Page 1 of 1
Daisy BB gun
Posted: Mon Feb 17, 2014 8:11 pm
by Beer (Christo)
Naand almal
My oudste seuntjie word een van die dae 6. Ek wil vir hom 'n Daisy Red Ryder Model 1938 of iets soortgelyks koop.
http://i1076.photobucket.com/albums/w443/Beer375/e6543a50a0087aeef871c6454f992856_zps6715b31e.jpg
Jammer die foto is swak. My neef het een gehad toe ons klein was. Het enige van julle ondervinding met die nuwe modelle? Is daar iets soortgelyks waarna ek kan kyk?
Re: Daisy BB gun
Posted: Mon Feb 17, 2014 9:05 pm
by baas
Dink daai is omtrent al wat jy kry, of hier in bloem in elk geval.
Het wel gesien daar is 2 van daai modelle, 1 wat net die BB balletjies skiet en 1 wat BB balletjies en windbuks petroontjies kan skiet. Albei modelle is so R1000 hier in bloem.
Wil self vir my meisiekind een koop vir haar 6de verjaarsdag maart maand.
Re: Daisy BB gun
Posted: Mon Feb 17, 2014 10:17 pm
by Jake1
My seuntjie van 5 het so een. Jy kry hulle in verskillende grotes. Hy skiet op kort afstand binne 'n blikkie in. Hy skiet net onder toesig met hom. 'n Balletjie het al terug gespring toe hy teen plastiek vasgeskiet het en hom net onder sy oog getref. Hy is dus gevaarlik. Dit gaan jou net so onder R1000 kos.
Jake1
Re: Daisy BB gun
Posted: Tue Feb 18, 2014 6:26 am
by Beer (Christo)
Baas, ek het gesien jy kry een in pienk. Jou dogter sal daarvan hou?
Jake, die geweer sal ook net onder toesig gebruik word. Daar is nog 'n kleiner boetie ook, hy word dalk 'per ongeluk' raak geskiet. Sal die regte teikens kry, dankie.
Re: Daisy BB gun
Posted: Tue Feb 18, 2014 6:30 am
by DWB
Ek het myne nou nog

Re: Daisy BB gun
Posted: Tue Feb 18, 2014 9:05 am
by HeinrichPrinsloo
Het self myne nog wat ek 30 jaar terug as geskenk gekry het
Re: Daisy BB gun
Posted: Tue Feb 18, 2014 10:09 am
by Chris Swart
Ek het ook nog my Daisy.
Camdix in Krugersdorp verkoop hulle nog.
Re: Daisy BB gun
Posted: Tue Feb 18, 2014 10:29 am
by Eugene
My seuntjie skiet ook nog met so een! Is akkuraat genoeg dat hy 'n 2L bottel op so 20m kan raakskiet en is lekker om hom basiese geweerveiligheid en skietvernuf te leer! Hulle is darem van staal en hout gemaak, so hulle is redelik duursaam. Jy kan met geruste hart koop!
Re: Daisy BB gun
Posted: Tue Feb 18, 2014 6:05 pm
by Jonie
Beer
Koop gerus het vir my seuntjie een gekoop toe hy 4 was en dit was nog net ure der ure se plesier, hy gebruik hom op die skietbaan ook oor die skietstokke en hy glo sy koeltjie het daai bok op 100m getref en hy is maar te gelukkig as ons gaan jag dan neem hy hom saam, as die bokke so verbyhardloop op 200 300m dan skiet hy tog te lekker.
Re: Daisy BB gun
Posted: Tue Feb 18, 2014 7:45 pm
by Beer (Christo)
Dankie vir almal se terugvoer.
Julle manne wat so BB gun gehad het toe julle klein was, is blerrie gelukkig. Ek was baie jaloers op my neef se gun!
Re: Daisy BB gun
Posted: Tue Feb 18, 2014 8:04 pm
by douw
My vrou se klein boetie het so drie jaar terug in Bfn 'n TLB se voorruit met so einste geweertjie stukkend geskiet. As ek dit nie op my skoonpa se sekuriteits kameras gesien het nie, sou ek dit nie geglo het nie. Die goed is "potent"
Groete
Douw
Re: Daisy BB gun
Posted: Wed Feb 19, 2014 10:07 am
by baas
Beer het gehoor jy kry so pienk nommertjie. jy iz dood reg, sy gaan mal wees oor daai pienk gun.
Re: Daisy BB gun
Posted: Wed Feb 19, 2014 10:09 am
by HeinrichPrinsloo
Het juis Saterdag na die pienk Daisy gestaan en kyk
Blades and Triggers in Pta het twee in voorraad
Laat weet gerus as ek kan help om een op te tel
Re: Daisy BB gun
Posted: Wed Feb 19, 2014 10:22 am
by Trevor
Ek verkoop ook die hele reeks van Daisy hier in Nam. As ek mag wil ek graag 'n voorstel maak. Die Daisy wat jy wil koop is baie nice maar ge limit op 350fps. Ek sou voorstel jy na die Daisy powerline 901 hy het chrony spoed van 870fps en my seuntjie skiet tot hase met hom. Wat lekker is hy vat die bb's en windbuks patrone en hy werk met hoeveelheit pompe. Bv. as hy hom tweekeer pomp is hy gelyk staande aan die een wat jy nou wil koop. So soos hy vorder kan hy meer pompe gee. Die 901 kan ook klein scope op sit. Net 'n voorstel...
Re: Daisy BB gun
Posted: Wed Feb 19, 2014 2:29 pm
by Hein22
Stem, dit is die perfekte begin geweertjie vir 'n jong man / dame. Dit is nie so kragtig soos 'n windbuks (pellet gun) nie maar steeds voldoende om genot daaruit te kry. Ek het baie voƫls met myne geskiet op my oupa se plaas - 'n mooi skoot skiet 'n duif ook dood.
PS: Ek (en my pa) het ons glas skuifdeur stukkend geskiet met so Red Raider toe ek klein was.

Re: Daisy BB gun
Posted: Wed Feb 19, 2014 2:36 pm
by Chris Swart
Ek lei dalk aan swak geheu, maar dit voel deesdae vir my asof ek kleintyd die mynahs makliker met my Daisy doodgeskiet het, as wat ek dit deesdae met die windbuks doen

Re: Daisy BB gun
Posted: Wed Feb 19, 2014 4:08 pm
by Beer (Christo)
Ek dink die manne wat nog hulle Daisy het, moet vir ons 'n fototjie kom plaas. Dalk twee... Een van jare terug en een van nou?....
Re: Daisy BB gun
Posted: Wed Feb 19, 2014 8:00 pm
by baas
Heinrich , baie dankie maat. Sal op jou knoppie druk as ek nie hier een kan kry nie.
Beer, dink dis n goeie plan, sal self van daai ouer Daisys wil sien.
Kom manne sit vir ons n n fototjie op, asb man!
Re: Daisy BB gun
Posted: Wed Feb 19, 2014 8:59 pm
by LUAN
My Daisy Rogers mod 95b. Dink hy kan 650 balletjies vat. Hy werk nog 100% het hom gechrony eendag maar hy loop nou onder 300fps. Kan ook nie goeie groepe op 5m skiet nie maar daai dae het ek nie eers geweet van groepe skiet mar hel het ek ver en raak geskiet alle voels tot en met duif gedrop.