Page 1 of 3

Lynx

Posted: Sat Apr 04, 2009 1:15 pm
by Tomcat
Middag almal

Ek het 3 weke terug een van daai nuwe Lynx  LX 5-20x 50 teleskope gekry en hom gaan toets. Ek is n swarovski man en het nie met baie moed veld toe gegaan nie. MAAR ek was aangenaam verras. Die teleskoop is in 3 weke nie n kliek gestel nie en skiet nog presies op dieselfde plek. Hy is enige tyd net so helder indien nie beter as my 4-16x50 swarovski nie.

Nadele van die teleskoop as jy dit kan noem is sy klein field of view. Gelukkig kan n mens aanpas en gewoond raak daaraan. Die side paralaks is baie los en verstel te maklik, ek het myne maar "vasgetape". Die verligte kruishaar is ongelukkig n ekstra waarvoor n mens moet betaal en hier by ons het dit nie regtig n doel nie. Die kruishare is baie duidelik selfs in swak lig.

Met die duitse teleskope wat so ongelooflik duur geword het kan ek regtig hierdie outjie aanbeveel.

Groete
Tomcat

Re: Lynx

Posted: Sat Apr 04, 2009 1:45 pm
by Freddie101
Tomcat
Dit is goed om te hoor. Hou ons op hoogte hoe dit verder gaan.
Dit is sulke dinge wat die forum baie vir almal laat beteken.
Freddie

Re: Lynx

Posted: Fri May 01, 2009 7:44 pm
by raychell
My 2.5-10x56 het in die laaste 3 jaar nog nooit 'n verstelling nodig gehad nie ,Moeilik om Lynx te klop!
Raynie

Re: Lynx

Posted: Sun May 03, 2009 9:11 pm
by JACQUES BOTHA
DIE  8X56 was al swarovski wat ek kon bekostig destyds...
Ons het al die twee 8X56 lynx en swarocski vergelyk...Ek moet se die swarovski het gemaklik gewen... maar hy het nie twee of 3 keer beter gekyk as wat die lynx gekyk het nie,
SO vir rand en sent kan jy nie lynx klop nie, alhoewel hullle nuwes ook maar duur is,,,se r10000 vir die 5tot20 by 56 ,,,maar ek moet byse as ek deur hom kyk, elke sent werd....

want die ander scopes het maar ook nou baie baie duur geword..

Re: Lynx

Posted: Mon Nov 02, 2009 2:45 pm
by Gert P
Hi Almal

Ek besit n hele paar scopes op verskillende kalibers en kan eerlik waar lynx aan beveel.

Om net n paar voorbeelde te gee; op my 6.5X55 het ek n Lynx wat ek al meer as 10 jaar terug gekoop het, die kruis haar het aan die eenkant los gekom en hulle het dit vir my gratis reg gemaak alhoewel ek vir hulle gese het dat die scope meer as 10 jaar oud is.

Een van my 4-16X42 se doppies het op die skietbaan weg geraak, ek het vir hulle n mail gestuur en gevra om weer so n doppie te koop. hulle antwoord toe en vra my adress, n week later le daar n nuwe een in my posbus. Met komplemente van Lynx.

En nou toe ek n scope vir my nuwe .222 gaan koop het, het ek baie rond geshop en na baie ander maake gekyk en op die ou end was my keuse die 4-9X42 LX2 en ek was nog nie n dag spyt daar oor nie.

Gert

Re: Lynx

Posted: Mon Nov 02, 2009 6:44 pm
by Raven
Gert,

Ek het vir jare met 'n Tasco op 'n .270 voere geskiet(my pa het dit nog laat opgesit), maar laas jaar het ek begin jakkals jag innie aand en toe na 'n scope gesoek wat nie so dof is. Koop toe Lynx 2.5-10x56IR, en ek moet se wat 'n verbetering. Alhoewel 'n man amper nooit kans kry om die "GROEN LIGGIE" aan te skakel het hy al op 'n paar lang skote gehelp.
Op die 300CZ het ek al 4 jaar gelede 'n 6x42 Swarofski opgesit, en ek dink die NUWE Lynx wat ek die jaar gekoop is beter as daai Swarov.
Lynx is goed, maar ai Swarofski of Zeiss se lense is maar net beter.

Lynx doen sy "job", definitief...'n man sal maar  altyd wonder...

Is soos 'n Landy en 'n Toyta....  ;D  ;D
Groete
Raven

Re: Lynx

Posted: Tue Nov 03, 2009 4:10 pm
by Janjak
Ek het verlede week n 2de handse Lynx 6.5-25x50 Professional raakgeloop met n NATO RF reticle.
Hy het sommer dieselfde aand leplek gekry op my 243.
Daar was n Lynx 6-24x40 LX1 op gewees en ek was nog altyd baie ingenome. Net gedink die 50 lens maak meer sin vir die jakkalse, ek hou van daai dun Nato reticle ook. ;)
My seun (11) het Saterdag bietjie gegooi met hom op n pret skietdag en dit lyk of die 2 mekaar mooi verstaan.

Ek het n Lynx 4.5-14x50 bestel vir my 308, miskien moet ek op hom ook n Nato reticle laat insit?

Ja soos Raven tereg opmerk, daars maar altyd n klomp keuses.
Mar maak myne n Lynx. o,ja -en n Isuzu.....

Re: Lynx

Posted: Tue Nov 03, 2009 7:32 pm
by Louis102
Janjak wrote: Mar maak myne n Lynx. o,ja -en n Isuzu.....
Jannie

Dit is verbasend hoe smaak kan verskil!

Sterkte
Louis

Re: Lynx

Posted: Tue Nov 03, 2009 7:34 pm
by tafjak
Raven wrote: Is soos 'n Landy en 'n Toyta.... 
... wens ek het 'n landy by my gehad vanaand. Sal maar sien of die Toyota by die kleintjies kan uitkom.

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 04, 2009 8:30 am
by JACQUES BOTHA
Taffie
Jy sal maar bietjie geweld moet gebruik ...FORCE daai toyouta maa in daai rigting in, en  maak maar die skoenveters vas....
sien saterdag..
soet wees
JB

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 04, 2009 10:10 am
by BLOK
Ja, die vraag lui mos hoe kling n stok ou oor die muur Land Cruizer.

Soos n nuwe diesel Isuzu.

Blok.

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 04, 2009 10:13 am
by JACQUES BOTHA
BLOK
Ek besef n isuzu kan nou nie ry waar die cruisers gaan nie, maar ...jy kan darem by jou bestemming uitkom in n isuzu sonder pyn.....en leiding....
en met albei niere nog in plek....
groetnis
jb

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 04, 2009 10:16 am
by JACQUES BOTHA
LYNX 10X42 MIL DOT RECTICLE... PARRALAX VERSTELLING OP SY..R3000.00
GOEIE TOESTAND..
JACQUES BOTHA
0833084452
RSJB@UFS.AC.ZA

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 04, 2009 3:42 pm
by Janjak
Oom Leeu,
ek krap mar net so bietjie, dis eintlik my gestremde begroting wat my so bekkig maak. ;D

Jacques, jyt vergeet om te noem van die min diesel wat die Isuzu sal gebruik om daar uit te kom:D

Kyk nou bv na die bargain van Jacques -net 3 nulle.

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 04, 2009 3:46 pm
by Janjak
As dit een van die Duitse handelsname was sou dit dalk 4 nulle gehad het.

Moet nou nie te kwaai klippe gooi ek grap sommer net.
Ek het respek vir ander ouens se keuses. Hy moet net reguit gooi en jou daai lekker gevoel gee as die jakkals se hare regop spring. ;)

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 04, 2009 6:31 pm
by Izak H
Taffie
Hoe ver het die Toyota toe gekom?
Izak

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 04, 2009 6:54 pm
by Louis102
Jannie
Janjak wrote: ...ek krap mar net so bietjie...
Ek weet.  Wou maar net die reaksie gee, wat jy sekerlik te wagte was.
Janjak wrote: Kyk nou bv na die bargain van Jacques -net 3 nulle.
Ek het dan gewonder hoekom hy so 'n fantastiese teleskoop sou verkoop (as ek al die getuienis op die Forum kan glo)  Gewoonlik is dit nie die drie nulle wat my pla nie, maar die grootte en die hoeveelheid van die voorafgaande syfers.  ;)

Mooi maak
Louis

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 04, 2009 9:28 pm
by tafjak
Louis

Ek gee nie eers om as dit 6nulle is nie, solank daar net niks voor hulle is nie.

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 04, 2009 9:32 pm
by Christo
Mr T

Selfs 6 nulle is reg, kan maar 2 eksta voor h?, solank dit net Zim$ is.  ;D HEEHEE  ;D

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 04, 2009 9:42 pm
by tafjak
Izak

Nie ver nie, darem al weer hier by oom Louis-hulle. Ek, Tomcat en SW drink saterdagoggend koffie by die Wimpy voordat ons deurgaan Middelburg toe. Kom soek ons daar.

Re: Lynx

Posted: Thu Nov 05, 2009 7:52 am
by BLOK
Jacques & Janjak

Hoe ver het die Toyota toe gekom?

Ja die zuz sal jou dalk gerieflik daar kry, en boonop ekonomies ook. Maar da sal jy bly.
Die toyota sal jou da vat en weer terug bring om parte vir die zus te kom haal.

BLOK

Re: Lynx

Posted: Thu Nov 05, 2009 9:33 am
by Cois
Blok

Da is net een manier hoe n isuzu voor n toyota in die scrapjard kom en dis as hy hom sleep.

Lekker dag
Cois

Re: Lynx

Posted: Wed Nov 11, 2009 9:21 pm
by Christo
Janjak

Hoe is die Lynx D1X33 (5MOA) Red dot scope ? Wat is sy prys. Ek kan dalk een 2de hands kry. ???


Christo

Re: Lynx

Posted: Thu Nov 12, 2009 7:37 am
by Beyers
Ek dink daar is een op die reloading forum vir R1200 plus posgeld

Re: Lynx

Posted: Thu Nov 12, 2009 8:25 am
by Janjak
Christo,
daars tans net een red dot by Lynx beskikbaar. Daai een kan die vorige model wees. Ek ken hulle egter nie so goed nie.

RS604 Uni-dot, 3 minutes of arc, black or silver, including rings Electronic dot Retail- R2309.00

Groetnis
Jannie