Page 1 of 3
Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 2:00 pm
by Andre Biltong
Gooie dag manne
Ek sit vanoggend en somme maak oor die komende winter jag.Nou sien ek dat dit nou duurder is vir my en my seun om te oornag op die jagplaas as wat dit is om n nag in Sun City to bly.Ek het maar net gewonder of kry die jag ondernemings nie skaam om sulke pryse te vra nie!
Ja vir die lekker moet ons maar betaal,maar geen jagplaas is Sun City nie.Wat is julle ondervinding of kla ek verniet.Ek gaan R800 nag betaal.
Dit is R800 vir ons albei,voertuig R500 dag,Skoonmaak R120 dag,Hout R50 vir tweede sak.Die res is ingesluit.
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 2:07 pm
by Gawie(13mm)
Middag Andre.
Korreksie: Is dit per persoon of vir jul albei?
Net so uit nuuskierigheid; wat sluit die R800 by die jagplaas alles in?
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 2:09 pm
by henried
Ek het dit ook gesien....
Ons het Des in die Sun City Hotel vir daai prys gebly, 4 mense, ontbyt ingesluit, R750.
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 2:10 pm
by cassie_calvinia
600-1000 lyk my is die norm vir self catering plekke.
dit is nou maar hoe dit is, jagplaas, resort, dit is vrek duur
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 2:14 pm
by Carl
Andre, die 2 plekke wat ek van weet is R350 en R300. Dis nou loop en jag en sonder kos. As jy bakkie jag en heeldag op 'n 4x4 wil ry gaan jy beslis betaal met die petrol prys waar hy is. Dit was 2 jaar trg so R1000/dag/uri in Nam.
Hier bly baie mense by ons omdat SC so duur is met Skouspel ens. So jy kan kom jag en Valley of the Babes.
Re: Peperduur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 2:33 pm
by win270
Die jammerte is eintlik dat mense bereid is om hierdie tariewe te betaal en dus sal die jagplase voortgaan om die pryse te vra. Die ideaal sou wees dat die SA jagter kies watter geriewe hy wil geniet op die plaas en dan slegs daarvoor betaal.
Ek het egter geen probleem as oorsese jagters maar vir die "volle pakket" betaal nie en sodoende geld in die land inbring tot almal se voordeel nie.
Re: Peperduur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 2:39 pm
by VdWalt
win270 wrote:Die jammerte is eintlik dat mense bereid is om hierdie tariewe te betaal en dus sal die jagplase voortgaan om die pryse te vra. Die ideaal sou wees dat die SA jagter kies watter geriewe hy wil geniet op die plaas en dan slegs daarvoor betaal.
Ek het egter geen probleem as oorsese jagters maar vir die "volle pakket" betaal nie en sodoende geld in die land inbring tot almal se voordeel nie.
Dis soos vir my om te sê ek koop 'n kar maar ek het nie kinders nie, so die agter deure
gaan nie gebruik word nie en ek gaan nie daarvoor betaal nie.
Die boer het mos klaar die kapitaal uitgele om die geriewe te bou en instand te hou, as jy nie als
wil gebruik nie gaan dit nie 'n verskil aan hom maak nie, hy moet nogsteeds daarvoor betaal.
Jy vat nou die plek van 'n ander jagter wat daar kon kom bly het wat dalk al die geriewe wou
gebruik.
Re: Peperduur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 2:54 pm
by win270
Ek verstaan jou argument, maar sekerlik wil alle jagters nie al die geriewe gebruik waarvoor hul in elk geval moet betaal nie. Die ou wat net twee deure in 'n kar nodig het, het mos ook die keuse om dan 'n 2-deur kar te koop of hoe? Ek dink die deursnee SA jagter wil eintlik met baie minder geriewe klaarkom as wat by baie plase deesdae beskikbaar is. Maar nou-ja, "supply" en "demand" dryf mos maar elke bedryf.
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:00 pm
by Zack Benade
VdWalt
Ek hoor wat jy sê en ek stem saam met jou.
Een ding wat ek nog nie verstaan nie is dat jagplase hulle swembaddens en DSTV adverteer. Wie gebruik 'n swembak in die middel van die winter? Nie eers ek met 'n paar biere in nie.
Ek kyk nie eers tv as ek kamp nie want daar is beter dinge om te doen. Wat nog te sê kosbare tyd mors voor 'n tv in die jagveld.
Jagplase kan goedkoper verblyf bied as hulle al die onnodige goedtjies uithaal of weglaat.
Ek kry die gevoel dat hierdie jagplase verwag dat die jagter sy plekkie moet subsideer vir die somermaande waneer hy dit vir homself wil gebruik.

Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:06 pm
by Johan Nel
Ek weet van jagplase waar mens opsies het. Jy kan vir die meer luukse verblyf en geriewe betaal teen daardie pryse, of jy kan die boskamp opsie gebruik met basiese geriewe en en goedkoper tariewe. Die opsies is daar, mens moet hulle maar net soek.
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:09 pm
by Arnold
Hierdie geriewe is eintlik goedkoop om daar te stel en die eienaar kry baie goeie geld terug op sy belegging indien hy die geriewe verskaf ...
Hoeveel ouens sal nie lekker jag as hulle in hul eie tent kan slaap en daar moontlik net 'n toilet en stort beskikbaar is. Dit is maar soos om vakansie te gaan hou Desember, ek kamp vir twee weke of meer in plaas van 'n huis huur vir 'n week.
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:20 pm
by RUPERT
Ek voel ook dit is rof maar soos die ander manne se jy moet maar self besluit wat jy op die oueinde wil doen en voor betaal.
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:21 pm
by ROBBIE1
Andre sal ook se hang af wat sluit dit in.
As dit R400pppn is, en dit sluit voertuig gebruik, koelkamer en slag, hout ens in, is dit nie te duur nie. Baie plase gee deesdae net n hoeveelheid hout, en daarna moet jy betaal. Elke bok wat geslag word kos R150 en vir kuipslag sommer R250 ekstra. Die koelkamer is ekstra, die jagbakkie is ekstra, en en en . ? ? ? ?
Dan verkies ek eerder die ou wat R400 vra alles ingesluit!
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:29 pm
by VdWalt
ROBBIE1 wrote:
Dan verkies ek eerder die ou wat R400 vra alles ingesluit!
Ek ook - ek weet presies wat dit my gaan kos.
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:29 pm
by DawieKotze
ROBBIE1 wrote:Andre sal ook se hang af wat sluit dit in.
As dit R400pppn is, en dit sluit voertuig gebruik, koelkamer en slag, hout ens in, is dit nie te duur nie. Baie plase gee deesdae net n hoeveelheid hout, en daarna moet jy betaal. Elke bok wat geslag word kos R150 en vir kuipslag sommer R250 ekstra. Die koelkamer is ekstra, die jagbakkie is ekstra, en en en . ? ? ? ?
Dan verkies ek eerder die ou wat R400 vra alles ingesluit!
Ditto Robbie!!
Maar dit als moet mens maar voor die tyd uitklaar. As ek surprises kry na 'n jag, is ek sommer lekker befoeterd!
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:36 pm
by Ratel
Andre
Almal het seker nie die selfde behoeftes nie. Daar gaan jagters wees wie aandring op die beste geriewe dan weer ander vir wie 'n tent en stort met toilet voldoende is. Die geheim is om jou jagplek sorgvuldig te kies na gelang van jou behoeftes en die beste prys. Sodoende hou jy by die mal pryse verby. Maar dieselfde as vakansie hou.
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 3:38 pm
by 375fanatic
my vraag is altyd wat verkoop jy wild of verblyf hoe meer die verblyf is hoe minder skiet die ouens so as jy moet voer koop omdat daar kudus op strepe vrek moenie by my huil of dan ewe skielik hierdie m@erse specials gooi nie.
bestuur die plaas constant en regverdig dan sal jy die aanteelt wat gejag moet word af kry en die hele system sal werk . seisoene sal vooruit vol bespreek wees en 98% van die jagters sal jou plek respekteer
n wen wen situasie
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 4:00 pm
by henning
Johan Nel wrote:Ek weet van jagplase waar mens opsies het. Jy kan vir die meer luukse verblyf en geriewe betaal teen daardie pryse, of jy kan die boskamp opsie gebruik met basiese geriewe en en goedkoper tariewe. Die opsies is daar, mens moet hulle maar net soek.
So glo ek moet n jagplaas bedryf word, dan is daar mos n plekkie vir almal onder daai plaas se son, of is die jag bedryf so besig dat die boer nie tyd het vir die gemiddelde biltong jagter?
Teen sulke pryse gaan die boer sy belegging sommer n paar keer dubbel en dwars terug kry as jy bereken die plek gaan vir 50 jaar of langer staan. Wil hy dan sy geld in 2 jaar terug in die sak he?
Ek vra niks verniet, maar, ek werk net so hard vir my geld soos die boer en ons kan dinge darem redelik hou.
Groete
Re: Peper duur verblyf
Posted: Wed Feb 19, 2014 7:22 pm
by mariusr
Gee nog so twee jaar kans "mark my words"! Met brandstof wat so belaglik styg ens! Gaan ons nie meer kan bekostig om rond te ry nie wat van nog belaglike dag fooie te betaal!! Hier kom 'n ding!?
Re: Peper duur verblyf
Posted: Thu Feb 20, 2014 7:32 am
by Zack Benade
Marius
Jy slaan die spyker mooi op die kop.
Kyk na die gemiddelde sportsoorte. Almal se lede talle het drasties gedaal die laaste 2-3 jaar. Die sportmanne wat kompeterend wil wees kan nie meer byhou met die reis en verblyf gelde nie. Van hierdie instansies het hulle kwalifiseerende punte al so aangepas.
Hier kom verseker 'n ding. Ek glo ons gaan goedkoper skiet want die manne wat altyd ver gery het kan en gaan nie meer dit doen nie. Plaaslike plase in jou omgewing sal met oorskot wild sit.
Re: Peper duur verblyf
Posted: Thu Feb 20, 2014 7:50 am
by win270
Jagplase nader aan groot stede sal meer aanvraag kry agv brandstofkostes en dit sal hul pryse verder laat verhoog. Jagplase behoort voorsiening te maak dat kliente kan kies watter geriewe hul wil gebruik en voor betaal en watter hulle nie nodig het nie. Ek besef dis nie altyd so maklik om toe te pas nie. Die gewone biltongjagter in SA moet al hoe meer opdok vir geriewe wat hy eintlik nie nodig het nie.
Re: Peper duur verblyf
Posted: Thu Feb 20, 2014 7:58 am
by Smirre
Dis nie net die verblyf nie
Verwerking van die wild, petrol/diesel (kyk maar na die AA se koste per km vir jou voertuig)
Ek sien by die tak waar ek skiet hoe die getalle (van manne wat kom skiet) gedaal het die laaste jaar.
Skiet /jag raak nou BAIE duur ,,,,,,,,,,ma bly Lekkkker!
Beter huiswerk sal gedoen moet word, daar is nog baie bekostigbare plekke oor
Smirre
Re: Peper duur verblyf
Posted: Thu Feb 20, 2014 8:08 am
by Zack Benade
Jag se dae is getel en word vinnig minder. Een van die dae gee die gemiddelde jagter nie meer om wat verblyf kos nie want hy kan nie meer jag bekostig nie. Hy gaan koop eerder skaap en bees by die slagplase teen 3-5 jaar terug se prys. Hy sal verseker sy swaar verdiende geld anders spandeer waar hy waarde vir geld kry.
Wat baie mense warm onder die kraag maak is dat mense wegkruip agter die swak rand teen die $ as dit by goed soos wapen en laai kompinente kom. Hoe pryse maak jag vinnig dood.
As my wiskunde my nie in die steek laat nie het die rand nie twee keer sy waarde teen die $ verswak nie. Hoekom is sekere items dan meer as 100% op?
Re: Peper duur verblyf
Posted: Thu Feb 20, 2014 8:31 am
by win270
Zack, ek verstaan nie wat jy bedoel met jou vraag nie . . .
"As my wiskunde my nie in die steek laat nie het die rand nie twee keer sy waarde teen die $ verswak nie. Hoekom is sekere items dan meer as 100% op?"
As die rand sy waarde verloor teen die dollar, word enige ingevoerde items in SA wat in dollar betaal moet word, met dieselfde hoeveelheid duurder.
Ek dink wat o.a. gebeur, is dat daar selfs plaaslik vervaardigde produkte is wat dan sommer ook duurder word en dis nie eerlike handeldryf nie.
Baie meer kan hieroor gesê en gedebateer word.
Re: Peper duur verblyf
Posted: Thu Feb 20, 2014 8:34 am
by Zack Benade
Win270
Sierra koeels het laas jaar R450 gekos. Die nuwe pryse is R800. Is die verskil groot verskil in prys te wyte aan die Rand/$ ?