Page 1 of 1

Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Mon Feb 17, 2014 10:43 pm
by henning
Ek het gewonder oor hoe akkuraat is die spoed wat die manne deurgee met n navraag aan Quick Load, en tot watter mate die informasie wat hulle verskaf, die antwoord of uitslag vanaf Quickload sal beinvloed.
Die rede hoekom ek vra is dat, n persoon moet ten minste tien patrone en eintlik heelwat meer van een spesifieke lading skiet om n betroubare gemiddelde "extreme spread" te bepaal.

Waaroor ek nou eintlik gewonder het, is dat as n forum lid byvoorbeeld n spoed lesing van sy ammunisie deur gee wat 50 fps uit is, of dan wel verkeerd is, hoe ver of naby gaan QL hom plaas vanaf sy werklike node spoed?

Hoe akkuraat moet die inligting wees wat die manne deurgee om naby genoeg aan jou werklike node spoed geplaas te word.

Groete
Henning

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Tue Feb 18, 2014 7:05 am
by tripodmvr
Quick Load se nodespoed berekening varieer met die fisiese gegewens van die platform d.w.s. looplengte, TPL, dopvolume en dryfmiddel brandspoed (BRF). Die deurgee van verkeerde of swak spoed gaan beteken dat die BRF nie akkuraat bepaal word nie en dat die berekende hoeveelheid dryfmiddel nie by die nodespoed gaan uitkom nie. Verstellings sal dan weer gedoen moet word.

Die nodespoed wissel taamlik met verstellings aan die BRF. Ek het nou gaan speel tussen 'n BRF van .4 en .5 vir 'n 25-06 en dit maak 'n verskil van 86vps op die nodespoed. Dit is egter 'n baie ekstreme verskil en dui daarop dat die verskille behoort meer in die orde 10-30vps te wees. Dit is heelwaarskynlik meer in die orde van die variasies wat selfs met die chrony lesings kan voorkom en 'n tendens behoort te begin voorkom in die groepe op die stadium wanneer jou spoed binne sê 40vps aan weerskante van die "praktiese" node kom. Verfyning van jou lading behoort dan 'n goeie praktiese resultaat te verseker.

Die baie sukses gevalle met die berekening van nodespoed dui dat dit wel 'n werkbare oplossing is om akkuraatheid te verkry.
In opsomming kan mens dus verklaar dat 'n "verkeerde" aanvanklike spoed wel die berekeninge affekteer, maar deur iterasie (herhaling van die proses) 'n baie praktiese oplossing verkry kan word. Hoe akkurater die chrony lesings hoe vinniger gaan jy by die eindresultaat uitkom.

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Tue Feb 18, 2014 2:28 pm
by henning
Baie dankie Tripod

Ek het vir my n nuwe geweer gekoop en sal binnekort die lading ontwikkeling moet doen.
In voorbereiding probeer ek QL verstaan, omdat ek dit nog nie self gebruik het nie.

Nog een vragie wat pla. Hoe moet die loop gemeet word, vanaf kroon tot waar dit by die aksie aansluit?

Groete
Henning

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Tue Feb 18, 2014 3:37 pm
by tripodmvr
Vat 'n skoonmaakstok en plaas dit in die loop af tot teen die aksie wat gespan moet wees om die slagpen weg te vat van die slotkop. Maak merk gelyk met punt van loop en gee lengte in millimeter. Maak nota sodat jy dit nie weer hoef te doen nie.

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Tue Feb 18, 2014 3:46 pm
by Jean Marais
Hallo Henning

Dalk sal jy dit ook leersaam vind om onder die herlaaiafdeling onder Quick Load te gaan oplees hoe die program werk. Dit gaan baie van jou vrae beantwoord. Die wat jy dan steeds onseker oor is, kan jy dan kom vra, en ek is seker iemand hier sal jou daarop kan antwoord.

Lekker lees, en onthou, QL werk bakgat mits jy hom korrek aanwend.

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Tue Feb 18, 2014 3:48 pm
by henning
So maklik, Baie dankie.

Jean, dankie, ek maak so.

Groete

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Tue Feb 18, 2014 5:54 pm
by henning
Ek wil net bevestig presies hoe moet TPL gemeet word vir die doeleindes van QL?

Om H2o dop kapasiteit te meet, moet ek gebruik maak van n bietjie seep in die water of nie?

Groete
Henning

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Tue Feb 18, 2014 6:48 pm
by DawieKotze
henning - die search funksie werk nogal baie goed! ;D ;D

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... L+bepaling

'n Druppel opwasmiddel help dat die water nie so 'n groot miniskus vorm nie - so ja gooi bietjie by. Gooi of spuit ook die water baie stadig in die dop sodat borrels nie vorm wat verkeerde volumes tot gevolg sal hê nie

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Wed Feb 19, 2014 12:02 am
by henning
Dawie, dankie, ek weet hoe om TPL te bepaal maar vir die gebruik in QL is ek nie seker.

Die rede hoekom ek twyfel is omdat, ek dink dit was n skrywe van Ludwig wat gese het, vir die doeleindes van QL moet TPL vanaf die ogive gemeet word.

Dus lei ek af dat ek moet meet vanaf die plek op die ogive waar dit aan die lande raak tot onder die kop van die dop.

Ek weet ook dat as ek opwasmiddel in die water gooi, gaan dit vir my n kleiner dop kapasiteit gee as sonder opwasmiddel in die water.

Kan iemand vir my bevestig of ek dit reg verstaan.

Groete
Henning

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Wed Feb 19, 2014 7:17 am
by DawieKotze
Nee - QL werk nie met die TPL gemeet vanaf die neusboog nie.

QL werk met die totale patroon lengte. Dus vanaf die punt van die koeël tot die basis van die dop. Die lengte van die koeël en die dop is beskikbaar. Indien jy nou die TPL invoer, dan word die beskikbare oorige volume in die dop outomaties bereken. Sodoende kan die druk bepaal word (gegewe 'n sekere lading en totale dop volume)

Die opwasmiddel in die water word net gebruik om die oppervlakte spanning van die water te verminder om sodoende makliker die dop "gelykvol" te maak. Een druppel in 'n koppie is genoeg.

Hoop dit help!

Groetnis

Dawie

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Wed Feb 19, 2014 8:36 am
by Jean Marais
Ek gebruik sommer so 'n ding om die doppe te vul met water. Jy kan 'n oordrupper ook gebruik om hom presies to bo vol te kry:

http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/31joxaNNG9L_SY300__zps62c9d531.jpg

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Wed Feb 19, 2014 9:16 am
by Flip Nel
Jean Marais wrote:Ek gebruik sommer so 'n ding om die doppe te vul met water. Jy kan 'n oordrupper ook gebruik om hom presies to bo vol te kry:

http://i1242.photobucket.com/albums/gg539/JeanMarais/31joxaNNG9L_SY300__zps62c9d531.jpg

>:D Net ingeval jy nie weet nie daai apperaat is eintlik ontwerp om iets ander vol te kry >:D

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Wed Feb 19, 2014 12:31 pm
by Jean Marais
Flip, ek weet dit, maar hy's handig as dit kom by dopkapasiteite meet. ;)

Re: Misleidende inligting invoer op Quick Load

Posted: Wed Feb 19, 2014 3:09 pm
by henning
Baie dankie manne, ek voel meer gerus dat ek nou op die regte pad is.

Groete
Henning