaar het?

Is Lot 705 regtig warmer as Lot 699?

Vriendelike groete,

Corné

Re: Somchem S335 Lot699 vs Lot705

Posted: Mon Mar 03, 2014 9:56 pm
by Smous v.d. Vyver
Hi manne,

Ek het toe self gaan ladings skiet om te toets en ter terugvoering het ek bevind dat ek my lading moes verminder met 2.5% om dieselfde spoed te haal as wat voorheen met Lot 699 gewerk het.

Re: Somchem S335 Lot699 vs Lot705

Posted: Mon Mar 17, 2014 12:18 pm
by Rudeman24
Had exactly the same issue between lot 701 and 705 my average went from 2850 to 2950 on my .308 with 155gr Berger. Funny thing is the grouping is still very good (5 bullets touching) with no pressure but the speed is way to high.